Woede ná video oor ‘polisiewreedheid’

‘n Skermgreep uit die video wat wys hoe die man met knuppels bygedam word. (Skermgreep: Twitter)

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het reeds ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn video, wat wys hoe twee polisiebeamptes ʼn man op die grond met ʼn knuppel bydam, die afgelope naweek wyd op sosialemediaplatforms versprei is.

In die video kan gesien word hoe die man op die grond lê terwyl twee mans, geklee in polisieuniform, hom voor ʼn polisiebakkie bydam. In die agtergrond kan gehoor word hoe ʼn vrou, wat klaarblyklik besig is om die voorval te verfilm, vir die polisie skreeu en vra wat hulle doen.

In die video (lesers word gewaarsku dat dit kru taal bevat) kan ʼn man ook gehoor word wat sê dat hy die polisiebeamptes met pepersproei sal spuit omdat dit ʼn voorval van polisiewreedheid is.

Die beweerde slagoffer wou glo ʼn vermiste persoon aanmeld, maar uit die video is dit nie duidelik wat tot die onderonsie met die twee beamptes aanleiding gegee het nie.

Opod sê die saak is na sy Wes-Kaapse kantoor verwys en hulle sal die voorval ondersoek.

“Die kantoor sal terugvoer gee sodra hul werk afgehandel is.”

‘n Omstander het glo gedreig om een van die beamptes met pepersproei te spuit. (Skermgreep: Twitter)

Die Vishoek-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het op sy Facebook-blad geskryf die voorval van beweerde polisiewreedheid is ook onder sy aandag gebring. Twee lede van die GPF is daarna na die polisiestasie om na die welstand van die betrokke lid van die publiek navraag te doen.

“Die GPF is toegang tot die gearresteerde individu in die selle, om sy toestand te bepaal, geweier,” lui ʼn verklaring van die forum.

“Polisielede aan diens het geweier om die sosialemediaplasing en video van die voorval as bewysstuk in ontvangs te neem en het albei GFP-lede fisiek uit die stasie verwyder.

“ʼn Klag sal aanhangig gemaak word en ons sal voortgaan om [die omstandighede rondom] die oorspronklike voorval op te volg.”

Luidens ʼn boodskap wat op sosiale media die ronde doen, het ʼn inwoner tydens die voorval die polisiestasie gebel. ʼn Beampte daar het glo aan die persoon gesê “daar moet ʼn heel goeie verduideliking wees vir waarom hulle hom slaan”.

Die persoon wou glo by die polisiebeampte weet of dit normaal is om iemand wat op die grond lê te slaan, waarna die beampte luidens die boodskap glo gesê het miskien is hy “nie normaal nie” en toe die oproep beëindig het.

  • Die Wes-Kaapse polisie is genader vir kommentaar en hul reaksie sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

domheks ·

Cele – dis mos nou jou mense! Met ‘n knuppel terwyl die man op die grond le? Twee teen een? Geen respek vir die polisie beamptes nie, hulle is nie daar om pak uit te deel nie.

Christine ·

Die onskuldiges word aangerand en die kriminele ontsnap uit die tronke.

Nie Verbaas ·

En dit is presies hoekom daar geen respek meer vir hulle is nie. Die twee brawe menere is n voorbeeld van die tipiese gemors wat mense respek vir polisie laat verloor.

Misky ·

Absoluut skokkend!!!!!! As die kleur grens van beamptes anders om was, was die land alreeds aan die brand.

Johan ·

Die land…nee vriend “die Wêreld”! Maar dit is nie die hoofstroom se veldtog nie, die media is teen die westerling gerig.

Mariana ·

Ek stem saam met Misky, as hierdie wit beamptes was wat ‘n swart man so aangerand het was daar al groot drama. Die man is nie ‘n krimineel nie, maar word erger as een behandel. Hoe is dit reg?

Leon ·

Mags misbruik op sy beste. Het mos n “minister” wat se hy sal hul beskerm. DA moet nou sy staal wys en sorg dat beamptes geskors word.

