‘Werkers g’n gedwing om Afrikaans te praat’ – Huis Herfsblaar

Huis Herfsblaar in Pretoria. (Foto: Tania Heyns)

Die bestuur van Huis Herfsblaar ontken onder meer bewerings dat werknemers van dié aftreeoord in Queenswood, Pretoria, gedwing is om Afrikaans te praat.

“Hierdie bewering en ander soortgelyke bewerings is van alle waarheid ontbloot,” sê die bestuur van Huis Herfsblaar in ’n verklaring.

Maroela Media het vroeër berig dié aftreeoord is tans in loononderhandelinge met verskeie vakbonde gewikkel. Werknemers het sedert 19 Julie aan ’n onwettige staking deelgeneem en die oord was genoop om ’n interdik van die arbeidshof te bekom.

Die interdik is vandeesweek toegestaan en die staking is tot ’n onbeskermde staking verklaar. Dit het egter nie die EFF verhoed om Woensdag na die oord op te ruk om ’n memorandum aan die bestuur van Huis Herfsblaar te oorhandig nie.

Daar word in die memorandum beweer dat werknemers by die oord gebuk gaan onder “onregverdige arbeidspraktyke en rassediskriminasie”.

Lede van die EFF ruk Woensdag op na Huis Herfsblaar in Pretoria. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die Tshwane EFF se arbeidskantoor (labour desk) beweer dat werknemers gedwing word om Afrikaans te praat terwyl bevorderings net aan wit personeel toegestaan word. Dissiplinêre stappe word ook glo teen swart werknemers gedoen wanneer hulle hul “stem laat hoor”.

Die bestuur van die oord sê die protesoptog deur die EFF was nie net vir die bestuur nie, maar ook vir die inwoners en heelwat van die werknemers ’n “onaangename ondervinding”.

Luidens die verklaring is die families van inwoners ook negatief deur die protesoptrede geraak en die oord doen nou alles in sy vermoë toe te sien dat daar weer rus en vrede in die aftreeoord heers.

Huis Herfsblaar versorg tans 450 inwoners van wie sommige ouer as 100 jaar is.

“Benewens die verantwoordelikheid om die verswakte bejaardes te versorg, is die bestuur ook daarvoor verantwoordelik om ʼn veilige werksplek vir sy werknemers te skep. Wanneer onderhandelinge misluk en stakings voorkom, dra die bestuur die verantwoordelikheid om toepaslike veiligheidsmaatreëls binne die grense van die eiendom van Huis Herfsblaar te tref.”

Die oord sê voorts die loongeskille word in samewerking met die werknemers, hul verteenwoordigers en waar toepaslik, vakbonde, hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Jaco ·

Wat van wit werkers as casual labourers gebruik? Die casual kan onbeperk aanhou. Ek vermoed dis ‘n “loophole” om by regstellende aksie verby te kom.

Herman L ·

Waarom word die EFF toegelaat om te betoog by iets wat niks met hulle te doen het nie! Daar is wetlike maniere om geskille tussen wernemers en werkgewers op te los. Dit behoort onwettig te wees om te betoog by sake waarby die betogers geen belang het nie. Hoeveel skade moet daar nog in Suid-Afrika aangerig word?

SjN ·

Die wat nie tevrede is kan mos hul pie vat en waai, dus hul eie keuse, daar is baie ander wat snag na werk.

Cecilia ·

Ek stem SjN. As jy nie happy is nie. Gaan werk erens anders. Werk is mos vollop vir d ander kleuriges. Stel blankes aan wat nie aan vakbonde en nonsens gaan behoort nie!

Blikke ·

Die hele debakel het in elk geval niks met die EFF te doen nie….hulle is kwansuis ń politieke party en nie ń vakbond nie !!!

Michael ·

Hoekom kry hulle nie wit werkers by the ouertehuis. Ek dink daar is genoeg wit mense in SA wat hierdie werk wil doen.

Miskruier ·

En as klieënt Afrikaans praat is hy seker geregtig om in sy taal gehelp te word.

Johnny ·

Indien die persoon aan wie jy die diens lewer – en wat betaal daarvoor – Afrikaans is, dan praat jy met hom Afrikaans.
En as jy nie daarvan hou nie, gaan soek vir jou ander werk.

Maria M S ·

Johnny, my mening nog al die jare maar deesdae is dienslewering ook nie meer wat dit was nie.

Tiptol ·

Word ‘n Afrikaanse instansie en werf net werkers wat Afrikaans kan en wil praat.

melaney ·

Raak ontslae van julle probleem. Bejaardes wil in vrede met hul lewens aangaan.

Ovelia ·

Malema is dt al wanneer jy n kans kry om bollie te prazt. Die wt ni wil werk nie – uit. Dazr is baie wt werk soek

Dup ·

Alles gaan oor intimidasie en ontwrigting van die bestaande orde.Die rooi barets duld nie enigiets wat goed werk en suksesvol is nie;hulle wil dit dadelik vernietig!

