Die Suid-Afrikaanse weerdiens het Saterdag gewaarsku dat erge donderstorms in sekere dele van die land verwag kan word.
Die weerdiens het ʼn weerwaak uitgereik vir erge donderstorms in Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes.
Die storms, wat gepaard kan gaan met hael, word in die oostelike gedeeltes van Noordwes, suidelike gedeeltes van Gauteng, westelike gedeeltes van Mpumalanga en noordoostelike gedeeltes van die Vrystaat verwag.
Daar word veral ʼn groot hoeveelheid klein haelkorrels en rukwinde met swaar reënval in Mpumalanga verwag. Die stormstelsel kan ook donderstorms in KwaZulu-Natal veroorsaak asook in Limpopo waar daar die moontlikheid van klein haelkorrels is.
Maroela Media het vroeër berig reusehaelkorrels, sommiges net skrams kleiner as ʼn krieketbal, het Dinsdagaand skade aan eiendom en vrugteboorde op plase buite Hoedspruit in Limpopo aangerig.
“Die grootte van die haelkorrels het gewissel. Die meerderheid was tussen die grootte van ʼn albaster en ʼn gholfbal. Die grootstes was net so ʼn bietjie onder die grootte van ʼn krieketbal. Jaco Fivaz (48), algemene bestuurder van Mohlatsi Farms, ʼn groepering plase wat mango’s produseer, het Woensdag aan Maroela Media gesê die storm het omstreeks 19:30 uitgebreek. Lees meer en sien foto’s hier.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
Ok ons sal almal ons karre in die garage trek en die troeteldiere in die huis kry
Ek werk in die wind en die weer vir die afgelope 20 jaar. Mens ervaar nie meer lekker reën of matige wind of ‘n bewolkte dag nie…………As dit nie ‘n droogte is nie, is dit ‘n haelstorm. As dit nie ‘n stormwind is nie, is dit windstil. Alles is deesdae net uiterstes…
Wens die reen was hier by ons in die Kaap want ons het dit broodnodig.
Ek oorweeg om die weervoorspellers by die verbruikersraad te verkla omdat ons nie ingesluit word by die reënvoorspellings. Daar is plekke wat droog is in Natal en ons kan doen met meer reën.
Nog nie n druppel in Pretoria nie.