Vuurwapenwet: Cele kap terug na kritiek 

Bheki Cele. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die FW de Klerk-stigting het sy stem gevoeg by dié van ʼn rits ander organisasies en instellings wat sterk ten velde getrek het teen die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens.

“Die beskerming van burgers word algemeen beskou as die mees fundamentele funksie en plig van enige staat. Maar in die geval van Suid-Afrika is dit ʼn plig wat die staat klaaglik misluk het om uit te voer,” het die stigting in ʼn verklaring gesê.

Die verduideliking deur Bheki Cele, minister van polisie, oor hoekom hy Suid-Afrikaners van die reg wil ontneem om vuurwapens te gebruik om hulself te beskerm, is heeltemal onoortuigend. “Hy voer aan die rede is om die toename in onwettige vuurwapenbesit aan bande te lê.

“Hy probeer klaarblyklik die indruk wek dat wettige vuurwapens – en nie die staat se onbevoegdheid nie – die oorsaak is van verhoogde misdaadsyfers in Suid-Afrika. In plaas daarvan om Suid-Afrikaners te ontwapen en die enigste opsie te verwyder om hulself te verdedig, moet die minister en die SAPD hul eie institusionele mislukkings aanraak ten einde hul mees fundamentele plig uit te voer, naamlik om die land se burgers te beskerm.”

Cele het vroeër in die reaksie op die voorgestelde wysigings gesê Suid-Afrikaners moet troos vind in die feit dat die voorgestelde wysigings nie ligtelik opgeneem is nie en dat uitgebreide navorsing en beraadslagings met verskillende belanghebbendes die voorgestelde wysigings voorafgegaan het.

Hy het gesê dat die wysigings nie geïnterpreteer moet word asof die regering dit oorweeg om sy burgers te ontwapen nie.

“Daar is geen reg om ʼn wapen te dra in ons Grondwet nie en die Wet op die Beheer van Vuurwapens in sy huidige vorm verleen ook geen sodanige reg aan burgers nie. Die besit van ʼn wapen in hierdie land bly ʼn voorreg wat moontlik gemaak word deur die Wet op die Beheer van Vuurwapens.”

Volgens Cele sal die bewapening van burgers nie die land se hoë misdaadsyfer oplos nie en die blote besit van ʼn vuurwapen kan lei tot verhoogde risiko’s vir die vuurwapeneienaar én die mense in sy of haar huishouding. “Hierdie voorgestelde wysiging kan dalk die verskil tussen lewe en dood vir honderde vroue beteken wat in hul eie huise in die kloue van mishandelaars leef.”

Die FW de Klerk-stigting het daarop gewys dat Suid-Afrika se moordsyfer die naashoogste van enige land ter wêreld met ʼn bevolking van meer as vier miljoen is. “Die skokkende werklikheid is dat meer as 500 000 mense sedert 1994 in Suid-Afrika vermoor is. Dit is ongeveer 100 000 meer as die aantal Amerikaanse soldate wat in die Tweede Wêreldoorlog gesterf het.”

Suid-Afrika is ongetwyfeld een van die gewelddadigste lande ter wêreld, het die stigting gesê. “Die staat is duidelik nie in staat om sy primêre plig uit te voer om die lewens van sy burgers te beskerm nie. Ongelukkig is die besit van ʼn vuurwapen vir baie Suid-Afrikaners dikwels die enigste wettige manier om hulself, hul gesinne en besittings te beskerm. Dit is veral die geval met die land se geteisterde boeregemeenskap.”

Volgens die stigting moet die wysigingswetsontwerp ook beskou word in die lig van ʼn aantal verwante verwikkelinge, waaronder die onlangse besnoeiings aan die SAPD se begroting wat miljoene Suid-Afrikaners nog meer kwesbaar vir misdaad sal laat. Die begroting van die BBP-beskermingseenheid is egter tot R1,7 miljard verhoog.

Dokumente word op enige oppervlakte staangemaak by die kantore van die sentrale vuurwapenregister. (Foto: Verskaf).

Die sentrale vuurwapenregister is in chaos met meer as ʼn miljoen onverwerkte aansoeke terwyl daar ʼn reuse-agterstand in DNS-toetse by die polisie se forensiese laboratoriums is.

