Walus het sy straf uitgedien – Zondo

Janusz Walus (Foto: Twitter)

Chris Hani se weduwee, Limpho Hani, het Maandag met skok en woede reageer op regter Raymond Zondo se besluit om parool aan haar man se veroordeelde moordenaar toe te staan.

“Hierdie uitspraak is diabolies. Ek het nog nooit so iets gesien nie. My begrip van Zondo se uitspraak was dat hy indirek sê Janusz Walus het goed gedoen deur my man te vermoor.”

Limpho voel ook Zondo het hoegenaamd geen ag geslaan op haar en haar kinders se lyding nie. “Hy kan nie minder gepla wees nie … Weet jy van karma? Hou dít dop. Ek gee hulle twee jaar. Almal van hulle.”

Zondo het tydens sy uitspraak in die Konstitusionele Hof gesê daar is niks wat Walus kan doen aan die ernstige aard van sy destydse oortreding nie. “Hy het wel meer as 25 jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien, aan elke vereiste voldoen om sy kanse om parool te verbeter, ’n skoon dissiplinêre rekord oor die jare gehandhaaf, langer as ’n dekade verskeie pogings aangewend om vrygelaat te word en die familie meer as een keer om verskoning gevra.

“Ek is van mening dat dit regverdig is vir hierdie hof om die minister te beveel om die applikant op parool te plaas.”

Zondo het gevolglik min. Ronald Lamola se besluit van 2020 om Walus se aansoek om parool opnuut af te keur, as irrasioneel verklaar en ter syde gestel.

Solly Mapaila, sekretaris-generaal van die SAKP, het ná die uitspraak aan verslaggewers gesê die party is “teleurgesteld en diep geskok”, maar aanvaar die uitspraak van die hoogste hof.

“’n Onreg het vandag plaasgevind …”

Chrispin Phiri, woordvoerder van die departement van justisie en korrektiewe dienste, het op sy beurt gesê dit is onregverdig van die hof om te sê die minister is onbevoeg.

“Ons sal die uitspraak bestudeer en dit noukeurig lees. Die hof het wel sy rasionaal toegepas. Dit is nie vir ons om die hoogste hof in die land te bevraagteken nie.”

Walus, ’n Poolse immigrant en volgens sy regspan die mens in Suid-Afrika wat nog die langste agter tralies is, is al sowat 28 jaar lank in aanhouding en het sedert 2011 reeds verskeie kere onsuksesvol aansoek gedoen om parool.

Die paroolraad het langer as ’n dekade aanbeveel dat Walus op parool vrygelaat word. Die minister het egter elke keer geweier.

Walus het Hani in 1993 voor sy huis in Boksburg doodgeskiet. Hy en Clive Derby-Lewis is in dieselfde jaar albei die doodstraf vir die moord op Hani opgelê. Die vonnisse is later na lewenslange tronkstraf omgeskakel. Derby-Lewis is in 2015 op mediese parool vrygelaat en is in November 2016 dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Swerwer ·

Mev Hani, baie gaan en het deurgegaan waar geliefdes van hul weggeneem word. Dit moet maar net aanvaar en verwerk word want vandag is dit algemeen dat die skurke op straat rondloop en die onskuldiges toegesluit word.

Nici ·

Ek onthou Chris Hani soos wat ek Peter Mokaba en Malema vandag onthou. Mense wat opstook en ek verwag nie dat dinge goed eindig vir diesulkes nie.

Wakkerslaper ·

hanie was ‘n terroris, ‘n moordenaar en ‘n kommunis. Laat ons dit NOOIT vergeet nie.

Anel ·

En hoeveel mense het jou man nie vermoor of laat vermoor nie? Verder, hoeveel moordenaars loop vandag rind nadat hulle ook lewenslank gekry het maar na ‘n paar jaar vrygelaat word. Lewenslank in ons land beteken nie lewenslank nie. So wat vir die een geld, moet vir die ander ook geld.

Pietertjie ·

Die hoogste hof se uitspraak hang af van wat die Kommissaris daarvan dink. Dieselfde een wat Zuma laat wegkom met dieselfde soort uitsprake.

Wondermaarnet ·

Ek wens almal wat so protesteer, het so aangegaan toe Mandela vrygelaat was en nie daarop aangedring het dat hy in die tronk bly nie.

Nettie ·

Daar was ‘n boer wat sy sterwende vrou in sy arms vasgehou het na hulle bakkie oor ‘n landmyn gery het. Die toestemming vir die landmyn is deur Mnr Mandela gegee.

