Werkers vir plaasmoord gevonnis

Deon de Bruyn. (Foto: Verskaf)

Die sewe mans wat skuldig bevind is aan die moord op Deon de Bruyn, ʼn boer van Komatipoort in Mpumalanga, en aan poging tot moord op Estelle Jansen, is Dinsdag lang tronkstraf deur die hooggeregshof in dié provinsie opgelê.

Sifiso Happy Madonsela, Solomon Msimango, Raul Mhlanga, Derrick Makamo, Oscar Johannes Chauke, Andy Hendry Mahonga en Fannie Mandla Mkhabela is ook skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede, ontvoering, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en die rig van ʼn vuurwapen.

Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is Madonsela, Msimango, Mhlanga, Makamo, Chauke en Mahonga elkeen tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis, terwyl Mkhabela lewenslange tronkstraf moet uitdien.

De Bruyn is op 17 Junie 2018 op ʼn plaas naby Komatipoort, Mpumalanga, doodgeskiet.

Jansen, wat vir hom soos ʼn “tweede ma” was, is drie keer geskiet, maar het die voorval oorleef. De Bruyn het saam met Jansen op die plaas Simonsvlei met suikerriet, mango’s en groente geboer. Hy is tydens die aanval net bokant die hart geskiet en is op die toneel dood.

Die moordenaars was almal seisoenwerkers wat soms algemene werk op die plaas verrig het.

Die saak is keer op keer om verskeie redes uitgestel en die Covid-19-pandemie het die hofsaak verder vertraag. Die moordenaars het tydens die uitgerekte verhoor onskuldig gepleit, maar is onder meer op grond van betroubare staatsgetuies se getuienisse skuldig bevind. Een getuie het onder meer bevestig dat die moordenaars hom op die dag van die moord genader en ʼn saamgerygeleentheid na die plaas aangebied het.

Nyuswa sê die getuienisse is verder versterk deur die oorlewende slagoffer, Jansen, se eie getuienis oor die verdagtes en die verloop van gebeure.

Die NVG het die vonnisse verwelkom en sê hulle hoop dit sal ander misdadigers afskrik om dieselfde misdade te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Michele ·

15 jaar is nie lank genoeg nie!! Oor 5 jaar is hul uit en dan moor hul weer van vooraf

Waarnemer ·

Oor 5 jaer?3 maande op die langste dan kry hulle parool.

piet ·

Nee. Minimum van 15-jaar, maksimum van lewenslank. Hang af van die graad onder andere. So die perd wat lewenslank gekry het, het waarskynlik fisies die man se dood veroorsaak terwyl die ander medepligtiges was.

Elmarie ·

Wie dink 15jaar is ‘n lang vonnis vir ‘n lewe wat geneem is? Nie eers lewenslank is lank genoeg nie, want hulle is uit op parrol in ‘n paar jaar?

Milestone ·

Ek stem saam met jou. Die vonisse is ‘n grap en glad nie ‘n afskrikmiddel nie. Lewenslank beteken nie “tot jy doodgaan nie”. As jy jonk genoeg is is jy lank voor 50 jaar oud ‘n vry mens. Daar moet ‘n “verewig verwyder uit die samelewing” vonnis wees. Dit voel werklik asof ander tipe misdaad vonnisse swaarder weeg as moord vonnisse.

Harley Davidson ·

Dood voor ‘n vuurpeloton met eerste sonsopkoms sal baie meer gepas gewees het.

Astrain ·

LEWENSLANK!!! Sonder parool!!! Want die jong man is vir ewig dood! Watse simpel straf is 15 jaar???

Papsak ·

Vyftien jaar is hopeloos te kort en te min vir daai daad maar nou mag ons niks se of doen nie nie kyk hoe gaan Chris Hani se vrou nou oor daai ou tekere en hy het hom nie gemartel nie nou hoe dan nou mmm

Christine ·

En Walus het reeds langer gesit as wat sy vonnis was, plus langer as wat die terroriste gesit het op Robben Eiland.

Gert ·

Die berig praat van die moordenaars wat almal seisoen werkers was maar slegs een kry lewenslange tronkstraf. Verstaan nie so lekker die een nie.

Christine ·

Die een het die sneller getrek, die ander was medepligtig.

Johan Tredoux ·

Partykeer wonder ek hoeveel tronkstraf ek sou kry as die rolle verruil was. Dan sidder ek…

Christine ·

Ja, maar dan moet ons onsself staal, want ons gaan valslik gehang word.

Marius ·

En ander mense sit amper 30 jaar met n gekerm as hy uitkom gaan my verstand te bowe

Marcello ·

Die feit is lewenslank is 25jaar, behalwe vir Junus Wallus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.