Die stigting het ook gewys op die onlangse geval in Zandspruit waar die gemeenskap eie reg gebruik het en aangevoer het dit was die gevolg van swak polisiëring.

“Suid-Afrika se astronomiese misdaadstatistieke – veral vir geweldsmisdade soos moord, verkragting, gewapende roof en GBV – bevestig ongelukkig die institusionele onvermoë van die staat om mense te beskerm en die lewens van sy burgers – en veral van sy kwesbaarste bevolkings – te beskerm. ʼn Ontstellende vraag bly staan: Waarom wil die regering, in hierdie toenemend wisselvallige tyd in die evolusie van ons ná-1994-samelewing, sy burgers ontwapen?”

Cele het ook bekend gemaak dat daar reeds derduisende kommentare ontvang is rakende die voorgestelde wysigings. Sedert die beoogde wysigings Vrydag in die Staatskoerant geplaas is, is meer as 17 000 geskrewe besware reeds ontvang.

“Die belangstelling en die groot aantal kommentaar wat tot dusver ontvang is, dui daarop dat Suid-Afrikaners hul stem hieroor laat hoor. Ons doen ʼn beroep op mense om met hierdie momentum voort te gaan. Alle kommentaar sal onder die loep geneem word en dít wat as nuttig beskou word, sal opgeneem word om die bepalings van die wetsontwerp te versterk.”

Die minister het gesê hy is oortuig daarvan dat die wysigingswetsontwerp die sleutel tot ʼn veiliger Suid-Afrika en die wêreld is.

Die wetsontwerp is beskikbaar op die webwerf van die burgerlike sekretariaat vir die polisie en lede van die publiek kan tot 4 Julie 2021 daarop kommentaar lewer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

88 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoedeman jy hou aan krap! Dis nie ‘n voorreg om ‘n wapen te besit nie dis ons grondwetlike reg om onsself te beskerm! Grootste kriminele is reeds in SAPS en weet nie hoe om ons te beskerm nie. Tsek!!!

Anoniem ·

Iemand moet dalk in sy oor fluister dat dit ‘n voorreg is om met belastingbetalers se geld, BBP dienste 24 uur per dag aan sy sy te hê.

Persheks Adri ·

Hy sal my wapens uit my dooie hande kom haal twaalfboor ons gaan dit nie los nie hy kan daarvan vergeet!

twaalfboor ·

Hierdie ou het klaar sy mind opgemaak. Dit gaan ń fight of note wees….. En ons almal het “ringside seats”.

Persheks Adri ·

Dan fight ons twaalfboor klaar hulle soek seker oorlog, want dis wat hy gaan bereik met die vertraagde wet.

Jessey ·

Hy is reg as hy se dat dit nie in die konstitusie staan dat jy reg het op ‘n vuurwapen nie, maar dan bygese die konstitusie se ook nie dat die Polisieminister met 5 swaar gewapende lyfwagte moet rondloop die heeltyd nie, Of met sewe BMW X6’e moet rondry nie. Dis mos maar ook vir selfverdediging as hy met wagte rondloop? Meneer Minister word wakker, GBV is nie noodwendig met ‘n vuurwapen nie? Ai toggie sorteer die Polisie uit, dan praat ons weer, julle krap waar dit nie jeuk nie

gatgogga ·

Boonop bedoel hy, ons gun julle niks as dit bloot ‘n voorreg is nie. Geen voorregte vir Suid Afrikaners nie!
As daar dinge is wat ‘n reg vir julle is, dan moet ons dit ongelukkig toestaan. Gelukkig is Ramaphosa se wysigings aan Artikel 25 een van die dae werlikheid.

Jannie van Niekerk ·

Pleks dat die ou fossiel eerder die BBP Beskermringseenheid tot niet maaak. Dit sal abosluut geen skade wees as die President en sy volle parlemnt nie deur polisie hoef opgepas te word nie.

Pieter ·

Ek wonder wie het die navorsing gedoen. Die ou kan nie eens sy pligte doen nie. Die is alles n ‘smoke screen’ vir iets anders agter die skerm waarmee hulle hier besig is. Los die wettige vuurwapens uit en begin jou werk doen om die moordenaars en krimenele te vang, want julle ‘score’ lyk baie swak – Comrad. Ons sal veg teen die!

