Vyf dood na rooftog tot boendoegeweld lei

(Foto: SAPD)

’n Span hoëvlak‑ondersoekers is saamgestel om onverpoosd te werk om verdagtes op te spoor na die moord op ’n buitelander en ’n gevolglike boendoegeweldvoorval waartydens vier mense wreed vermoor is.

Die voorval het Donderdag in Majeje in die Namakgale-polisiëringsgebied buite Phalaborwa in Limpopo plaasgevind.

Die vier mense wat tydens die boendoegeweldvoorval vermoor is, is deur gemeenskapslede daarvan beskuldig dat hulle ’n sakeroof gepleeg het waartydens ’n 25-jarige buitelander doodgeskiet en beroof is.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, dui voorlopige ondersoek daarop dat drie verdagtes die Easy Tuck-winkel binnegegaan en vuurwapens op die eienaar gerig en geld geëis het.

(Foto: SAPD)

“Een van die verdagtes het hom toe doodgeskiet en al drie het van die toneel gevlug nadat hulle die geld gevat het. Gemeenskapslede het die verdagtes agternagesit, hulle voorgekeer en met klippe bestook. Hulle het daarna hul liggame aan die brand gesteek.”

’n Vierde slagoffer is ook gestenig en aan die brand gesteek nadat hy glo ’n vuurwapen op die woedende skare gerig het.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het die span hoëvlak-ondersoekers saamgestel om die voorval te ondersoek.

“Ons reik ’n streng waarskuwing uit dat dade van boendoegeweld, wat dikwels gekenmerk word deur wrede moorde op mense wat verdink word dat hulle misdade gepleeg het, hardhandig hanteer sal word en dat oortreders aan die pen sal ry,” het Hadebe gesê.

Vyf sake van moord en sakeroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit is totaal onaanvaarbaar maar ongelukkig die realiteit van ‘n land wat nie regte polisie het nie.

annie ·

Is Limpopo in werklikheid deel van SA of net ‘n lekker loslit-van-waar-gehasie-mengel-nasie van oraloor wat doen wat hul wil met paspoorte wat hul pas van oorkant grensdrade wat nog nooit heel was. Ten minste sowat 40 000 onwettige ID’s met rybewyse is glo in die land. Maklik tot 40% van SA se inwoners sedert 1994 kom van elders.

Di ·

Die EFF mos in beheer daar! Rooikappie nooi mos die mense om oor die grense te stroom en hier te kom plak

Hannelize ·

LT.genl Thembi Hadebe, As die polisie iets doen teen die rowers (wat die gemeentskap lank teister) sal hulle nie “jungle justice” toe pas nie. Hoe lank na die voorval het julle / hulle daaraan gekom?
Wat van al die geweld teen vroue en kinders wat daagliks daar gebeur? Moord & roof daar is ook ‘n “elke dag ding”. (Namakgale, Lulekani, Majeje ens ens). Julle worry nie oor hulle nie.
Dit is wreed wat gebeur het. Ek praat dit nie goed nie. Maar as die polisie meer “beskikbaar” is vir die gemeentskap sal sulke goed nie gebeur nie. Meer omgee vir die slagoffers & nie net die rowers weg neem (na ‘n paar rand nie) & nie eers toe sluit nie & dan laat gaan.

Swerwer ·

Dit is wreed verby maar aan die ander kant wys dit net hoe keelvol die gemeenskap is vir misdaad. Aangesien die SAP / Regering te slap is om misdaad te bekamp het die gemeenskap dit sommer namens die Regering gedoen om hul gemeenskap te beskerm en die skuldiges uit die weg te ruim. Die gemeenskap beskerm net hul gebied en mede inwoners.

Kirst ·

‘n Doeltreffende polisiemag is net nog ‘n koloniale euwel wat moet val, is dit nie? Of nee wag, dit het klaar geval/faal…

efjy ·

Hierdie mense glo nog in die doodstraf. Vir hulle werk dit en vele toekomstige misdade word hokgeslaan.

LANA is ELANè ·

Die gebeure is omdat ons regstelsel en die patetiese SAPD die mense versaak.

Delia ·

Man..vat die misdadigers vas. Die land is gatvol van misdaad..almal van ons, alle rasse. Ons is gatvol. Dis hoekom mense reg in eie hande neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.