‘Wees geduldig, hervorming kom,’ pleit Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sê dit lyk dalk nie tans so nie, maar die Suid-Afrikaanse ekonomie ondergaan wel stelselmatig ʼn fundamentele transformasie wat dit meer “mededingend, inklusief en in staat tot groei” sal maak.

Die regering het ook al verskeie mylpale behaal wat hervormings in “netwerk”-industrieë soos elektrisiteit, telekommunikasie, water, hawens en spoor betref, skryf Ramaphosa in sy jongste weeklikse nuusbrief.

“Dit is te verstane dat die erns van die uitdagings wat die land in hierdie tyd in die gesig staar, aanleiding gee tot frustrasie en ongeduld,” skryf die president. “Gegewe die voortslepende beurtkrag is min mense byvoorbeeld in staat om hulle die trefkrag van ʼn getransformeerde energielandskap in te dink.

“Terwyl ons vordering maak met die beëindiging van beurtkrag, is die transformasie van die elektrisiteitsmark – om dit meer mededingend en kostedoeltreffend te maak – van kritieke belang vir die land se toekoms.”

Ramaphosa skryf dat die jongste verslag van Operasie Vulindlela, ʼn gesamentlike projek van die presidensie, nasionale tesourie en sleuteldepartemente, op vordering in die inwerkingstelling van hervormings in sogenaamde “netwerk”-industrieë dui.

(Foto: Natsuki via Unsplash)

“Baie van hierdie hervormings word teweeggebring deur wetgewende en regulatoriese veranderinge, wat dalk nie baie mense inspireer nie, maar wat wel ʼn wesenlike invloed op mense se lewe en die prestasie van die ekonomie het,” sê Ramaphosa.

Verskeie mylpale is intussen op sleutelgebiede bereik.

“Byvoorbeeld, in energie is die lisensievereiste vir opwekkingsprojekte van enige grootte verwyder,” wys Ramaphosa daarop.

Meer as 100 projekte is gevolglik aangepak in ontwikkeling, wat meer as 10 000 MW nuwe opwekkingskapasiteit en R200 miljard aan privaatsektorbelegging verteenwoordig.

ʼn Nuwe ministeriële bepaling is uitgereik vir die verkryging van meer as 14 000 MW nuwe opwekkingskapasiteit uit windkrag, sonkrag en batteryberging.

Belastingaansporings vir sonkrag word ingestel vir ondernemings en huishoudings, wat ʼn aansienlike toename in sonkraginstallasies sal aandryf.

Ramaphosa wys dan ook daarop dat Eskom ontbondel word in afsonderlike entiteite vir opwekking, transmissie en verspreiding. Die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering word tans gefinaliseer vir tertafellegging in die parlement.

“Hierdie ontwikkelings vorm deel daarvan om vir die eerste keer in ons land ʼn mededingende mark vir elektrisiteitsopwekking te vestig.”

Argieffoto (Foto: Transnet Port Terminals/Facebook)

Volgens Ramaphosa is daar ook vordering gemaak om die uitdagings in hawens en spoorweë die hoof te bied: Transnet Freight Rail is byvoorbeeld besig om ʼn onafhanklike infrastruktuurbestuurder te vestig om deursigtige en akkurate prysgleuwe vir die vragspoornetwerk moontlik te maak en ʼn gelyke speelveld tussen openbare en private spooroperateurs te skep.

Vennootskappe met private terminaaloperateurs by die Durban- en Ngqura-vraghouerterminale sal binnekort gefinaliseer word. ʼn Nasionale logistieke krisiskomitee is intussen gestig om die prestasie van hawens en spoorweë met onmiddellike inwerkingtreding te verbeter en die inwerkingstelling van ʼn “vraglogistieke padkaart” in die toekoms te dryf.

Oor hervormings in telekommunikasie verduidelik Ramaphosa dat die voltooiing van die spektrumveiling in April verlede jaar aansienlike nuwe beleggings ontsluit het en ʼn uitgebreide netwerktoegang en verlaagde datakoste moontlik maak.

Die publikasie van ʼn vinnige ontplooiingsbeleid en beleidsrigting in die Staatskoerant, asook ʼn standaard-konsepverordening vir goedkeuring van eiendomstoegangsreg sal help om die ontplooiing van telekommunikasie-infrastruktuur soos vesel en torings te versnel.

Wat water betref, is die die “Bloudruppel, Groendruppel en Geen Druppel”-watergehaltemoniteringstelsel heringestel. “Dit maak ingryping moontlik waar munisipaliteite nie aan minimum norme en standaarde vir waterdienslewering voldoen nie.”

“Die hervormings wat nou ingestel word, sal ʼn daadwerklike uitwerking hê,” verseker Ramaphosa.

“Strukturele hervormings is dikwels indirek … Hervormings is nietemin van kritieke belang as ons die omvang van ekonomiese groei wil bereik wat ons land in hierdie moeilike tyd nodig het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Fanie ·

Liewe hemel – glo die man homself? Mylpale bereik met VERNIETIGING van elektrisiteit, water, tellekomunikasie hawens en spoor Ja – Hervorm na hondebollie – dit is waar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regime is bloot nie instaat om ‘n welvarende ekonomie te skep nie. Dertig jaar se mislukkings dien as voorbeeld. ‘n Hele generasie is reeds agtergelaat, en ‘n tweede generasie word nou agtergelaat.

