Vyf dood in botsing by Amersfoort

(Argieffoto: Departement van gesondheid: Mpumalanga)

Vyf mense is dood en nog twee beseer nadat twee voertuie Maandagmiddag reg van voor teen mekaar op die R35 tussen Amersfoort en Morgenzon gebots het.

Nog ʼn persoon het ligte beserings opgedoen, sê Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling in Mpumalanga.

“Die oorledenes sluit in een bestuurder en vier passasiers.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die moontlikheid dat iemand gevaarlik verbygesteek het, kan nie uitgesluit word nie,” sê Mmusi.

Vusi Shongwe, LUR, het sy medelye met die families van die slagoffers betuig en opnuut ʼn beroep op motoriste gedoen om waaksaam te wees en by die padreëls te hou om onnodige lewensverlies te beperk.

“Ons doen weer ʼn duidelike oproep op motoriste om met meer aandag te bestuur. Hulle moet die verkeersreëls gehoorsaam en bedagsaam bestuur. Ons moet lewens red.

“Padveiligheid is elke padgebruiker se verantwoordelikheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Danie ·

As jy wil lewens red dan moet jy eerstens by die backhand verkeerskonstabels begin skoonmaak. Hulle is die grootste probleem

Bolandse Nooi ·

Uhm … verkeersbeamptes het niks te doen met ondeurdenkte, menslike optrede nie. Verkeerd/onveilig verbysteek/kanse vat en spoed/dronkbestuur is die GROOTSTE oorsaak van die talle sterftes op ons paaie.

Euodia ·

Ek wonder net hoeveel v d ongelukke gebeur agv gekoopte lisensies en geen kennis vd padreëls nie.!

Susan ·

Ek wonder ook…
As mens kyk hoe hulle bestuur & kaanse vat!
Niemand is meer veilig op ons paaie nie. Mense weet nie wat is n sper streep of n stop straat nie. Wat nog van ander pad tekens?!

Waarnemer ·

Beslis gekoopte bestuurderslisensies….die probleem is sekere mense kan nie afstand skat nie dus kan hulle nie die 12 sekonde K53 reel toepas nie.

bolletjie blom ·

Kop aan kop botsing is nie veronderstel om te gebeur nie. Mense moet net geduldig wees.

Racheltjie Debeer ·

Haal die steenkool trokke van die paaie af, dan sal daar baie minder ongelukke wees. Die goed ry in konfooie van 6 trokke, so naby aan mekaar dat geen voertuig tussen hulle kan inpas nie. Dit maak dit amper onmoontlik om die trokke veilig verby te steek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.