‘Werkloosheidkoers sal nie verbeter onder huidige ANC-beleid’

Haweloses in Johannesburg (3 Februarie 2022) (Foto: Marco Longari/AFP)

Suid-Afrika het sy hoogste amptelike werkloosheidskoers, 35,3%, aangeteken, volgens Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) se kwartaallikse peiling (QLFS) vir die vierde kwartaal van 2021.

“Die bloedbad duur onverpoosd voort terwyl die regering op sy hande sit. Die DA stel dus oplossings voor aan pres. Cyril Ramaphosa,” sê dr Michael Cardo en Jan de Villiers, die DA se skaduministers vir indiensneming en arbeid en klein ondernemings.

Ramaphosa het verlede maand tydens sy staatsrede erken dat die privaat sektor die enjinkamer van werkskepping is. Hy het ook aangekondig dat ʼn eenheid in sy presidensie aangestel sal word wat hom sal toespits om burokratiese rompslomp te verminder.

“In die lig van die skokkende statistieke wat deur die QLFS onthul is, sal die DA dié eenheid nader om verskeie voorstelle te aanvaar om die vermoë van die klein en mediumgrootte ondernemings (KMO)-bedryf te ontsluit en werk te skep.”

Die DA meen KMO’s moet dringend vrygemaak word om werk te skep, aangesien daar byna 12 miljoen werklose Suid-Afrikaners is.

Die party sal die hoof van die rompslomp-eenheid in die presidensie, Sipho Nkosi, skriftelik nader met die volgende voorstelle:

  • Verwyder veeleisend SEB-vereistes vir KMO’s. SEB-wetgewing hou KME’s vasgevang in ʼn duur web van burokratiese rompslomp. Dié regulasies moet in sy geheel geskrap word om KMO’s die kans te bied om regverdig mee te ding en hul ondernemings te vergroot.
  • Boetes moet opgelê word wanneer daar versuim word om KMO’s binne die 30 dae-periode te betaal. Volgens onlangse parlementêre reaksies aan die DA sukkel meeste staatsdepartemente en entiteite steeds om KMO’s binne die voorgeskrewe 30 dae te betaal. Die DA sal voorstel dat die boetes gehef word teen staatsdepartemente wat versuim om KMO’s betyds te betaal.
  • Stel ʼn KMO-ombudsman aan. KMO’s in Suid-Afrika het bitter min moontlikhede wanneer hulle in ʼn sakedispuut gewikkel raak. Die KMO-ombudsman sal as ʼn arbiter optree om enige dispuut op te los wat deur ʼn KMO aanhangig gemaak word.
  • Stel kwytskeldings in van die vaardigheidsontwikkelingsheffing (SDL). Die SDL is niks meer as bykomende belasting op KMO’s wat probeer om kop bo water te hou nie. Gebaseer op ʼn onderneming se grootte en jaarlikse omset, moet KMO’s kwytgeskel word van SDL om hulle ruimte te bied om te belê en te groei.

“Ramaphosa se kabinet kan nie voortgaan en sy kop in die sand begrawe en hoop dat die werkloosheidsprobleem sal verdwyn nie,” sê die DA. “Teen die koers waarteen die KMO-bedryf versaak word, sal die Nasionale Ontwikkelingsplan se doelwit, om 90% nuwe poste in die bedryf teen 2030 te hê, ʼn dagdroom bly.”

Intussen sê Heloïse Denner, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor arbeid, dat die styging in die werkloosheidskoers geen verrassing is nie.

“Die styging vanaf 34,9% in die derde kwartaal van 2021 tot 35,3% in die vierde kwartaal, is ʼn aanduiding van mislukte ANC-beleid en dit sal nie onder die huidige regering verbeter nie.”

Denner meen werkloosheid sal aanhou styg soos wat die ANC aanhou om geykte politieke ideologieë deur middel van wetgewing en ander struikelblokke op die werkgewers en werknemers van Suid-Afrika af te dwing.

“Die onlangse wysiging van die Wet op Gelyke Indiensneming wat die minister van arbeid in staat stel om sekere sektorale teikens – soos in die mynboubedryf – vas te stel, is een so ʼn voorbeeld. Dit terwyl hierdie bedryf in die vierde kwartaal sowat 4 000 minder werknemers in diens gehad het – ’n inkrimping in werksgeleenthede van 3,5%.”

Sy meen die toestand van plaaslike regering kniehalter plaaslike ekonomieë wat veroorsaak dat KMO’s, veral op die platteland, nie meer doeltreffend kan handel dryf nie. Verskeie werksgeleenthede gaan ook so verlore.

“Die gebrek aan behoorlike basiese dienslewering, soos volgehoue water- en elektrisiteitsvoorsiening, vullisverwydering en die instandhouding van infrastruktuur soos paaie, plaas reuse struikelblokke in die pad van privaatsektor-werkgewers.

