Woede oor tugstappe teen Curro-onnies wat nie inent

Sommige beskuldig die privaatskolegroep van boeliery weens sy voortgesette beleid van verpligte inenting teen Covid-19. (Argieffoto: Curro)

Meer as 1 000 mense het reeds ʼn aanlyn petisie teen die privaatskolegroep Curro onderteken waarin hulle hul misnoeë met die groep se voortgesette verpligte inentingsbeleid teen Covid-19 te kenne gee.

Curro is een van min groot maatskappye wat inenting teen Covid-19 vir sy werkers verplig. Wetgewing vereis nie dat burgers teen Covid-19 ingeënt word nie en groot instellings soos die staatsdiens en mynmaatskappye – wat derduisende mense in diens neem – het dit nie verplig nie. Enkele groot maatskappye, onder wie Discovery, Woolworths en Dis-Chem, het dit wel gedoen. Woolworths en Discovery het die verpligte inentingsbeleid intussen opgeskort.

Die petisie teen die verpligte inentingsbeleid lui dat Curro “briljante onderwysers ontslaan” wat nie aan die verpligte inentingsbeleid voldoen nie en dat dit “fundamenteel verkeerd” is.

Die beleid word as verouderd bestempel en ʼn beroep word op Curro gedoen om die beleid te laat vaar, soos ander maatskappye reeds gedoen het.

“Ek is woedend oor die verpligte inentingsbeleid wat volgens my oningelig, misleidend en nou ʼn verouderde standpunt is, veral gegewe die huidige stand van die koronavirus. Curro is ʼn skool en die onderwysers is vir ons kinders soos tweede ma’s,” lui die kommentaar van een ouer.

Die beleid word ook as “skandelik” bestempel.

Nog iemand wil weet hoe Curro dit regverdig dat ouers wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie steeds toegang tot die skool kry, maar onderwysers verplig om ingeënt te word.

Sommige mense sê ouers is boonop nie oor die besluit geraadpleeg nie en dat onderwysers, nes alle ander mense, ʼn keuse oor inenting gebied moet word.

“Curro is gekant teen boeliery. Is dít nie boeliery nie?”

Nog iemand beskuldig Curro daarvan dat hy personeel se grondwetlike regte vertrap, terwyl ʼn ander sê onderwysers moet uitgelos en toegelaat word om hul werk te doen.

Marí Lategan, woordvoerder van Curro, sê die maatskappy het ʼn verantwoordelikheid om te verseker die “regte van individue word altyd eerbiedig”.

Sy sê die bied van ʼn veilige ruimte vir personeel, leerders, ouers en die gemeenskappe wat hy bedien, bly ʼn top-prioriteit – nie net om te verseker die maatskappy is maatskaplik verantwoordelik nie, maar ook ingevolge die beleid vir gesondheid- en veiligheidsvereistes.

“As organisasie wat met menslike kapitaal werk, het Curro dus ná raadpleging met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ʼn verpligte inentingsbeleid vir personeel opgestel en uitgereik,” sê Lategan.

Volgens haar was daar ʼn omvattende beraadslaging.

“Die groep neem kennis dat die meerderheid van die personeel aan die beleid voldoen.

“ʼn Klein groep werknemers het egter versuim om daaraan te voldoen en die groep het derhalwe met ʼn dissiplinêre proses begin.

“Daar moet kennis geneem word dat die werkers wat tans deel vorm van die tugproses juis werkers is wat doelbewus geweier het om aan die maatskappy se beleid te voldoen, asook aan die geleentheid wat aan hulle gebied is om hul kommer en/of geldige redes waarom hulle nie voldoen nie, te bespreek,” sê Lategan.

Die maatskappy het nie aangedui hoeveel personeellede wat nie ingeënt is nie, geskors of afgedank is. Curro het ook nie ʼn aanduiding daaroor gegee of hy beoog om die beleid mettertyd te hersien nie.

“Curro Holdings gaan nie in hierdie stadium enige verdere besonderhede deel nie, maar benadruk sy voortgesette verbintenis tot voldoening aan wetgewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Harley Davidson ·

Hierdie is diskriminasie in sy ergste vorm dit moet jou keuse wees ,die wat ingeënt is het niks om te vrees en die wat nie die merk wil hê nie weens Godsdienstige redes moet vry wees om hulle regte uit te oefen.