Sy sterwende vrou vra hom, wat van hul 2 klein kindertjies? As ek reg onthou, 1 en 3 jaar oud. Hy kyk na waar hulle stukkend gerukte liggaampies orals rondlê en wonder wat hy vir haar moet sê.

Hy het mnr Mandela vergeef, want hy was ‘n Christen, maar hy het so gewens mnr Mandela wou hom net 1 maal te woord staan en sê hy’s jammer.

Delia ·

Regter Zondo jy het staatskaping uitgewys na jare en baie geld later en baie baie durf.
Hierdie is n perd van n ander kleur.
Wees asb versigtig. Hê oë agter jou kop en sorg asb vir jou familie se veiligheid

Christine ·

Ek reken Valus moet ook versigtig wees. As hy mag, eerder padgee terug Pole toe. Ek wens ons boere moorde word met die minag hanteer, wat kommuniste se moorde hanteer word. Hoe kon Hani se vrou ooit gedink het haar man se dade sal ongestraf bly.

Aai ·

Mooi hy het sy tyd gesit sy is nie bo die gereg om hom daar te hou elke keer as hy geregtig is op parool.Nou wil sy mense dreig Hani se vrou is die probleem wat jy saai sal jy maai .

AmY ·

Ek wonder hoe mense voel as hulle geliefdes se moordenaars na slegs 10 jaar uit die tronk uit kom?

Dandeleen ·

Die hartseer ding van jou vraag is, daar is baie boer vroue in SA wat daardie vraag kan beantwoord.

Pieter J ·

Hoekom is Limpho se geliefde meer werd as die van ander?

annie ·

Was Hani nie ook ‘n uitlander uit Lesotho nie? Beide uitlanders dus. Hani was betrokke by aangeleenthede teen die staatsgesag. As mens in sulke sake betrokke raak is dit onwettig en die inwoners en land voel/word bedreig. Anti-regerings-organisasies moet besef dat hul aksies teengestaan sal word. Hani het die prys betaal en Walus het sy straf uitgedien.

Delia ·

Hani is gebore in die Oos Kaap, Transkei. Gestudeer by Fort Hare

Samuel ·

Waarom is die regter se uitspraak kwansuis diabolies? Ek respekteer die agbare Hoofregter dat hy onverskrokke optree.

VaalDonkie ·

Stompie Moeketsi se moordenaar was nooit eers in die tronk nie.

Sandra ·

Walus het sy straf uitgedien. Wie dink Mev. Hani is sy om die regstelsel voor te skryf? Die paroolraad het al 10 jaar gelede besluit hy mag op parool vrygelaat word

Nettie ·

Mev Hani, hoeveel plaasmoordenaars sit 28 jaar? NIEMAND. En hulle moor nie net een man nie, maar hele gesinne soms! En martel hulle ook nog eers!! Hierdie man het langer as ENIGE iemand in SA in die tronk gesit, en dis nie goed genoeg vir jou nie?

Hierdie man het sy straf uitgedien. Ek dank die Vader vir die uitspraak, en hoop hy smaak werklike vryheid so gou moontlik. En as ek hy is, skud ek hierdie land se stof van my voete af, sodra my voete die grond raak en ek toegelaat word. Want wat hierdie vrou gesê het, klink vir my glad nie goed of positief nie.

Gaitsigubib ·

Hy moet die 1ste vlug vat Pole toe Nettie. Hier is mense met bitter min karakter tussen ons. Hulle was te ruggraatloos om self te veg teen kommunisme nou kritiseer hulle hierdie man.

Christine ·

Mev Hani, dis ‘n reguit dreigiment daai teen Zondo en indirek teen Walus. Ek hoop daar word iets daaraan gedoen.

Gaitsigubib ·

Walus het aanklank gevind by die Boere Afrikaner mense. Uit ondervinding het hy geweet wat n totale oorgawe aan kommunisme vir die land en sy burgers sou inhou en hy het aksie geneem. Bygese, ek dink ek hy was tien teen een aangehits deur iemand in ons intelegensie departement, wat reeds belange gehad het in ander leiers (die wat ge “train” was). M.a.w Walus was slegs n pion in die spel. Dit is nou so dat sommige mense baie tese het omdat hy n Pool is. Hulle sou al lankal uit die land moes vlug as ons onder Hani se bewind was. Plaas se hulle dankie.

Nettie ·

Dis waar. En ek vermoed vir 28 jaar al wonder hy elke dag self hoekom het hy nie maar net teruggegaan het Pole toe nie. Kan jy jou die selfverwyt indink?

