Waarskuwingsligte flikker weer by Eskom

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Eskom het Maandag ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul kragverbruik te verminder om die moontlikheid van beurtkrag te voorkom.

Volgens die kragvoorsiener plaas die verlies van verskeie kragopwekkingseenhede oor die naweek, sowel as vertragings in die terugkeer van sommige opwekkingseenhede tot diens, groot druk op die kragnetwerk.

“Eskom werk daaraan om so gou as moontlik weer opwekkingseenhede by die Matimba-, Duvha- en Arnot-kragstasie in diens te stel,” sê Eskom in ’n verklaring.

Opwekkingseenhede by die Arnot-, Kendal-, Matla- en Tutuka-kragstasie is Maandagoggend weer in diens gestel.

“Ons maak staat op noodkragreserwes om vanaand in die vraag na elektrisiteit te voorsien.”

In dié stadium is 13 601 MW weens stukkende opwekkingseenhede nie beskikbaar nie, terwyl 4 533 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die stelsel gehaal is.

Soos gewoonlik waarsku die kragvoorsiener dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word, sou die situasie versleg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Toy ·

Mens se geduld raak min met die loadshedding. Daar is ‘n alewige probleem.

Jr ·

Vraag is nie of hy gaan af wees of nie , maar EERDER WANNEER!!!

Kobus ·

Maar in ‘n ander berig belowe Rampposa dat dit nou op ‘n einde is?

Samuel ·

Dit is in CR se weeklikse nuusbrief. Hy beloof hulle werk daaraan.

Harley Davidson ·

Dieselfde ramaposa wat gesê het daar is geen plaasmoorde in Suid Afrika, wie kan hom glo oor enige iets.

VaalDonkie ·

Kyk, mens sal nie sommer weet wat die waarheid is nie, maar een ding is verseker: dit wat die president en sy kabinet as die waarheid voorhou, is NIE.

Magda ·

Ja Ramaphosa het do gese want t hy het geen benul wat in SA aan di gang is ni.

Cecilia ·

REGTIG HULLE MOET NOU BEGIN REGKOM< DAAR IS STUDENTE MET PROJECTE EN TOETSE WAT HULLE DAAGLIKS SKRYF ONLINE HOE MOET HUL DIT DOEN AS KRAG NET AFGAAN EN HULLE KRY NET 1 UUR TYD OM DIT TE DOEN KAN IEMAND ASB NET BEGIN AANDAG AAN DIE STUDENTE EN SKOOL KINDERS BEGIN GEE MET OPDRAGTE EN TOESE DIT PLAAS HUL BAIE ONDER DRUK!!!!!!

Blikkies ·

Stem saam, ek is ‘n werkende student. Ek moet my studie skedules reg uitwerk en het afsluit datums vir geskrewe take. Ek kan basies slegs in die aande studeer en soms sit ek nog voor die rekenaar in die oggend ure. Net twee ure se beurtkrag in die aande het n geweldige invloed op my studies. Dit is lank ook nie meer van so aard dat ons moet pen en papier gebruik by kerslig nie! ek is al lekker gatvol., hulle gaan maak dat ons druip.

Henri ·

Kyk weer die verhouding tussen onbeplande en beplande instandhouding, 3 tot 1. In enige suksesvolle besigheid sal dit eerder 1 tot 10 wees. Hoe kan onbepland konstant hoër wees as bepland? Ek bespeur ‘n gebrek aan beplanning.

VaalDonkie ·

Wag, dit raak beter: daardie 20000MW verteenwoording EEN DERDE van ons totale nasionale kapasiteit.

May10 ·

Eskom, die enigste maatskapy in die wereld wat jou vra om nie hulle produk te gebruik nie.

SwartBees ·

Korreksie . Die enigste maatskapy in die wereld wat jou vra om nie hulle produk te gebruik nie waarvoor jy betaal.

Karel Kobus Kruger ·

As ek De Ruyter was, sou ek bedank. Hy behoort nou al genoeg geld te hê om n lekker verlate Karooplaas te koop en rustig af te tree. Sit n klompie springbokke en gemsbokke daar op vir eie gebruik. En so elke nou en dan doen hy n lekker “bike trippie” deur Suidwes of n 4×4 trippie deur Botswana.

