Vyf UV-koshuise se name verander

Die Universiteit van die Vrystaat. (Foto: UV/Facebook)

Huis Abraham Fischer, oftewel Vishuis, en Reitz is twee van die vyf koshuise van die Universiteit van die Vrystaat wat nou amptelik nuwe name het.

Die raad van die UV het die nuwe name verlede Vrydag tydens ʼn vergadering eenparig goedgekeur.

Huis Abraham Fischer heet nou Abraham Fischer-Boetapele, terwyl Reitz se naam nou Toa Mageuzi is. Kiepersol sal voortaan as Imvelo-Yesizwe bekend staan en President Steyn se nuwe naam is !ke e: /xarra //ke-President Steyn. Boomplaas is nou Intsika-ye-Khaya.

Volgens die universiteit bepaal sy institusionele transformasieplan dat ʼn getransformeerde universiteit in Suid-Afrika een sal wees wat na sosiale geregtigheid streef in alles wat hy doen. “Dit sal ʼn instelling wees waar sy diverse mense ʼn gevoel van gemeenskaplike doel het en waar die simbole en ruimtes, stelsels en daaglikse praktyke almal ʼn verbintenis tot openheid en betrokkenheid weerspieël.”

Prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier, sê dit is in dié konteks dat die name en simbole van al 36 koshuise op die Bloemfontein-kampus hersien is om te verseker dat die institusionele kultuur en ruimtes tot ʼn inklusiewe gevoel wat almal insluit, bydra.

Die naamsveranderinge weerspieël die universiteit se verbintenis om moedig te worstel met sy gedeelde verlede, hede en toekoms, het Petersen gesê.

Tydens die hernoemingsproses was ʼn belangrike benadering van die naamkomitee om die sosiale geregtigheid en meertalige agenda van die UV te balanseer. “Daarom weerspieël die tale wat in die hernoemingsproses gebruik word nie net sommige tale wat by die UV gepraat word nie, naamlik Engels, Sesotho, Afrikaans en isiZulu, maar ook tale soos isiXhosa, Kiswahili en die Khoi-San-erfenis.

“Die hernoemingsproses is ʼn belangrike mylpaal vir die UV aangesien dit die moed en visie van die universiteitsgemeenskap simboliseer. Dit vier sy verbintenis tot transformasie en deelname aan ʼn proses wat daarop gemik is om ʼn name- en simbole-omgewing te skep waarin almal kan ervaar dat hulle behoort,” het Petersen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

De Villiers ·

Ek lag my dood!

Laat hulle doen wat hulle wil, dit is hulle land!

Gerra ·

Ag tog! Julle sal “worstel met die verlede, die hede en die toekoms”….. tot in ewigheid.
Kom tog oor julleself en bou nuwe koshuise of geboue en vernoem hulle na wat ookal. SO sluit jy almal in en werk saam na n nuwe toekoms, sonder om een spesifieke groep te probeer elimineer! Waarom altyd die name van dit wat oor die jare opgebou is verander, aanpas of verwyder en dan met n vaak storie van “moed en visie” opkom?
Is julle niks beter as die patetiese anc wat niks kan opbou en net name van dorpe en strate kan verander en dan met groot trots daarvan vertel?

kaplyn ·

Waar val jy uit. Die UV raad is oorgeneem deur die ANC en hulle is in die meerderheid. Die nuwe name het niks met die Afrikaner uit te waai nie. As (en dis ‘n groot AS) daar nog iemand in daardie raad sit wat enigsins pro – Afrikaner is dan is hy of sy in die minderheid. Die meerderheid maak wat hule wil.

Gerhard ·

Dit is absoluut belaglik. Wel, watter se het ons in elkgeval. Hoe moet die arme kinders dit uitspreek. Ag wat, dit is mos net “hulle” land, so, dan moet hulle maar maak soos hulle wil.

hendrie ·

Toemaar, die nuwe name sal moeiteloos deur al die 30 persenters en hul pelle uitgespreek word.

Christian J M ·

En so wis hulle ons nalatenskap en geskiedenis uit — Reg voor oons ogies en ons doen niks !!!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis die plan. Oor 100 jaar sal niemand weet hier was iets soos Afrikaners nie.

Pieter ·

Ek stem nie saam met jou nie, ons gan ons land weer terug kry.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hoe Pieter? Verskaf ‘n vyf punt plan.

Witbaard ·

Geskiedenis sal hom herhaal. Die Afrikaner was al meer as een keer onderdruk. Dit gaan net nog te goed met die meeste van ons.

Piet parys ·

5 punt plan 10 punt plan nou klink jy soos n Anc kader met baie planne en geen uitvoering daarvan nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Het jy ‘n plan, pieta? Of raas jy net van die paviljoen.

Danie ·

Pieter, ek wil nou nie swartgallig wees nie maar asb, lig ons in…….hoe?!?! As ek noord kyk, is daar nie een land waar ons dit kon reg kry nie

Kokerboom ·

Redes: Tweesapalt en slapgattighed asook weiering om onvermydelikheid te aanvaar en vasklou aan verlede.

Jack ·

Wat ‘n grap.Noem dit net wat julle wil.Enige iets gekoppel aan transformasie is ‘n grap en mislukking.

Republikein in die Wes Kaap ·

Volksvreemde wêreld daai. Eintlik ‘n las wat afgeskud moet word.

Wit Leeu ·

DIT MAAK MY SIEK !!!!!!!!!!!!!!!!!!! PATETIES……………..