Gaitsigubib ·

Dis so waar Nettie, hy het gedink hy het vriende hier. Sommige van hierdie mense verdien Hani as president. Die pole het ten minste hul voet dwars gesit toe Hitler hul land wou vat.

Dandeleen ·

Peter, die mense weet net hoe om die goed af te brand. lol

My Mening ·

As dit van Chris Hani se weduwee afhang sal Walus nooit parool kry nie. Iewers moes iemand die lyn getrek het en hopenlik word die arme man nou binne 10 dae vrygelaat.

Hoeveel ander slagoffers moes sien hoe hulle geliefdes se moordenaars na ‘n paar jaar op parool vrygelelaat word.

Die feit dat sy weduwee/familie soveel invloed gehad het op sy nie-vrylating was nog altyd vir my polities gedrewe.

Carel ·

Sy vergeet van die lyding waardeur die famielies gely het wat deur háár man veroorsaak was.

Wakkerslaper ·

Jammer, maar kommunisme was en is vandag steeds agv hani ‘well alive and kicking!”

Rocco ·

Jy spekuleer oor wat Hani sou doen, as hy vir Mandela sou opvolg. Hani het die volgende gesê “What I fear is that the liberators emerge as elitists who drive around in Mercedes Benz’s and use the resources of this country to live in palaces and to gather riches.” Dit waarvoor hy gevrees het, het waar geword. Dankie aan Hoofregter Zondo, dat u ‘n objektiewe besluit geneem het. Mevrou Hani, ek bid dat u vrede in u hart kry, en mnr Walus vergewe. Dis vir my baie goeie nuus dat mnr Walus vrygelaat gaan word. Ek glo hy is gerehabiliteer, en is spyt oor wat hy gedoen het

Gaitsigubib ·

Hani was n uitgesproke kommunis en leier van die SA Kommuniste Party. Hy het hand om die lyf met Winnie Mandela geloop en belowe dat hy alles gaan nasionaliseer as hy n kans kry. Wanneer hy bang is sy vriende poog na selfverryking dan is dit omdat hy alle rykdom wil verprei soos dit n goeie kommunis betaam. Hy was uitgesproke, ek sien dus nie waarom iemand sou spekuleer oor sy intensies, wanneer sy intensies “obvious” is.

Marthinus W ·

Mandela was 27 jaar in die tronk, met die bloed van baie mense wat gesterf het weens landmyne en kleefmyne wat onskuldige burgers gedood het, op sy hande. In die tyd is Mandela sy vryheid by ses (6) geleenthede aangebied, MITS hy geweld afsweer; hy het geweier. Walus was nou langer as Mandela in die tronk, met slegs een man se bloed aan sy hande.

Oor Hani: hy en Cyril en Steve Tswhete en Ronny Kasrils was verantwoordelik vir die Bhisho-slagting in 1992, waar 29 mense dood is. Het Hani se vrou al daardie 29 mense om verskoning gevra? Waarom is Hani vermoor? Mandela was die onbetwiste “Nommer 1”, maar wie sou “Nommer 2” wees? Thabo Mbeki of Chris Hani. En toe sterf Hani heel gerieflik. (Ek twyfel of Mbeki betrokke was.) Dan moet ons ook onthou dat Albert Luthuli geweier het om geweld te gebruik, en sterf toe heel gerieflik in n treinongeluk, waarop Mandela oorneem as leier.

T ·

Walus was “geframe” gewees.Glo nie hy was die regte moordenaar gewees nie,daar is baie meer agter die storie.Hani is deur sy eie kaders uitgehaal…..

Gaitsigubib ·

Beslis T , die regering het baie tyd en geld bele in Cyril, Thabo en Mandela. In die boek “tomorrow is another country” is fotos van PW in 1987 waar hy onderhandel (konkel) met Mandela terwyl laasgenoemde in die “tronk” was. Hulle kon nie bekostig dat Hani al hulle planne moet kom omver werp nie. Walus het die val gevat vir hul gekonkel.

Jakes ·

Ek is verheug dat Wallus vrygelaat gaan word. Hani se vrou kerm ver niet en brskou hasrself nie as n idioot nie. Sy mag natuurlik haar mening lug maar ek verskil wyd van haar. Die SAKP is almal idiote en word ditdaagliks bewys in hul uotsprake. Was Chris Hani dan verhewe bo alle mense dat sy moordenaar vir ewig gestraf moet word?

Fran ·

Mandela is ook vrygelaat as die verlosser van die wêreld wat vele mense se dood veroorsaak het. Die spul ANC gemors was gelukkig om nie destyds die doodstraf te kry nie.

