Vyf vas wat Staatsteater glo uit miljoene bedrieg   

Die staatsteater in Pretoria. (Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.)

ʼn Voormalige werknemer van die Staatsteater in Pretoria is saam met vier medebeskuldigdes in hegtenis geneem in verband met beweerde geldwassery, bedrog en diefstal.

Die 41-jarige voormalige werknemer en vier medepligtiges, onderskeidelik 37, 38, 44 en 59 jaar oud, is Dinsdag in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek deur die Valke se ondersoekspan teen ernstige korrupsie.

Die saak hou verband met beweerde geldwassery, bedrog en diefstal wat by die Staatsteater plaasgevind het en wat reeds in November 2018 aangemeld is.

Volgens die Valke het twee werknemers van die Staatsteater glo voorsieningskettingprosesse verontagsaam om geld vir eie gewin te bekom. Die twee werknemers het glo briefhoofde van bestaande maatskappye gebruik om fakture te skep sonder die medewete van die werklike maatskappye, maar het die bankbesonderhede verander na dié van hul familielede, wat gelei het tot die diefstal van R24 miljoen.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van bedrog, diefstal en geldwassery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lakemalawi ·

Daar sal ook weer dadels van kom. Nie een van die sake sien ooit die finale hofuitslag nie.

Estelle ·

Is daar nog n instelling / instansie wat nie deurgeloop het nie? Iewers loop mens seker “klasse” om te leer om fakture so maklik te vervals, want skielik doen almal dit.

Thelsa ·

Die beroep van ouditeure raak vir my al hoe meer belaglik. Sedert 2018 is die Finansiële State deur Ouditeure afgeteken. en dit nogal teen ‘n stywe bedraggie.Die Sekuriteitswagte kon dit eerde gedoen het met dieselfde resultate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.