Anoniem ·

Ek daag jou uit Cele, kom probeer jy my wettige vuurwapens waarmee ek myself en gesin beskerm afneem, jy moet self kom ne?

jzjz05 ·

As die ANC iets ontken moet jy verstaan dat dit is presies wat hulle beoog ,ontwapening sodat die krimineele en die ANC kan doen wat hul wil.

Stofdonkie ·

Nou is dit volgens cele ‘n voorreg om ‘n vuurwapen te hê? Is die karakter nou heeltemal mal? Dis vir baie boere nie ‘n voorreg nie maar ‘n verpligting. Misdaad word nie gepleeg met wettige vuurwapens nie ou hoed-kop

Persheks Adri ·

Hy’s lankal tatie! Praat hy wat hoeveel lyfwagte het waarvoor ons betaal so smaak my hy’s bang

Andries ·

Daar is geen reg op die besit van wapens in die grondwet nie. Daar is ook geen waarborg van eiendomsreg in die grondwet nie, Die elf amptelike tale en verwante regte in die grondwet dien allen as vensterversiering. Daar is geen waarborg of steun vir vryemark beginsels in die grondwet nie. Gemeet aan misdaad statistieke dra die wonderlike grondwet weinig tot wet en orde by.

WAT IS DAN OP DIE OU END VAN WAARDE OF NUT IN DIE GRONDWET behalwe die reg tot eindelose hofsake?

twaalfboor ·

FLIPPET Andries maar daar vat jy dit RAAK!!!! Wonder wat sou die cowboy se antwoord wees op jou standpunt.

Kattebol ·

Die cowboy sal nie Andries se suiwer taalgebruik verstaan nie:)

Genis ·

Kry eers misdaat af, en kry wet en orde terug in land voor julle aan die vuurwapen wet peter… Dronk bestuurders veroorsaak ongelukke, nou gaan ons alle voertuie van die pad verwyder.., Hoeveel boontjies maak 5?

Johann ·

Hie hoër die risiko word vir die wapen eienaar hoe duideliker is dit dat ons polisie nie sy werk kan doen nie, ons staat ‘n kultuur van vernietiging ondersteun en geen verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie.

Nie Verbaas ·

Die sleutel tot n veiliger Suid Afrika? Is hierdie man by sy volle bewussyn? Die polisie faal om wet en orde te handhaaf en burgers te beskerm. Plaasaanvalle duur voort en boer mag homself nie verdedig nie?

Misky ·

Daar is geen manier dat SA’ners net hul wapens gaan oorhandig nie. Hulle kan probeer, maar gaan lelik 2de kom

Bertie ·

Wanneer skelm en onbevoegde laerskoolkindertjies ‘n land regeer, kan jy seker niks anders verwag as wat nou gebeur nie. Die kindertjies moet egter nie huil as hulle boudjies gewiks word nie.

tweeling ·

Die onderliggende antwoord is dat dit alles oor ras gaan. Druk hulle (die onbevoegde regering) verder as genoeg en hulle sal dit erken.

Anton ·

Kan die regering elke liewe Suid Afrikaner se veiligheid waarborg? Ek dink nie so nie. Jy het wel die reg om jouself te beskerm.

Kokerboom ·

Ons SAL hierdie regime en sy onbevoegde kaders wat onlogiese, irrasionele en idiotiese besluite op ons probeer afdwing met ALLE mag en regte tot ons beskikking weerstaan om ‘n vrye en regverdige bestel vir ALLE redelike hardwerkende landsburgers te verseker. Laat ons asb saamstaan en ons beroep ons op alle manteldraaiers en regime kruipers om ‘n gewetensbesluit te neem of die gevolge van ANC wanbestuur te ervaar!!

Louise ·

So omdat daar onbevoegde mense aangestel word, wil hy almal ontwapen.
O aarde nee kyk, staan in die spieel en herhaal jouself, dan sien jy hoe dit lyk…
Ek is woordeloos!

Klipkop ·

Die minister se optrede is die van ‘n tipiese terroristeregering se modus operandi om hulle bose kommunistiese ideologië af te dwing op onskuldige burgers. Die geskiedenis se bladsye lê bloedbevlek op hierdie onderwerp oop vir almal om te sien as bewys.