KatjieDeKat ·

Nie net weens godsdiens redes nie, weens gesondheids redes!! Ek soek nie die clotshot nie, of ek nou christen, heiden of hond aanbidder is. Niemand behoort gedwing te word om die vax te vat nie, en dit nogal vir n siekte met 98,5 of 99% oorlewingskoors. Belaglik en verregaande! This is not airborne Rabies or Ebola for heaven’s sake!

Martie ·

Ek het dit oorweeg om my kind by Curro in te skryf vir 2023 – daar gaan daardie idee. BOIKOT HULLE!

Koen ·

Ja right. Net soos Spur en DSTV geboikot word. Dan kyk almal Voetspore op DSTV en gaan vie fees by Spur. Julle boikots werk nie en dis ‘n grap.

KatjieDeKat ·

Maar dit sal werk as mense hulself kan Dissiplineer om te Hou by die boikots. Grow some serious principles, people. Grow some fortitude, inner stength and thereby grow POWER to effect change.

Delia ·

Ek stem saam Julia. Afrikaans sprekendes, kry ruggraat. Hou op om keyboard warriors te wees. Sluit aan by Solidariteit en Afriforum wat nog iets probeer. Teken petisies. Doen net iets.

Mariska ·

Solidariteit het n ander onderwysersgroep in die steek gelaat en die hof het die saak uitgegooi. Alhoewel die groepe goed is, hulle kon nie in die situasie help nie.

otter ·

Moenie , ek voel dit is bitter onregverdig wat curro doen . Ek gaan my 3 kinders uithaal , ek weet van n paar mense wat hul kinders gaan uithaal as gevolg van die inenting mandaat. Dit is nie net onderwysers wat hier deur loop nie dit is hul gewone admin staff en hul werkers wat kyk na instandhouding ens…. Hulle is besig om die beste mense uit te werk net om weer plek te maak vir ander. Ek kannie my kind se toekoms so te na kom om hulle daar te los nie !

Mariska ·

Ek dink nie boikot is die antwoord nie, meer onderwysers en ander werknemers sal dan afgedank word as daar nie geld is om hulle te betaal nie. Die hele idee is dat personeel hul werk kan hou.

KatjieDeKat ·

Dan kan hulle Curro dagvaar vir verlies van hul werk, daar is n idee! Curro se drakoniese besluit het die Geregverdigde boikot veroorsaak, wat Direk gelei het tot hul werkloosheid. As long as people meekly accept draconian overlordship, they shall be slaves.

VaalDonkie ·

Mariska, onderwysers verloor in elk geval hul werk. Curro moet ‘n slag leer wie rerig baas is en wie net ‘n skool is.

Manie ·

Maak hulle seer waar hulle dit die ergste voel, in die beursie.

Johann101 ·

Voldoening aan wetgewing, ja regtig… Watse wetgewing?… Net nog ‘n instansie wat die narrative v.d die anc banana regering ondersteun & dryf…
Volgende waarmee hulle gaan kom is verpligte inenting vir alle skoliere?…

VaalDonkie ·

Jy moet daai vraag aan hulle vra op die volgende oueraand of iets.

Johan ·

Jy mag nie op Curro se databasis wees vir oorweging indien jy nie bewys aan hulle voorsien dat jy as kandidaat reeds ingeent is nie. Hulle het ‘n tydjie terug massas e-posse aan almal gestuur met daardie strekking aan individue wat op hul databasis was.

Henri ·

“Curro Holdings gaan nie in hierdie stadium enige verdere besonderhede deel nie, maar benadruk sy voortgesette verbintenis tot voldoening aan wetgewing.”

Maar wetgewing verplig dan nie COVID-inenting nie.

Martin ·

Ons het onlangs ons kind uit Curro gehaal agv ongeruimdhede by die skool. Curro Holdings moet besef dat dit nie die mooi geboue, sportvelde en parkeer areas die skool maak nie, dit is die onderwysers en leerders. Sekere van ons onderwysers werk baie hard en gee 110% en sit somtyds tot 2am in die oggend en vraestelle merk. Doen asb weg met verpligte inenting dit is onnodig en ongrondwetlik, dit moet eie keuse wees.