Nie Verbaas ·

Nou toe nou. Die mindewaardiges alweer in aksie. Hulle sal tog net enigiets doen om respek te probeer afdwing. Ek lag my in n papie in.

Suzette ·

What a joke! Moet ons Afrikaans sprekendes nie ook ons name verander na een of ander “bedreigde spesie” se naam toe nie? Regtig, dis nou wat jy rassisme sal noem…. Julle is narre

Hompie ke Dompie ·

Jy het ‘n spesiale graad nodig om daardie name uit te spreek. :-)

Nico ·

Wat ‘n klomp “tjol”! Weet nie waar die “Waarin almal kan ervaar dat hulle behoort” inkom nie. Strooi man!!

My siening ·

So net swart mense het kultuur en wittes word gedwing om ontslae te raak van syne! Openlike diskriminasie maar kom ons sien waar die land eindig met sy kinderlike optrede deur sogenaamde geletterde bestuur!

Fran ·

Dieselfde het stil-stil by tuks gebeur. Afrikaans op pad uit met ‘n spoed.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die PUK sal die laaste een wees wat val.

AmY ·

Ek het deesdae geen probleem met naamsveranderinge nie.
Laat die ‘finale verval’ eerder onder die nuwe name gebeur.

marius ·

Heel reg . Dit is vernederend om diegene wat alles opgebou het se name aan die verval te koppel .

Herman ·

Ek stem 100% saam. Ek dink in elk geval Pres. Steyn en Pres Reitz draai in hulle grafte om as hulle sien aan watse gemors is hulle name gekoppel. Ons nageslag sal weer eendag die land herbou en dan weer volkseie name aan alles gee. Laat hulle nou maar aangaan met die gemors.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons nageslag, Herman, sal die land nie eendag kan herbou nie. Tans is daar net ses wittes vir elke 100 burgers, waarvan drie Afrikaners is. Hoe gaan dit lyk oor 30 jaar?

Fran ·

My voorspelling is, is dat daar oor 10 jaar nie ‘n Afrikaanssperekende gaan oor wees by hierdie universiteite nie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Net ‘n paar afgeleefde Afrikaanssprekende dosente sal oor wees. En hulle sal hoop aftrede kom vinnig.

Kokerboom ·

Dit bly maar ‘n Uiters Frustrerende Situasie. Geen geskiedenis, GEEN toekoms!

Pieter ·

Ek het nog nooit n bevolkingsgroep gesien wat so insecure is soos die klomp hier in SA nie. Hulle will alles in ons keelgate af druk. Wat is fout met julle? Bou n verdomde brug en kom oor dit.
Julle kan name verander soos julle wil,maar as jy nie verstand het om iets te bestuur nie dan val dit uit mekaar, soos ons eens mooi SA.

Nici ·

Word die selfde gedoen by die universiteit van Natal en UCT? Word iets daar getransformeer na Afrikanername om ons tuis te laat voel?

Spook ·

Boskollege, dis nou die Royal Imperial British University of the Orange River Colony (RIBU-ORC)

Swerwer ·

En so gaan alles ten gronde wat deur die voorgeslagte opgebou is. Uit hul eie kon daar deur die afgelope 20 jaar niks getoon word wat ten goede van hierdie land plaasgevind het nie. Hul sien dat alles waaraan hulle vat ten gronde gaan maar nogsteeds voeter hul voort, as daar niks meer oor is nie wonder ek wie se skuld dit die keer gaan wees.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Aag asb. tog julle sal altyd struggle en vasklou aan die verlede.

Peter ·

O hemel, dis lagwekkend. Net in ‘n banana republic soos die

Vexed ·

Ek gee glad nie om as daar naam veranderinge is nie. Al wat ek graag wil sien is dat die nuwe name mooi moet wees. Selfs elegant en lekker op die tong val. Dit is vooruitgang. Maar nee… dit moet leliker en slegter. Ag wat so is dit nou maar.

Tanniepetoors ·

Verander al wat ‘n trotse Afrikaanse naam is. Afrikaners wil nie met minderwaardigheid en verval geassosieer word nie.

Henry ·

Wat nog. Hoe meer name hulle verander hoe slegter gaan dit. Alles val uitmekaar

Jacobus ·

Jy kan dit nie uitdink nie! Mens wonder nou watter een Phala Phala gaan word!

Pietertjie ·

So, dis nou nuwe koshuise met komplimente van die SAKP. In Animal Farm het die plaas se naam ook verander.

Danie ·

Woerts warts en sien daar!……nou is dit weer ń wêreldklas instansie. Al die probleme op die kampus is nou opgelos. Studente, ouers en die publiek kan rustig slaap.

SjN ·

Name moet verander van bestaande geboue want hul is nie in staat om nuwe koshuise op te rig en te vernoem nie!!

Carel ·

Wel een ding is verseker;
Die comrades het ‘n kapasiteit vir naakte haat, waartoe ek nie instaat is nie

Andrè ·

Nou ja toe en so val ons afrikaners se nalatenskap een vir een om tog so polities korrek te wil wees

Johan ·

Verander maar, die kwalifikasies gaan inelkgeval ook dieselfde pad loop na niksseggend. Die ou hoofgebou lyk so sleg met Presedent Steyn se standbeeld wat weg is, mors maar die res ook op.

Hennie ·

Transformeer, verwoes! Stille rewolusie teen minderhede in SA!

Piet parys ·

Net n kwessie van tyd dan lyk daai universiteite soos n plakkerskamp wat dan die nuwe name gestand sal doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.