‘n 14-jarige seun van Secunda in Mpumalanga is dood nadat hy op die N2 in Umgababa buite Karridene in KwaZulu-Natal deur ‘n motor raakgery is.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die seun en sy vriend het glo oor die hoofweg gehardloop. Die seun se hoed het glo afgewaai en hy het omgedraai om dit op te tel toe hy deur die motor raakgery is.
Botha sê met paramedici se aankoms op die toneel het die seun in die pad gelê. Hy is op die toneel dood verklaar. “Paramedici het vir die wittebroodspaartjie op die toneel berading gegee aangesien hulle baie ontsteld was.” Die egpaar is nie in die ongeluk beseer nie.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
‘n Ongeluk gebeur so vinnig! Ek is baie jammer vir die ouers en familie van die seun. Sterkte vir die pasgetroude paartjie.
Maroela – is die seun 12 of 14? Opskrif dui aan 12 maar berig dui aan 14.
Ek geniet die platform baie! Hou aan met julle goeie verslaggewing en werk.
Seun se naam dalk asb? En watter skool hy was? My kind is ook 14 en van Secunda, dalk ken ons nog die seun??