Hendrik ·

Daar is twee werelde in Suid-Afrika en dit is die konstitusineele demokrasie en die werklikheid. Ons landsburgers leef in die werklikheid waar die staat met hul kader ontplooing, AA en BEE nie hul burgers kan en wil berskerm nie. Dit is hoekom ons onsself moet beskerm.

twaalfboor ·

So cowboy…… Jy reken dis ń voorreg wat ek het om ń wapen te besit. So jy wil nou my voorreg ontneem omdat jy en jou polisie nie hule werk kan doen nie. IDIOT!!!! Raak asb ontslae van hierdie nar.

Persheks Adri ·

Stem twaalfboor! Hy’t hoeveel wagte waarvoor ons betaal. Dit IS ons grondwetlike reg hy’t iets van kopdoek in dink ek! Sy hakke moet raas dit gaan nie in sy leeftyd gebeur nie…

Anoniem ·

Hoed en Kie het mos net nou die dag die afgelope jaar se misdaad statistiek uitgereik, so sê vir ons welke persentasie van die totale geweldsmisdade in SA deur wettige vuurwapeneienaars met hul wettige vuurwapens uitgevoer word.

Klipkop ·

????????????????????????
Ek is so moeg om alles reg te maak wat ons self gedurig breek. Ons stem hierdie kommuniste en terroriste in om oor ons te regeer en dan moet ek weer gaan stem om hulle te keer. Ons verdra hulle elke dag om alles te vernietig wat kosbaar is en dan moet ek weer petisies teken en optogte hou en gedurig hof toe gaan om hulle te keer. Wanneer sal ons tog ooit leer uit ons ou “rainbow nation” se dom astrante foute?

Daizee ·

Ek wil net mr. Cele bedank vir al sy moeite wat hy met dié poging van hom het! — vir my om ‘n ongelisenieerde wapen te hê gaan báie minder papierwerk verg!!!!

Darkwing Duck ·

Bekyk die statistieke en doen verslag oor hoeveel kriminele dade met polisie wapens gepleeg word of met wapens wat veronderstel is om in polisie kluise te wees. Is die polisie bevoeg om self wapens te dra = miskien moet hulle wapengebruik en kennis bietjie onder die vergrootglas kom.

Kattebol ·

Jy’s vreeslik regverdigend Cele , maar waar jy op straat verskyn is jy omring deur GEWAPENDE wagte. Ek is seker by jou huis ook. En wie betaal daarvoor? …. Die witmense wat belasting betaal en nou deur Jou idiotiese redenasies die gevaar loop om sonder ENIGE beskerming vermoor te word in hulle eie wonings en waar hulle ook al beweeg in hierdie land.!!

Objektief ·

Verminder wettige wapens, vermeeder onwettoge wapens en misdaad ‘sky rocket’
Vay die lyfwagte van alle ANC lede weg en kyk hoe misdaad afneem. Die feit dat Mantashe al vir jare 24 uur wagte en Bossassa sekuriteit by sy huis het se hulle erken midaad is buite beheer

Sambok ·

Hoed-jy is te oud om reg te dink en te redineer soos n normale mens,varban messe ook want dis net so gevaarlik,GA

AH ·

Mmmm, dit beteken dat ons eersdags van al ons vleismesse ontslae sal moet raak en net met bottermesse mag werk……..Dit is hoe sinneloos die hele voorstel van nuwe vuurwapenwet is. Maak my siek dat Cele en kie die sinneloosheid glo en aan ander regdenkende mense probeer regverdig….

Carel Aaron ·

Ek dink dis makliker om die wet te verander as om die wapenaansoeke te hanteer. Dus sal daardie berg weggegooi word, want meeste is vir persoonlike beskerming. Slim Cowboy.

henndrik ·

Soos ek anderdag ook opgemerk het – die mense wat die “navorsing” gedoen het is waarskynlik “gun free South Africa (GFSA)“ en ons weet reeds hierdie mense is glad nie baie slim nie, daarom glo ek soos Mark Twain “Never argue with an idiot. They will drag you down to their level and beat you with experience.” ― Mark Twain. Mnr Cele, kry bietjie die statistieke van Switzerland, daar het al die volwasse burgers wapens wat deur die weermag aan hulle uitgereik word as hulle diensplig doen en almal moet diensplig daar doen (mans en vrouens). Hoeveel geweldadige vuurwapen misdade is daar? Daar is nog nooit bewys dat mense met wettige wapens is geweldadige misdadegers nie