Lourens CFG ·

Hy moet nóg geld spaar om die karooplaas se eie krag in te sit en van die “grid” afhaal.
;-()

Alida ·

Ek haal my hoed af vir De Ruyter dat hy nog vasbyt. As hy nie daar was nie, het die hele Eskom al in duie gestort. En dan is daar geen krag vir fabrieke, verkeersligte, waterpompe, riolering ens. nie. Dink mooi waarvoor julle wens.

Karel Kobus Kruger ·

Ek haal ook my hoed vir hom af, en ek wens beslis nie dat hy moet bedank nie. Hy is juis n beter mens as ek dat hy nog uithou. Soos ek sê, ek sou my tassies pak en daar tussen die Karoovlaktes verdwyn. Dan kan die res van die wêreld maar sien en kom klaar

Christine ·

Swagger, jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie. Die sabotasie met Eskom deur die ANC kaders en hul EFF kriminele van binne en buite Eskom, is enorm.

Corne123 ·

Jammer julle is my skuld het n 5.5kw motor met n 7.5 vervang ????

Swerwer ·

Hier kom dit. So sal dit wees tot die regte regering weer aan bewind is.

Sarie ·

Hulle het klaar die retail mark verander. Hul mikpunt was die klein sake.

SwartBees ·

Ek weet nie wat bother hulle met die aankondiging nie, almal weet voor close of business vandag word ons ge-loadshed.

Willem ·

Elke dag iets anders wat breek en n nuwe verskoning. Niemand glo hul meer nie.

Papsak ·

Eskom genoeg geld daarom word ons gevra om nie krag te gebruik nie hoe pateties kan jy kry

snippie60 ·

Help my net asseblief reg…… Gistermiddag om 15:00 het AL die straatligte in my straat in Doornpoort helder oordag te lekker gebrand. Hoe nou??? Ek kry nie hierdie som uitgepluis nie.

Christine ·

Bel hulle en doen iets daaraan as om op sosiale media te kla.

Sandra ·

As jy van die grid af is met so krag, beboet hulle jou. Ek handhaaf my standpunt. Sny die krag af van al die onwettige verbindings en ons probleem is op gelos, maar nee, die klomp is bang vir hul eie nasie

Harley Davidson ·

Die loadsheding het op sekere plekke nooit gestop nie en is nog elke dag 2 keer,yskaste ,tv en elektroniese komponente word beskadig deur die aan en af van krag en dit is hoogtyd dat ons ‘n klasaksie begin teen Escom. Die de Ruyter blyk ok geen verskil te maak nie.

Christine ·

Selfs De Ruyter word gesaboteer omdat hy die korrupsie binne Eskom stopsit en die skuldeisers begin inkatrol om te betaal. Selfs korrupte transaksies met ANC kaders se steenkoolmyne en korrupte tenders word hokgeslaan. Die man is ‘n uiters bekwame en etiese besigheidsman, maar die sabotasie is enorm.

Johanna ·

ANDRE DE RUYTER was gesien as n wonderwerker wat die ANC moes red binne n kort termyn. Die situasie was reeds so sleg dat dit eenvoudig onmoontlik is om die probleme uit te sorteer.
Die ANC self en die EFF ook het aan die masses gratis elektrisiteit belowe daarom is daar miljarde RANDE se skuld. Daar is n handjie vol Suid Afrikaners uit die 60 miljoen mense wat rerig vir hulle elektrisiteit betaal.

Die beloftes wat gemaak is aan Suid Afrikaners tydens verkiesings veldtogte is alles leuens om stemme te wen.
Daar moet meer verantwoordrlikheid aan die dag gelê word deur politieke partye wat beloftes maak.

Julius Malema se sogenaamde planne vir Suid Afrika is so vergesog dit is veregaande.

Lillian ·

Ek sê weer, stop watering a dead flower. maar die regering hou aan om geld in hierdie bodemlose put te stort want hul beloftes van ‘n alternatief sal nooit op dreef kom nie. Dis als net ‘n klomp leuens, soos alles anders.

Nico ·

Eskom, stop om sulke hoë bonusse te betaal asook sulke hoë salarisse, Eskom het geweet dat die toerusting verouderd is, maar nee, maak eerder hul sakke en beursies vol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.