VaalDonkie ·

Ja en hulle verplig dat kinders maskers in die klas dra. En op foto’s ook. Hulle kan maar gaan speel. My kind sal nie soontoe gaan nie.

Agge nee ·

Dit is blerrie WET dat jy binne ‘n gebou waar ander mense is, ‘n masker moet dra. Privaatskole wat nie hieraan gehoor gee nie, kan vervolg word. Staatskole kan maak soos hulle smaak, nes die regering.

VaalDonkie ·

Ek het vroeer vanjaar so ‘n situasie met my werkgewer gehad. Maar tot hulle krediet, het hulle my tegemoet gekom nadat ek foto’s gewys het van my ma se bebloede oog en die merke aan haar been na sy die booster gevat het. Dit het seker ook gehelp dat ek sommer al ‘n ander werksaanbood ook gehad het nog voordat die “konsultasie proses” afgehandel was. Maar ja, my werkgewer is baie beter as Curro.

Smurf ·

Wetgewing ? Julle leef in die duister curro ! Skrik wakker !

Jacob ·

Enige persoon wat so oningelig is en nog glo dat die Covid 19 entstowwe help om ‘n veilige omgewing te skep moet asseblief baie ver van die opvoeding van ons jongmense wegbly. Curro moet voor ‘n hof gedaag word aangesien die inligting aangaande die risikos van mRNA al hoe meer daarop dui dat dit selfs lewensgevaarlik kan wees en is en dus kan dit beskou word as ‘n aanslag op mense se lewens. Die keuse moet aan elke individu oorgelaat word hetsy hulle aan die Covid 19 inspuitings eksperiment wil deelneem of nie en ‘n Nazi-tipe houding in terme van die afdwing van mediese eksperimentele stowwe op mense mag nie geduld word nie.

Heinrich ·

Maar die ent beskerm dan teen die virus…o nee wag dit doen nie. Maar die ent beskerm dan dat ander die virus kry…o nee wag dit doen ook nie. Maar die ent het geen newe-effekte nie…o nee wag dit maak ook mense dood. Maar die regering se slimkoppe sê die ent help…o nee dis dieselfde klomp wat gesê het sigarette en oop-toon skoene mag nie meer verkoop word nie. Nee Curro, julle is besig met menseregte vergrype!

KatjieDeKat ·

Bly om te sien daar is n paar mense hier wat Wakker is.

Mellivora ·

Daar is meer as voldoende bewyse dat die entstof

1) Nie keer dat ek die virus kan opdoen nie

2) Gevolglik geen voordeel inhou dat ek iemand anders kan aansteek nie

3) Wel vir heelwat mense ernstige mediese probleme veroorsaak

Is daar iewers ‘n petisie wat ons kan teken on die morone by Curro te dwing om hulle besluit te herroep!

Gaan in elk geval onmiddelik al my Curro aandele verkoop

Anna-marie ·

Die afgelope 2 weke is 3 van ons kennisse dood van hartaanvalle………verbind die dots…

Mariska ·

Mari het toevallig vergeet om te noem dat die groep werknemers verteenwoordiging het van n regspan wat hul tydens die proses beskerm teen n disiplinêre verhoor en afdankig. Die groep wat die proses “geweier” het, was so geraadpleeg deur hul regspan. Gaan kyk na Jared Petzer se eerste video oor Curro wat hy in Januarie op Facebook gepibliseer het.

Mariska ·

Ek dink nie jy verstaan so lekker nie. Daar is bewyse dat inwntings nie due verspreiding van Covid kan keer nie. Op die einde van dag, het die onderwyser steeds n reg op hy/sy eie liggaam.

DJ ·

Wat meer skrikwekkend is, is dat ‘n opvoedkundige instelling, wat oor wyer kennis behoort te beskik, sulke absolute onkundige uitsprake oor die inspuiting maak terwyl al meer bewyse van die nadele van die inspuiting na vore kom. Kinders behoort nie by so ‘n instelling skool te gaan nie.