Anthony ·

Dis soos die holocaust. Doed word geleidelik gedoen so bietjies-bietjie op n slag, en as ons weer ons oe uitvee sit ons soos die Joode in 1944, en dan wonder ons,” hoe het ons dit nie sien kom nie? “Soos die padda wat jy in water sit en geleidelik begin kook, hy weet nie eens hy word lewendig gekook tot dit te laat is nie

Andre ·

Die probleem lê nie by wettige wapen eienaars nie, maar by onwettige wapens wat deur misdadigers gebruik word. Die studie wat hulle insluit te stawing van die besluit om die wet te verander is baie eenparig. Hulle se byvoorbeeld dat 57% van vroue wat vermoor is, deur hulle eggenote vermoor is en dat 75% hiervan wettige wapen eienaars is. Daar is ander studies wat die teendeel bewys, maar hulle sal die studies gebruik met die regte statistieke om hulle te bevoordeel in hulle besluit. Dit is ook bewys dat na die laaste wysiging van die vuurwapenwet Julie 2004, misdaad met wettige wapens 82% gedaal het, maar met 78% gestyg het met onwettige wapens.

voor ek vergeet ... ·

Die inligting wat deur die instellings soos ‘Gun Free South Africa’ aan die regering verskaf is, is oor en oor bewys as vals en dat enige voorgestelde wetgewing gebaseer op inligting van ‘Gun Free South Africa’ gebaseer is op valse voorwendsels.

Tania ·

Dit is hoe ons regering werk, gee alles die skuld behalwe om hand in eie boesem te steek. Hulle is soos kinders wat alles om hulle die skuld gee vir alles wat verkeerd gaan…..en hulle dink ons is dom genoeg om dit alles net op te eet en glo

Vernon ·

Hulle gaan nog die miljoene aansoeke vir wapens wat opgestapel is verbrand of laat “wegraak”.

Dirk Mostert ·

Pleks dat hy die onwettige wapeneienaars ontwapen. Natuurlik wil hy ons wetsgehoorsames ontwapen ten spyte van sy ontkenning. As hierdie wetgewing deurgaan moet hy die gevolge dra in die vorm van klas-aksies, vir alle gewelddadige sterftes, teen hom in sy individuele hoedanigheid.

Cheryl ·

Cele het seker lyfwagte wat hom beskerm. Met of sonder wapens?

Boeretroos ·

So die hoedman neem net aan die meeste mans in die wereld wat n gesin het wat sy gesin wil beskerm met n vuurwapen is in elk geval n misdadiger , Ek neem aanstoot daarteen,

Persheks Adri ·

Ek as vrou neem ook aanstoot met sy briljante planne, want genade hy’s vreeslik slim gggmmmfff

Stefaan ·

‘die bewapening van burgers nie die land se hoë misdaadsyfer oplos nie” Korrek , omdat die toepassing van die wet geheel en al verkeerd is. Hoeveel mense is al toegesluit omdat hy sy wapen vir selfverdeding gebruik het. ‘n Mens is te bang on jou wapen te gebruik alhoewel dit binne die wet gebeur. Hoed moet liewers die fout by hom en sy makkers soek

Botterblommetjie ·

Altyd goed nagevorste inligting – deur wie en watter bronne gebruik… Covid regulasies, vuurwapens ens. is altyd goed nagevors… Ek het altyd gesê, wette kan op logika gebasseer word… hoe jy wil hê iemand anders moet jou behandel… ongelukkig is die regering se riglyne onlogies en sinneloos, maar dui op verskuilde agendas. Ek moet sê, een ding wat ek deesdae geleer het; as iemand sê dit sal nooit gebeur nie… dinge gebeur net. Dit word gepubliseer in staatskoerant sonder enige besprekings of insette van landburgers… kyk ‘n simpel voorbeerd. Port Elizabeth se naam is letterlik oornag verander. Die besware het die wind ingewaai. So dink ons 17 000 besware gaan gewig dra…. Navorsing en getalle word gemanupileer (sonder bewyse)… Ons, die publiek, moet net betaal en stilbly.

