Werknemer verkoop glo Transnet-vraghouers

(Foto: Transnet Freight Rail)

Transnet Freight Rail (TFR) het interne ondersoekbeamptes en wetstoepassers geloof vir die vinnige optrede om ʼn werknemer in hegtenis te neem wat verbind word met die onwettige verkope van Transnet-vraghouers.

Die bestuur van TFR se Polokwane-depot het ʼn wenk van ʼn anonieme persoon ontvang dat die vraghouers glo vir R40 000 elk verkoop word.

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur en daar is bevind dat agt vraghouers vermis word. ʼn Transnet-werknemer is deur verdere ondersoek geïdentifiseer as die verdagte. Ooggetuie-verslae is bekom en ʼn saak van bedrog en diefstal is by die polisie in Polokwane aangemeld. Die man is Dinsdag in hegtenis geneem.

Marius Bennett, algemene bestuurder van veiligheid en forensiese dienste by TFR, sê hy hoop die inhegtenisneming sal ʼn duidelike boodskap uitstuur dat die organisasie hoegenaamd nie diefstal of enige misdadige aktiwiteit duld nie.

“TFR is die ruggraat van die vragspoorbedryf in Suid-Afrika en ons het ʼn plig om soomloos en deursigtig te bly in al ons besigheidsaktiwiteite. Hierdie tipe voorvalle skep ʼn slegte presedent en doen skade aan ons reputasie,” sê Bennett.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Marisa W ·

Eers na hulle, ‘n wenk ontvang het – hoe hou hulle dan boek van wat daar aangaan?

Andre ·

Arme man. Die grootbase gun hom ook niks. Wil alle diefstal vir hulleself hê.

Nie Verbaas ·

Marius behoort by nou al te weet dat sekeres maar net nie hulle kloue van goed kan afhou wat nie aan hulle behoort nie.

Elméne ·

Oh man, dan kan ons sing “happy days are here AGAIN”!!!!!

Nie Verbaas ·

Plig om soomloos en deursigtigtig te bly? Jy maak n grap meneer. Nie waar SEB aan die orde van die dag is nie.

Danie ·

Kyk een ding is verseker skelms het geen tekort aan inisiatief.

Andre ·

Hoop hy verkoop Frikkie ; minister van transports se Transnet ook

Veronika ·

Ag genade tog watse reputasie!?! Dis n grap! As jul nie n wenk gekry het nie sou jul nou nog niks geweet het nie!! Tsk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.