Esme ·

Dit is kommerwekkend dat Suid-Afrikaners nie besluite oor hulle eie voortbestaan kan neem nie. Afgesien van my geloofsbesware is daar ook gesondheidsprobleme maar dit is werklik ‘n skande dat ons kinders nie die beste onderrig mag ontvang nie.
Dink dit het tyd geword dat ons self, besluite oor ons gesondheid mag neem.

Carl ·

Ek is heeltemal teen die verpligte inenting! Wou ook die petisie teken maar dit is nie net vir teken nie – dis meer ‘n fondsinsameling en in plaas van eenvoudig teken raak dit ‘n rompslomp.

KatjieDeKat ·

Teken tog maar. Die finansiele bydrae is nie verpligtend nie. As mens nie bietjie moeite doen nie, gaan mens altyd verloor.

VaalDonkie ·

Dis ‘n mooi gesindheid. En dis jou keuse. Maar die spuit keer nie dat jy die virus kry OF dit aan ander gee nie. So daar is geen regverdiging vir die drakoniese reels nie.

Rooikoos ·

Hou op kinderagtig wees en gaan kry die inspuiting. Almal in Saudi is inge-ent, en alle vorme van teen-Covid is afgestel.

Truman Burbank ·

En in China was dit ook. En toe bars die bom. Maar ek is seker daar is baie lesers wat hul jab aan jou sal skenk

KatjieDeKat ·

Nou maar trek gerus Saudi toe. Net omdat n ANDER land iets doen beteken nie dis REG nie. Vroue het feitlik geen regte in Saudi nie. Sien jy hoe dit werk? Net omdat n land/ entiteit/ instelling iets doen wat Jy persoonlik mee saamstem, beteken NIE hulle is volmaak nie. As enige land se burgers 100% inge-ent is, kan ek jou verseker dit was onder DWANG. Jy sal nooit n land aantref waar 100% van die populasie uit vrye wil die Vax sou/ wil neem nie. Ek kan jou wed die Vroue van Saudi het nie veel van n keuse in enigiets, ooit, nie.

Marietjie ·

Belaglik, ek weet van mense wat die shot gevat het en weer Covid gekry het. Dit is my keuse om nie een te kry nie.

Arrie ·

Vorige korrespondensie deur Curro groep het ouers verseker dat leerders se konstitionele regte nie aangetas sal word deur verpligte inenting nie- waarom dan leerkragte se regte skend? Indien die hele skoolgemeenskap ( leerders en ouers ingesluit) nie geënt is nie, faal die valse voorwendsel van n veilige werksomgewing in totaliteit.

Frank John ·

Hoog gespesialeseerde onderwysers, “Briljante”, daar is vir jul werk elders, moenie worry nie, daai groep loop met oog klappe aan. Los hulle, hulle sal nog besef die voute wat hul gemaak het. Eintlik gebruik hul dit om slinks van mense ontslae te raak want hulle is in dit NET vir die geld.

Langat ·

As afgegredr onnie, 2 jaaf na die chaos wat dir onderwys uitmrkaat laat val het, vind ek dit uitets nousigtig, kleinlik en uiters PATETIES dag hulle onnies so wegjaag. Wie en wat is nog oor in ons land wat sie gutts het om elke dag in n klaskamer te gaan staan om te midde die chaos en totale gebrek aan dissipliene en respek vir die kinders te probeer onderrig? Oues met die kennis, ondervinding, dissipliene het pad gevat of is gedwing om dit te doen juis oor hulle hul man gestaan het oor hierdie “klug” ingespuitery. Ek hey snuf in die neus-dalk is eienaars van Curro ook in die sak wat geldelike voordeel uit dit trek? 2 jaat later en ek as ongespuite 66 jarige is gesonder as wat ek ooit was -39 jare gesukkel met allerlei siektes wat mens in skool optel, gee en dus altyd skuldig voel om by huis te bly, srlfs met bronchitis, en net altyd siek en swak bly.
Hierdie ” jab ” het nou al bewys hie dit mense erg affekteer. Nooit gedink CURRO is ook klomp skape nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.