Vyf vas ná trokke, bakkie brand

‘n Trok brand Woensdag op die N2 in die omgewing van Ermelo. (Foto: Twitter)

Vyf verdagtes sal Dinsdag in die landdroshof op Ermelo, Mpumalanga, verskyn in verband met drie vragmotors en ’n bakkie wat Woensdagaand op die N2 in dié omgewing aan die brand gesteek is.

Twee ander vragmotors is ook tydens die voorval beskadig.

Lt.genl. Semakaleng Manamela, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes, almal tussen die ouderdom van 30 en 58, is Donderdag in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig dat lede van die polisie en die weermag Woensdagaand moes bontstaan toe ’n betoging, glo oor ’n arbeidsverwante dispuut, gewelddadig geraak het.

Die polisie het vroeër gesê die dispuut handel na bewering oor die aanstel van werkers tydens die bou van die Merino-winkelsentrum op Ermelo.

Manamela het intussen ’n beroep op die publiek gedoen om die wet te respekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Malan ·

Hoekom moet alles vernietig word as hierdie mense ‘n gesil het? Is dit in hulle gene of wat veroorsaak dit?

Kokerboom ·

Manamela se oproep tot gehoorsaamheid is soo lagwekkend(al die politici doen doen dit) en het GEEN effek. Dis soos vier ‘n stout kind sê:”jy moenie stout wees!” Sy ANC party het die wetteloosheid geskep en nou probeer Manamela en sy troepe met sagte handjies die wetteloosheid beheer! Genl Manamela..kry liewer jul agterente in rat en tree met gesag op!!!!

Frederik C ·

Die brandstigters is tussen die ouderdomme 30-58. Watter ras is hulle ??

Jr ·

Wel ons weet want as hulle wit was het die media dit vir jou gesê in soveel woorde. Hierdie insident verkoop nie koerante

Hasie ·

Wet te respekteer ? What a joke …. Wette en regulasies is net op sekere mense van toepassing …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.