Net ek ·

Ag asb, die DA staal wys en opstaan teen sy bed maatjies, nie in hierdie leeftyd nie!
Hulle sal eerder die 2 beamptes verdeding en beweer dat daar rede was. Dis hoekom ek ‘n privaat sekuriteits maatskappy betaal, wat die polisie is nie betroubaar nie.

Louis ·

Nie geskors word nie maar summier afbetaal word en hul pesioen verloor. Dan sal hulle leer

Kobus ·

Nou is die vraag; Wat gaan agbare Gaum en Nissen van die MRK doen? Hulle stilswye is merkwaardig

Willem ·

En waar is Julius en sy rooi tshirt brigade. Hoekom betoog hulle nie

Nadine ·

Mags gebruik.
Hulle dink daai uniforms gee hulle die reg om enige person te behandle net soos wat hulle wil.
My eerlike opinie hulle moet die polisiemanne eers stuur sodat hulle ‘n menslikheids kurses voltooi voordat hulle as ‘n polisieman aangestel word. Het die naweek dit weereens ondervind.

Kokerboom ·

Dit gebeur as jy krummels aanstel!
Ek kon nog nooit verstaan dat jy in baie gevalle iemand in polisiemag aanstel wat niks in lewe het, nie eers behoorlike skoolopvoeding, hom/haar(meeste gevalle ‘n hom), geen of min diskresie, ‘n basiese opleiding gee, uitrus met ‘n wapen en dan toelaat dat persoon regpleeg en besluite neem oor reg en geregtigheid!!!

Lourens ·

“Beweerde” polisiewreedheid? Dis so duidelik soos daglig!

Samuel ·

Ek het my kleinkinders gewaarsku om nooit wanneer hulle bang of in nood is,’n polisiebeampte te vertrou nie. In SA moet jy bang wees vir diegene wat veronderstel is om jou te beskerm.

Hennie ·

Kom ons wag maar vir die volle verhaal. Hoekom sal die polisie net hardhandig begin optree? Hier is meer aan dié storie as wat die video vertel

Brakanjan ·

Wanneer laas was jy by ‘n polisiestasie gewees? Hulle is arrogant en moedswillig en sodra jy aandring op diens dan raak hulle aspris. So wil graag hoor watter storie hulle kwytraak om hulle optrede te regverdig.

BenA ·

Nou vra ek wonder mense nog hoekom SAPS lede geskiet en ook aangerand word….Dit is dkokend en onaanvaarbaar…

Papsak ·

Ja hulle moenie die uniform van polisie dra nie want hulle het nie maniere nie wat Cele nou van sy blou kaders sies skande hulle moet mense help en beskerm maar nee hulle rand liewers mense aan

Brakanjan ·

Dit is ‘n nagmerrie as jy iets by die polisiestasie moet aangee. Hulle is arrogant en moedswillig en sodra jy aandring op diens dan raak hulle aspris. En nie eers gepraat van die rassime nie… So wil graag hoor watter storie hulle kwytraak om hulle optrede te regverdig.

Benn ·

Wat ‘n skande!…..en hierdie video gaan internasionaal gesien word!

Hannelie ·

Sies Cele vir jou mense……julle dink jul BESIT Suid-Afrika!!!

Hannelie ·

Baie van die polisiebeamptes dink mos as hul uniform aanhet, hul is die kat se snorbaarde.

Darts girl ·

En nou wil hulle he ons moet ons lewens in die hande van die polisie sit om ons te beskerm, oor my dooie liggaam. Ek sal myself eerder beskerm.

Ek hoop en bid die man is okay

George ·

Hulle weet die whiteys gaan niks teenoor die polisie doen nie, as dit ons bruin of selfs afrika broers was, het die polisie twee keer gedink. Die wittes moet ook begin opstaan teen die bullies, moes daai pepperspray leeg maak en die ander mannetjie ook vasvat, wapens weg vat, en hul daar gelos het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.