Johan ·

My oorlede skoonpa was ‘n beesboer wat geglo het dat dit die ‘menslike’ ding is om te doen om kallers se horings te brand om te keer dat hulle mekaar seermaak met die horings as hulle groot is. Seker vir skoudoeleindes… So paar jaar gelede hoor ek van bosveldbeesboere wat opgehou horings brand het omdat hulle agtergekom het daar is minder aanvalle op die kudde van roofdiere omdat die beeste nou ‘gewapen’ is. Los die beeste se horings!

Blikke ·

Ek sien eersdaags n ongekende rekord getal onwettige wapens in hierdie ou landjie…..doet so voort!!!

Hoekom ·

Daar is genoeg kriminele in die land, dit is nie nodig om wets gehoorsame burgers ook te verander in kriminele nie. My wapens sal nie gevat word nie, want daarmee saam vat die staat jou ander vryhede weg…

Die mense wat die wysiging ondersteun, is self kriminele. Hoekom anders sal hulle jou wil ontwapen?

boerie ·

Hy raak bang dat ons skiet onder die kriminele lede van die polisie dan gaan daar later baie min polisie lede oorbly wat hom ook oortollig maak.

Herms ·

Dronk motorbestuurder maak nugter motorbestuurders dood omdat hulle ongelukke maak. So kom ons haal die nugter mense van die pad af en laat net die dronk mense bestuur. Maak sin nie waar nie, want dis wat hulle met die wapenwet wil doen.

Arnold ·

Wonder net of die hordes lyfwagte wat hulle beskerm ook ontwapen gaan word

HJvdb ·

Ek haal aan “Want to stop drunk drivers from killing sober drivers? Ban sober drivers from driving….That’s how gun control works”

Renee ·

,Wapen kan jou niks doen nie so los die wapenwet uit dit is die persoon agter die wapen wat die skade doen en kan Cele dalk vir ons n’ opsomming gee van waar kom die meeste onwettige wapens vandaan.
Ek dink die statistieke sal ons almal verbaas.

HJvdb ·

Ek haal aan: “Want to stop drunk drivers from killing sober drivers? Ban sober drivers from driving….That’s how gun control works”

Mieke ·

Dan moet ou hoed maar by sy eie lyfwagte, polisie en misdadigers begin… daar’s ‘n baie groot minderheid probleme by ons afrikaans sprekendes. Dit sal hulle in elke geval jare neem voordat hulle daar klaar is. En dan gaan daar niemeer probleme wees nie!!

Anoniem ·

O genade…..daar is nie salf te smeer aan hierdie ou Landjie van ons se “leiers” nie. Hou op om te kyk wat in die Buiteland aangaan en hoe hul hul wette toepas en wette instel. Begin met opvoeding en dissipline by die huis en dit nie los vir die publiek om te sorteer nie. Stel mense in posies aan wat bereid is om te werk dan sal die werk nie ophoop en die Grondwet kort kort moet verander om by die Nuwe Suid Afrika aan te pas nie. Miskien moet hul gaan sit en terugkyk na 30 jaar gelede toe daar nog wet en orde was, alles wat lisensies moes hê op datum was, en die Grondwet nie kort kort hoef te verander om by wetteloosheid aan te pas nie.

SomeOne ·

vir daardie man met die narhoed op sy kop : ek sal vrywillig my wapens inhandig, maar dan MOET alle wapens wat deur misdadigers gebruik word, soos ek sê ALLE midadigers wapens, moet weg en verbrand wees, alvorens dit nie gebeur nie, skryf dit maar op jou maag, jy sal myne nie kry nie

koos10 ·

Hier is bitter baie kommentaar, maar ek sien die ander kant van die muntstuk.
Elke keer as daar druk op die regering of ANC kom, soos nou met die minister van gesondheid se beweerde korupsie en Ace se skorsing, kom daar een of ander onsinnigheid uit, wat almal so kwaad maak dat die res nie raakgesien word nie.
Is hierdie twak nie dalk soortgelyk, om as weerlig afleier of rook skerm te dien nie? Ek weet hierdie voorstel wet is al vanaf 2015 in bespreking, en die feif dat dit nou uitkom is vir my baie gerieflik, siende dat senior lede van die SAPS en lede wat met die vuurwapens werk, nie eers geweet het hiervan nie.
Dink bietjie aan onteiening sonder vergoeding ook?