Elma ·

‘n Tweede generasie word totaal en al verloor. Ons gaan n hele generasie van geskoolde jong volwassenes nie meer hê nie. Al wat gaan oorbly vir ons, sal die ongeskoolde massas en kriminele wees. Dis tragies dat dit SA se voorland is.

annie ·

Onafhanklik onder beheer? Uiteindelik sal SA net krag aankoop van vriende van die ANC wat die party bevorder of kan beheer. Vry het baie betekenisse. Eskom sal krimp tot die middelman en geen krag self opwek nie. Steenkool-uitgevoere vir ander gunsies gelewer. Skepe sal die hawens vol staan met kragdrade van elders na elders gespan. Swart maatskappy sal druppels krag lewer vir groot bedrae en vir brag maar selfdoen sal nooit ‘n werklikheid word nie. Marxisme, krag koop en pledge is die toekoms.

Jack ·

CR al jou geloofwaardigheid is al jare terug vertrap.Jy kan sê wat jy wil en probeer oortuig maar ons lag maar net vir jou.

Schalk ·

Wat drink die ou? In watter RSA lewe hy? Nee om jouself moed in te praat met leuens is die toppunt van desperaat.

Strandloper ·

Toppie zumpie was die onosselste ooit maar die een die slinkste nog met n tukkie van n waansinnige benadering

Hannes ·

“Hervorming”… klink meer soos herstel van bestaande industrieë wat die ANC gebreek het.

JvR ·

Soos sy “family meeting speeches” vir hom geskryf was deur die in beheer, was hierdie een ook vir hom geskryf. Hy kry blanko check om die blaam te vat, en agter die skerms gebeur ander beplanning.

Yvonne ·

“ maak die pad oop” se die president….wie glo hom…hy praat nou vir die verkiesing wat voorle….

George ·

Cyril, hoekom stel jy nie nóg n “taskteam” aan nie, of minister van “hervorming”

Martie Smartie ·

Wat v n hele department v hervorming. Met so paar luukse motors

Martie Smartie ·

Jy het vergeet om te meld van die reuse korrupsie wat gaan plaasvind oor die volgende 10 jaar

Herman L ·

Ons is al so gewoond aan beloftes wat in die niet verdwyn, veral na ‘n verkiesing! CR sal homself en die regering ‘n groot guns bewys deur bloot stil te bly, want dit sal hom daarvan vrywaar om te lieg!

Daisy ·

Vordering??
Publieke transport is nog steeds ‘n nagmerrie
Ons het jare laas ‘n druppel water uit ‘n kraan gebruik
Die paaie raak onbruikbaar
Alles word onbetaalbaar duur
Ens, Ens. Ens
Maar hy vertel hulle vorder…………
Soos my oorlede pa sou se – Ha. bleddie ha-ha

André ·

Die enigste hervorming wat die ANC wil hê is dat daar geen nie-swart mense werkloos moet wees. Dit mag dalk net geraas wees agv 2024 verkiesing. In 2025 pleit hulle weer dat mense terug migreer na SA toe.

Kobus ·

Hy rook nie iets vreemd nie, hy drink nie iets vreemd nie, hy ly doodeenvoudig aan skok. Nou prewel hy onsaamehangend.

etienne ·

CR leef op n ander planeet, hy en sy ANC het nie eers amper n idee hoe om n land te regeer nie.

john ·

Wees geduldig! Grapjas die eenigste ekonomise transformasie is seker in jou eie bank rekening in.

Chris ·

Mens moet tussen die lyne lees – die transformasie sal plaasvind in “Black Rock” en “Vanguard” se voordeel. Hy is maar net ‘n “puppet” van sy hanteerders.

Andrew ·

mededingend en inklusief werk nie saam nie, na 30 jaar moet dit al redelik logies wees.

Jakes ·

Ek neem reeds jare gelede sooibrandpille voor en nadat ek CR se uitsprake lees. Sommige van ons het n gemiddelde IK meneer en jou stories het en sal nooit sin maak nie. Ek sal voorstel dat jy en jou regering liewer terug gaan skool toe sodat julle kan leer wat entegriteit en eerlikheid is. Van leierskap is daar geen sprake nie en dit kan niemand julle leer nie.

kaplyn ·

Ja reg Rammaposa, met julle raswette breek julle vinniger af as wat julle ooit sal kan bou en herstel!

skurweberg ·

Sy kristalbal bestaan uit “Ai” en “Tegnokrasie” wat inderwaarheid geen volhoubaarheid impliseer nie.

marius ·

Die plek is kas toe ou bul . NIEMAND gaan die verval kan herstel nie . Een van die grootste skandvlekke in die wereld.

Jacobus ·

Hy is reg ja, die ANC het klaar die land hervorm van n eerstewereld land na die steentydperk.

skurweberg ·

Ons is nie almal “Globaliste” wat geen waardestelsel het nie. Daarom verstaan ek nie hierdie “transformasiebeweging onder die dekmantel van hervorming nie.

Johan Botha ·

Hou op om die blankes en Indiërs se inisiatiewe te blokkeer met met julle belaglike SEB beleid,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.