Vyf sterf in skietery buite Ceres

Argieffoto

Vyf mense is Dinsdagoggend dood nadat drie skieters lukraak by ʼn taxistaanplek buite Ceres in die Wes-Kaap losgebrand het.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het die verdagtes omstreeks 07:00 op minibustaxi’s by ʼn taxistaanplek in Vredebes losgebrand.

Vier mense is op die toneel dood en nog ʼn man wat tydens die skietery gewond is, het later aan sy beserings in ʼn hospitaal beswyk.

“Speurders van die provinsiale taxitaakspan fynkam steeds die toneel op soek na leidrade,” het Potelwa gesê.

Die identiteit van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie. “Daar word in dié stadium vermoed dat die skietvoorval met taxiverwante geweld verband hou.”

Daar is intussen bykomende polisiebeamptes, onder wie lede van die eenheid vir openbare orde, in die gebied ontplooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Verbied alle Taxi’s en stel weer ‘n veilige busdiens in.

Persheks Adri ·

Ek stem en dan moet gun free sommer kyk wat aangaan in die land pffft

Herms ·

En dit is hoekom die vuurwapen wysiging nie moet plaasvind nie. Die onskuldige mense word geskiet deur die boewe met ongelisensieerde vuurwapens.

Persheks Adri ·

Dis hoekom ons dit móét baklei ons gaan nie terug staan vir die wet nie!

Persheks Adri ·

Nóg mense dood en ek’s seker dis met wettige vuurwapens gedoen ne? Pffft hierdie kriminele met wapens maak my SO kwaad en hoed wil ons s’n vat gggmmmfff

Samuel ·

Al hierdie geweld is so sinneloos. Ek wonder of die feit dat misdadigers meestal wegkom met moord, nie daartoe bydra tot die toename in geweld nie? Vra maar net.

Androclus ·

Dit gaan nie daaroor wie finansier dit nie.Afguns en jaloesie

JohanR ·

Ek wonder hoeveel mense elke jaar in taxi geweld, of taxi ongelukke sterf?

Jr ·

Vuurwapens toe gelaat want dis om kompetisie te bevorder in taxi bedryf en is nie vir self verdeging nie. Job creation

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.