“Dit is die gevolg van die ANC se totale onvermoë om munisipaliteite behoorlik te bestuur. Stygende insetkostes, soos die brandstofprys en beperkende arbeidswetgewing, maak werkskepping uiters moeilik onder hierdie omstandighede.”

Die durf van die privaat sektor as die grootste werkskepper in die land, ten spyte van ʼn gebrek aan staatsondersteuning, moet te midde van hierdie moeilike omstandighede geloof word, voeg Denner by.

“Ten spyte van verskeie werksverliese – sowat 500 000 sedert dieselfde tydperk in 2020 – kon die landboubedryf daarin slaag om 57 000 meer werksgeleenthede as ʼn jaar gelede te skep. So ook het werksgeleenthede in die finansies- en gemeenskapsdiensbedryf toegeneem. Dit wys dat Suid-Afrika se mense die kundigheid en die wil het om die land uit sy huidige ekonomiese moeras te trek sonder die onbevoegdheid en invloed van die ANC-regering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Louwrens ·

Dis waar. Alles is al so te sê tot niet in hierdie eens vooruitstrewende land, als te danke aan die anc

casper ·

Die populasie kry presies waarvoor hulle gestem het !!
Geen simpatie nie !!

Louwrens ·

Stop al hierdie “grants” die bevolking kry kleintjies soos katte net om die “grants” te kry.
Draai terug na GOD en pas dissipline toe dan sal kinders nie kinders verwek net om gratis geld te kry nie…

Di ·

Verseker! Dis AL wat hulle goed kan doen – onlangse statistiek het berig dat van hulle so jonk as 10 jaar al swanger raak, WAAR in jou lewe het jy so iets gesien. Dis hoekom Minister van Onderwys die uitlating gemaak het van “open the books and close the legs”

Cobus ·

Solank as wat die ANC aan bewind is, sal werkloosheid slegs styg. Almal weet hoekom.

Nico ·

Vandat die ANC regering oor geneem het, het alles tot ‘n val gekom, stop alle grants, die unies moet ook ontbind word, kyk ook na die bevolkings aanwas. Stop die covid 19 pandemie besighede gaan tot niet as gevolg van die pandemie net sekere persone in die ANC regering maak sakke vol geld. Hierdie covid 19 het elke jaar ‘n ander variasie, so dit sal nie stop nie. Daar is nog steeds van die ANC lede wat te hoog wil lewe. Die misdaad syfer is ook te hoog, die minister van polisie en die sapd kan nie nie hierdie misdaad syfer afbring. Die ANC regering en die minister van polisie is die oorsaak van al die misdaad so ook die regstelsel.

Lillian ·

En die armste van arm stem steeds vir die hopelose anc wat duidelik besig is om uit mekaar te val. En ek sal aanhou bid, my God is groot!

Nie Verbaas ·

Laat ons maar nou finaal erken dat daar n totale intellektuele tekort in die regering is en totale verwoesting van baie lewens is onafwendbaar. Hulle gee n flenter om vir hulle eie en ander nog minder.

Kobus ·

Hoeveel “werk” is deur Zuma en Ramaposa belowe? Tussen hulle twee iets soos 11miljoen? Hulle moet verward wees met al die ekonomiese woorde waarvan hulle beslis nie veel verstaan nie

Wondermaarnet ·

As die syfer reg verdeel word, sal die syfer heelwat laer wees. Mense wat ongeskik is, of afgetree het tel ook onder werkloos. Meerderheid WIL nie werk nie. Die leuse is mos “I want, I want”.

Ina ·

Hoekom is Gesinsbeplanning ‘n heilige koei in SA. Dis reeds meesal die “Grant” begunstigdes wat in hul later lewe werkloos is. Stop vergoeding vir aanteling………..

Aikie ·

Op punt twee moet die agterstallige munisipaliteit nie beboet word nie, maar wel die munisipale werker wat nie sy/haar werk gedoen het nie. Om die munisipaliteit te beboet plaas die las net op die eind gebruiker of te wel die man op straat wat sy water en ligte betaal.

casper ·

Die populasie kry presies waarvoor hulle gestem het !!
Geen simpatie nie !!

Alfred E Neuman ·

Die anc moet die enigste organisasie op die planeet wees wat die slegstes van die slegstes aanstel as leiers. Dié land is tot niet, en kan nooit weer herstel word nie.

Jr ·

Maar hier in Carletonville HET hulle werk maar hulle strike vir 300 rand. Verloor DUISENDE in salaris, bonuses, en ondergrond toelae VIR 300 RAND. That’s real AFRICANASITY

Dogmanet ·

Skep ‘n werksgroep om slaggate toe te maak. Daar kan die regering maklik 1 miljoen mense werk gee om al die slaggate baas te raak, en betaal hulle met die geld wat hulle op Kuba wil uitgee.

Harley Davidson ·

Geboorte beperkings is al wat sal werk om inisiatiewe soos die grants vir kinders aan te bied vererger die sitsuasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.