Wag tydens Kokstad-transitoroof doodgeskiet

Argieffoto (Fidelity Security)

’n Veiligheidswag van Fidelity Services is Maandag tydens ’n aanval op ’n transitovoertuig in Kokstad, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Ses swaar gewapende mans het omstreeks 08:00 op die Fidelity-geldwa toegeslaan.

Volgens Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity Services, het die verdagtes die geldwa met hul voertuig gestamp.

“Die bestuurder is doodgeskiet en die twee ander veiligheidswagte kon wegkom toe die verdagtes die voertuig aan die brand gesteek het.”

Die rowers kon volgens Bartmann nie daarin slaag om by die kontant in die geldwa uit te kom nie.

“Ons innige meegevoel gaan uit na die familie van die oorlede beampte. Die aanvalle vind al hoe meer gereeld plaas en hoewel minder of geen geld gesteel word nie, is daar enorme minagting vir die lewens van die veiligheidswagte. Hierdie sinnelose lewensverlies is net nie aanvaarbaar nie. Voertuie word ook onnodig vernietig wat net bydra tot die algehele koste van hulpbronne,” het Bartmann gesê.

Enige inligting oor die ander voorvalle kan aan Fidelity Services gekommunikeer word via WhatsApp, SMS of Please Call Me 083 939 0300 of die landlyn kan geskakel word op 011 766 6061.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Henri ·

Transitoroof raak ‘n algemene verskynsel, wat ‘n siek samelewing weerspieël. Is daar ooit ‘n spesiale taakspan deur die polisie op die been gebring om die sindikate te probeer vastrek? Ek glo nie enige 6 mense sit saam en besluit sommer om ‘n transitoroof gou te gaan uitvoer nie.

Sakkie ·

Kom Cele ou Hoedman. Pas nou jou passievolle gewraakte strand optrede toe by hierdie ernstige misdaad. Of is jy nou te bang, want hulle het mos wapens nou. Slapgat

Nie Verbaas ·

Daar is ongelukkig nie net n enorme minagtig vir veiligheidswagte nie. Oor die algemeen is daar n enorme minagtig vir lewens oor die algemeen.

JM ·

Dit gaan net erger word, want elke jan rap en sy maat besit (gewoonlik onwettig) ‘n vuurwapen.

Kokerboom ·

Ontwerp van voertuie moet ernstig herbesin word en bewapen word..ala pantserkar

Marcello ·

En hoe hoër die lewenskoste word, hoe hoër sal die transitorowe plaasvind, asook inbrake. Dit is ‘n kringloop, mense moor en doen alle verkeerde dinge om kos te bekostig en om te lewe. Ek glo nie dit vind plaas omdat dit “net pret” is. Ek regverdig dit nie, maar dit gaan swaar mens ons mense in hierdie land. Hoekom het dit nooit jare terug gebeur nie, ek kan nie dink as kind dat sulke dinge ooit plaasgevind het nie. Maar met die ANC wat aanbevind is en al die Kaderrs wat hulself net help, kan jou gewone mens op straat net nie meer oorleef nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.