Di ·

Baie van hulle wat by ouetehuise werk het geen passie vir die werk nie, soek net n salaris en verder hopeloos! Het self gesien toe my ma in ouetehuis was, meer drama as plesier gehad met hulle. Het die oumense daar baie sleg behandel en help nie jy le n klagte nie. Kry wit mense om daar te werk, hierdie klomp kan by die eff gaan aanklop vir werk

Willem ·

Dis waar. My ma was in privaat ouetehuis en sy kon níks vaste kos eet nie want sy kon dit nie binne hou nie en tog het die werkers elke dag vir haar vaste kos gegee. Sy is ‘n maand na sy na daardie tehuis toe is oorlede.

Cecilia ·

Ek lees onwettig en onbeskermende staking. Vlgns my kennis v d Arbeidswet is dit dan d werkgewer se reg om n dissiplinere verhoor te hou. Met of sonder d stakers teenwoordig. En kan d tipe onwettige/onbeskermende staking lei tot afdanking vd betrokkenes want dis niks anders as “dros” nie.
So wat sukkel D werkgewer so met d klomp lui ondankbare kaders.
Hou n Dissiplinere verhoor en dank d spul af. Daars genoeg ander mense wat met graagte d werk sal aanvaar.

Oumensies moet nie deur sulke trauma gesit word nie.

david ·

Janee, hier is die HELDE VAN DIE REWOLUSIE weer in aksie,!
As hulle nie skole teiken nie dan is outehuise. Hoe dapper ..!

Ek word telkens herinner aan daardie paragrafie in die ANC se dokument
tydens hulle beplande rewolusie by Rivonia in 1963:

Shamelessly attack the WEAK and shamelessly flee from the strong..
Bejaardes en kinders tel tog sekerlik onder die swakkes van ons samelewing?

Schalk ·

Jy werk vir geld en as jy nie gelukkig is nie gaan soek ander werk. As die werkgewer elke probleem moet verander vir elke werker sodat hy of sy gelukkig voel maak dit mos nie sin nie?

Sê Ook Maar Net ·

Wat my verstom is dat daar meer as 50 EFF lede vergader het en die polisie doen niks.

Konrad1226 ·

Die SAP het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. Daar was meer SAP en GPF lede as EFF. Die optog was vreedsaam en ordentlik. Mense is aangeraai om konfrontasie te vermy en nie die EFF te gee wat hulle wou hê nie. Ek woon vier huise van die tehuis.

annie ·

Seker ‘n familielid van ‘n EFF wat gefouteer het en nou deur die gang ondersteun word. Die klagte oor Afrikaans is uit die 1976-skoolkinderopstandshandboek opgedis. Hoekom in die eerste plek by ‘n Afrikaanse onderneming gaan werk? Hoekom besig die EFF Engels? Dis ook ‘n witmenstaal.

Flip ·

Ek is seker ALMAL van hulle was 100% Afrikaans magtig toe hulle vir die werk aansoek gedoen het…..

Jack ·

Ons ken almal die anc en sy volgelinge se taktiek. Dit is altyd net die swart persoon wat mishandel word. Hierdie onwaarheid het sy oorsprong by politici en meelopers. Demografies behoort daar min van die swart werkers in dien gestel te word weens die oorwegend wit afrikaner inwoners. Dit sal die angel uit die aanslag neem.

twaalfboor ·

Dank hulle almal af en stel blankes aan. Daars BAIE werklose blankes wat die geleendeid sal aangryp.

Henk ·

So aat hulle gaan, daar is baie ander mense sonder werk en ek is seker hulle sal.tou staan vir n werk

Konrad1226 ·

Die beriggewing in die media was spekulatief laas week met inligting soos “verneem van ‘n betroubare bron”. Swak joernalistiek en uiters eensydig wat gerig was om emosies op te werk. ‘n Werkplek wat suksesvol is hang af van hoe gelukkig hulle werkers is. Daar is meer hieragter wat onder die mat ingevee word. Publiseer asb die feite nadat alle partye formeel verklarings uitgereik het.

Erika ·

As Daar loongeskille is Daar Regte manier van dinge Doen.
As hulle regtig liefde vir medemens gehad het in hulle werk – ‘ Genuine Compassion’ sou hulle gedink het aan die bejaardes…..
Daar is baie wat werk soek…… But then Again Hooliganism with violence is the only way sutch Mentality understand to sort out their Issues/ conflict of course with support of EFF.. Tipical

Piet parys ·

As jy nie jou kleinte in sy taal kan bedien nie gaan soek vir jou n werk waar jy jou voorkeur taal kan praat so ” Hamba Kaia “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.