Wes-Kaapse drankwinkel van ‘duur drank’ beroof

Die betrokke drankwinkel wat deurgeloop het. (Foto: SAPD)

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ’n saak van inbraak nadat daar Dinsdag in die vroeë oggendure by ’n drankwinkel in Bothasig in Kaapstad ingebreek is. Dié voorval volg enkele dae ná pres. Cyril Ramaphosa weer die drankverbod ingestel het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê ’n sekerheidsmaatskappy het die eienaar van die betrokke drankwinkel in die Village Centre in Vryburgerweg omstreeks 04:35 in kennis gestel dat die alarm van die winkel afgegaan het.

Die eienaar het hom na die perseel gehaas waar hy met sy aankoms opgemerk het dat die veiligheidshekke voor die winkel met geweld verwyder is. ’n Venster langs die voordeur was ook gebreek.

Volgens Potelwa is aansienlik baie duur bottels drank gedurende die voorval gesteel.

Die polisie doen nou ’n beroep op mense om met enige inligting rakende die voorval na vore te kom. Inligting kan gedurende kantoorure by sers. Jonathan Kriel by 021 558 3688 of by 079 894 0095 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Prikkie ·

Dit sal nou nie as regstellende inkopies beskryf kan word nie.

Dirk ·

Daar begin dit.Dagvaar sommer die klomp idiote wat die verkoop gestop het..

Misky ·

Dis maar net die begin en wat wel die nuus haal. Ons weet nie eens van die honderde ander gevalle wat daagliks gebeur nie. Met aankondiging van level 5 lockdown was mense gewaarsku en kon voorberei, die keer net BOOM en die bom laat val. “Our people” voel tenagekom en gaan vat wat hulle wil, want niks gaan gebeur met hulle nie.

Spyker ·

Hulle kon darem net “Last Round” geroep het en die Bar Maandagaand gesluit het

Renee ·

Ons is terug na level 5 al verskil is dat ons moet gaan werk, die wat wel nog n’ werk het.

Tokkel ·

Dit is agv hierdie rampokkers wat hulle nie kan gedra, dat alkholverkope weer verbied word.

Harry ·

Dis wat mens kry met outokratiese afdwing van beleid. Wetsgehoorsame burgers lei onder misdaad.
Wetstoepassers – afwesig.
Frustrasie met owerhede – onuithoubaar.

Remlut ·

Ek het al baie idiotiese besluite gesien maar DIE regering vat die koek !

Scalla ·

Ellie, hoekom kameras, dit is mos nie hulle sin nie, dit gebeur want daar is nie wet en orde nie!!!

Ellie ·

Almal weet daar is nie wet en orde in die land nie. Maar die kameras sal kan help om die diewe uit te ken en vas te trek!

JohanR ·

Die mense is dors. En daar kom Bheki Cele nou uitasem aan gehardloop, om persoonlike ondersoek te doen. Kan jy glo mens betaal die idioot oor die R1.5 miljoen ‘n jaar!

Patch ·

Ons president maak ‘n onbenullige aankondiging en drankwinkel eienaars ly skade. Onthou asb, jy mag nie drank koop nie maar jy mag in ‘n 110% vol taxi ry. Jy mag gaan fliek, uiteet en in besige winkelsentrums gaan rondloop, maar nie by jou ouers ‘n draai gaan maak nie. And the circus show continue…….

marius ·

Swart Rooi en Blou etiket drank is ‘n status simbool by die wat met ontwerpersklere en blink motors spog . Dis waar dit heen is .

Isabella ·

Niks nuut ni!!!! CR mut taxis ook verbied want hul ry van provinsie tot provinsie …mar drank sal hy afskaf sodat daar meer diefstal sal plaasvind …kry kampe waar mense kan gaan vr drank misbruik en behandel kan word..moenie di restaurante straf want daar kan reels ingestel word dat restaurante nt n aantal drankies kan verkoop per klient wat kom uit eet mar nou word dt tot di uiterste gedoen omdat sekere mense ni by wette kan bly

Fedup ·

Three days? Honestly, really. What the hell?
You must be freaking kidding me.

Etienne ·

Kom kom Cele! Wys ons nou wie is baas… ‘n man wat so baie praat en spog met sy troepe moet nou inkyk!

Jacobus ·

Jy kan alles inperk maar as “ou people” dors is doen ons maar affirmative shopping. Welgedaan aan ons vernietigings “cluster”, NDZ, CR EN ZM.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.