Diana ·

Moordenaars en verkragters word na ‘n kort termyn vrygelaat om net dieselfde misdaad te pleeg met nagmerrie herinnerings vir families. Aanvaar hierdie uitspraak met respek, asb.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Kommunisme is by verre die grootste ramp wat die mensdom nog getref het. Ek regverdig geensins Janusz Walus se dade nie.

Martie Smartie ·

Duisende boere en ander burgers ia vermoor oor die laaste 28 jr v ANC bewind. Daar is nie een moordenaar wat so lank gesit het nie. So mev Hani, jou man was maar een van hulle, selfs al dink jy hy was beter as ander. Regter Zondo is die enigste regter in hierdie land wat ruggraat het en ek het respek vir hom.

Nie Verbaas ·

As hy swart was, was hy al na 7 jaar uit. Dankie Zondo, nog modder in die gesig van die korrupte ANC wat dubbel standaarde het.

Piet ·

Ek wil nie regtig kommentaar lewer nie, maar wil net die kommentators se denkwyses verstaan.
Janus pleeg moord. Hy moet sit.
Oscar pleeg moord. Hy moet sit.
Sonder om in verdere detail in te gaan;
Janus moet nou uit, maar,
Oscar moet bly sit…..

Gaitsigubib ·

Jy vergelyk nou appels met piesangs. Walus het 28 jaar gesit….

Cherokee ·

Pistorius het nie ‘n (potensiële) moordenaar vermoor nie.

Danie ·

ek voel Oscar kan ook maar weer vry gelaat word. Die man was met die hofsaak duidelik gebroke oor die hele affere en het ook sy straf gehad.

QueenB ·

ag die vrou soek sommer aandag hoeveel moordenaars en verkragters kry nie parool elke dag nie ek voel hy het sy straf ytgedien

JM ·

Mev. Hani, onvergewensgesindheid is ‘n afskuwelike eienskap, dit vergiftig jou totale menswees.

SjN ·

Wie dink sy is sy, sy is die oorsaak dat Janus nog sit, hoop hy kry regshulp en skroef haar en die kaders op, dankie regter Zondo.

Martie ·

O my siel wees bly! Die man se straf is uitgedien, daar is PAAR ander wat in die tronk moet sit maar op vrye voet is!

Murray ·

Mevrou Hani weet nie wat vergifnis beteken nie maar sy sal weldra uitvind die dag wanneer sy sterf

TO ·

Mev Hani, realiteit is foreigners soos jy se, kom in die land in om te moor. Wat nou van Suid-Afrikaners wat ons boere vermoor??? Regtig het jy ook ‘n wiskunde klas nodig. Hoeveel word vrygelaat om weer te moor. Hierdie man het sy straf uitgedien

Maritza ·

Ag toe toe. Wat maak haar man nou meer spesiaal as al die ander vermoorde mense?

Heinrich ·

Die weduwee se tirade moet sy net so toepas op elke plaasmoord

Miena ·

Ek hoop van harte die man het n joernaal bygehou deur al die tyd saam met al die waarhede en feite (name en plekke) opdragte wat uitgedeel was en wat uitgevoer was. Dit sal n boek of trio-boekreeks wees wat ek sal koop om te lees. Veral nadat ek Suiker Britz en Byleveld se boeke gelees het… nou verstaan ek beter hoekom…

Danie ·

Ek stem saam – die man het mos nou sy straf gehad – hoe lank moet die man nou nog boet? Ons word gese ons moet vergewe en aan beweeg van die politieke verlede van die land. Dis tyd dat Me. Hani dalk ook dieselfde doen.

DapperWoef ·

Waar is Lesufi se krete as ‘n verkragter vrygelaat word, net om weer te verkrag dae later?

En dan praat ons van kinders wat die slagoffer is?

Dubbelstandaarde, Mnr Lesufi?

BullsBabe ·

Mev Hani……Laat ons nou die ding mooi ontleed…..Die paroolraad het langer as ’n dekade aanbeveel dat Walus op parool vrygelaat word. Die minister het egter elke keer geweier….hoekom?????? Wat maak hom minder as al die ander moordenaars wat weer vrylik rondloop na ‘n PAAR jaar?????? Hy het wel meer as 25 jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien en verdien sy uiteindelike vryheid.
Welgedaan Judge Zondo – iemand wat die Wet ken, verstaan en so toepas!!!

JohanR ·

Limpho Hani daar kom ‘n tyd dat niemand meer met jou simpateer nie. Hy het sy tyd uit gedien. Laat hy nou bietjie gaan vars lug skep en die son op sy gesig voel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.