Vyf nuwe appèlregters aangewys

(Foto: pixabay)

Pres. Cyril Ramaphosa het vyf nuwe regters vir die appèlhof bekend gemaak.

“Die aanstellings, van wie drie vroue is, weerspieël die regering se verbintenis tot die deurlopende transformasie van die regbank,” het Ramaphosa in ʼn verklaring gesê.

Die presidensie sê die aanstellings is gedoen ná aanbevelings deur die Regterlike Dienskommissie. Dit is ook in ooreenstemming met grondwetlike voorskrifte.

Ramaphosa het Daniel Vuminkosi Dlodlo, Caroline Elizabeth Heaton Nicholls, Fikile Eunice Mokgohloa, Yvonne Thokozile Mbatha, en Clive Michael Plasket as appèlhofregters aangewys.

Ramaphosa het regter Xola Mlungisi Petse terselfdertyd as adjunkregterpresident van die appèlhof aangewys.

“Die president wens al die regters sterkte toe in hulle nuwe poste,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anti DA ·

Die regering moet hom verbind tot meriete aanstellings en nie mense aanstel op kwota sisteme vir politieke redes nie n gekwalifiseerde persoon met die regte kwalifikasie ongeag ras of genader wat die werk professioneel kan doen is beter as 10 aanstellings wat nie bevoeg is nie.

Pampoen ·

Nog ‘n klomp boeties met geraamtes in die kaste. Wat ‘n swak voorbeeld vir die gereg. En waar is die blankes .

Andreas ·

Wa so bietjie, is Cyril nou ‘n man van vele talente? Is hy nou ook vakbondman EN personeelhoof? Ek sien na die staatsrede verwys hulle na hom as Die Ekonoom Ramaphosa.

Jan Brand ·

Suid-Afrika het nog altyd ‘n goeie regstel gehad wat die wet onafhanklik, onverskrokke en regverdig toegepas het. Ek ken nie hierdie vyf mense nie, maar ek is seker hulle sal voortgaan en bydra om ons regstelsel in stand te hou as iets waarop ons trots kan wees.

George in Bloem ·

Nie meer lank nie dan is ook die regstelsel in SA ten volle “getransformeer” en sal dan niks meer wees as ‘n rubberstempel van die onbevoegde,korrupte en rassistiese ANC regering nie. O wee die arme blanke ou,in watter saak ookal,wat regverdige behandeling van die spul gaan verwag. Jou kanse gaan erens tussen nul en zero wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.