Arthur ·

Die absolute dwaasheid waarmee omgegaan word, is ‘n skreiende skande! Die totale chaos en anargie in ANC geledere, veral tov kaderontplooiing en bestuur van staatsdepartemente, is uiters kommerwekkend! Nie net die bevoegdheid van die aangewese minister van Polisie moet ernstig bevraagteken en teengestaan word nie, maar ook dié van die leierskap wat sulke swak keuses en aanstellings maak……. sies!

Blikkies ·

Hoe het die ou mense vir ons gese, Gaan aan…..Gaan aan, dan het jy skielik geweet waarvan hulle praat. Ek dink nie hierdie man het die Intellektuele kapasiteit om sulke ernstige besluite te maak nie. Laastens die Stigting gebruik sulke sagte woorde en sinne om die SAPS se onvermoee oor te dra, laat my asb toe om te se wat ek van hulle werk dink.

Toy ·

Hy weet nie regtig waaroor selfverdediging gaan nie, lyk vir my. Hou op kap dit is ‘n mens se reg om jouself te verdedig.

Henk ·

Mnr Cele, word asb tog net wakker man jy hoef nie meer in te breek of te gaan roof om n vuurwapen in die hande te kry nie, jy gaan slegs na die SAPD en hulle huur vir jou n wapen wat jou behoeftes sal pas. en dan is daardie wapen boonop nog gerigestreer in die SAPD se naam. Ons mens op straat gaan nie ons wapens ingee sodat jy nog meer moord en roof en huisbraak gevalle kan aanteken nie, ons moet staan en toekyk hoe ons nasie verriniweer en uitgeroei word terwyl jy en jou gades met baie swaar gewapende lyfwagte en in panser voertuie rond beweeg.

Henk ·

Jy Mnr Cele is die grootste lafaard wat ek nog teegekom het, hoekom probeer jy nie my wapen kom vat nie.

Oujongvrou ·

Jou patetiese verskoning oor hoekom dit moet gebeur is lagwekkend. Gaan julle alle burgers van ďie land kan waarborg dat hulle nou veilig is. NEE!!! wettige vuurwapen eienaars kan seker ook dan maar onwettige wapens he, of hoe. En gaan die hoedman ons elkeen uitbetaal vir ons wapens. Is mos ons eiendom, so dis diefstal al sou julle dit net vat.

JN ·

Se die gangster Anc hoofnar wat leef in weelde met volle 24 uur sekuriteit 24/7 365 dae geborg deur die einste harwerkende bloed uit n klip getapte belasting betaler se beursie… Hoe uit ver uit gevoel met die werklikheid kan jy nou wees??? Die ou is een groot grap!!
Dit wil voorkom om n doelbewuste ontwapening poging te wees van die einste wets gehoorsame belasting betalende Suid Afrikaanse burgers wat alreeds vuisvoos uitgelewer is aan die kriminele wat natuurlik amal gewapend tot die tand is soos hul in engels sal se……En kan onbevoegde Cele en sy polisie kaders Suid Afrika beskerm as die einste kriminele dan al so eenvoudig sommer by die einste Cele en Kie se polisie kantore se oop deure in en uit wals en hulself sommer net so maklik help met n hele arsenaal van wapens???
Sure Cele ek glo jou motief……….

Margaret ·

Dit is nie n voorreg om n vuurwapen te besit net omdat onbevoegde politici só sê nie . Van wanneer af het hulle die reg om oor elke aspek van hulle burgers se lewens te regeer en soos wat hulle wil te hied en te gebied? Volgens die regering mag ons ook nie grond besit soos ons wil nie, ons loopbane kies soos wat ons wil nie, as jy wit is is rassediskriminasie “regverdige diskriminasie” ens. Volgende gaan hy sê jy mag jouself ook nie op enige manier beskerm nie ” die polisie sal.”

Thelsa ·

Hoekom het hierdie man so groot klomp SAPS lede met vuurwapens om hom te beskerm ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.