Woede oor ‘voorstel’ dat sigaretverbod tot op vlak 1 voortduur

sigarette

(Foto: pixabay)

Die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) sê hy het begrip vir die woede van talle mense ná berigte dat die verbod op die verkoop van sigarette op vlak 3 van die afsonderingsregulasies voortgesit gaan word.

Luidens berigte het die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, dié voorstel aan die nasionale koronavirus-bevelsraad gemaak en gesê sy glo dit gaan ʼn té groot gesondheidsrisiko wees om die verkoop van sigarette en alkohol ná 1 Junie toe te laat.

Suid-Afrika, wat tans op vlak 4 van die afsonderingsregulasies is, skuif na verwagting teen die einde van die maand aan na vlak 3. Die verwagting is groot dat die verkoop van alkohol en sigarette dan weer toegelaat sal word.

“Ons verstaan dat die kwessie nou voor die nasionale koronavirus-bevelsraad dien waar dit bespreek word. Daar is egter nog geen besluit oor die verbod op die verkoop van sigarette geneem nie, met talle lede van die bevelsraad wat glo ook ten gunste van die ophef van die verbod is,” het Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van Fita SA, gesê.

Fita SA het op 4 Mei  ʼn hofaansoek gebring om die regering te dwing om die verbod op die verkoop van sigarette op te hef. Hy vra ook die hof om die regering te dwing om hom van redes te voorsien waarom die verbod op die verkoop van sigarette tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk voortduur.

Mnguni sê nou die regering moet teen Dinsdag die rekord van sy besluite en die redes vir die verbod – indien daar enige redes is – vir afkondiging van die regulasies voorsien. Fita SA sal daarna sy beantwoordende verklaring indien en die saak behoort kort daarna aangehoor te word.

Die organisasie Tax Justice SA (TJSA) het intussen gewaarsku die verbod op die verkoop van sigarette is besig om ʼn misdaad-epidemie te veroorsaak en die reeds sukkelende ekonomie te verswelg.

“In sy pogings om ʼn gesondheidspandemie te bekamp het die regering ʼn onverdedigbare verbod afgekondig wat nou ʼn nasionale misdaadepidemie tot gevolg het,” het Yusuf Abramjee, stigter van TJSA, gesê.

(Foto: SA Polisie)

“Onwettige handel floreer terwyl die verbod misdadigers verryk wat desperate rokers uitbuit en sukkelende gesinne verarm wat gedwing word om hemelhoë pryse te betaal. Die staatskoffers wat reeds R35 miljoen per dag aan belasting verloor word ook verder geplunder.”

Abramjee sê volgens ekonome en wetenskaplikes dra die verbod glad nie by tot die bekamping van Covid-19 nie. “Pleks daarvan dwing dit Suid-Afrika se 11 miljoen rokers om die wet te oortree, terwyl selfs skoolkinders nou in onwettige handelaars verander word.”

Volgens Abramjee het navorsers aan die Universiteit van Kaapstad bevind meer as 90% rokers het tydens die afsonderingstydperk onwettig sigarette gekoop. Die verbod versterk ook misdaadnetwerke wat moeilik ná die krisis gestuit gaan word.

Volgens prof. Glenda Gray, ʼn lid van die ministeriële advieskomitee en voorsitter van die Suid-Afrikaanse mediese navorsingsraad, gaan die verbod nie mense keer om te rook nie, dit gaan eerder beteken dat buitensporige swartmarkpryse gaan lei tot “minder kos op kinders se borde”.

Abramjee sê kenners is gekant teen die verbod en die regering het reeds ʼn petisie met meer as ʼn halfmiljoen handtekeninge ontvang waarin hy gevra word om die verbod op te hef. Twee miljoen informele handelaars het ook ʼn voorlegging aan die regering gedoen waarin hulle die ministers daarvan beskuldig dat hulle van hul inkomste ontneem word en geld na misdadigers laat sypel.

Abramjee sê die voorleggings kom van veel meer mense as die 2 000 boodskappe ten gunste van die verbod wat Dlamini-Zuma as rede daarvoor voorgehou het.

Hy sê net misdadigers baat in dié stadium by die verbod.

“TJSA doen ʼn beroep op die president om ʼn aankondiging te doen dat die verbod opgehef sal word wanneer die land na vlak 3 beweeg.”

Abramjee sê dit lyk of drankwinkels op vlak 3 sal mag heropen, wat die onwettige handel in drank gaan help verminder en broodnodige belasting gaan help invorder.

“Drankwinkels en ander handelaars gaan egter goeie stelsels gereed moet hê omdat vrese dat die verkope dalk net tydelik toegelaat kan word, tot ʼn toeloop kan lei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

katerinadiekat ·

Ag nee regtig!!!! Its time to go The Hague with this matter. This is a severe human rights violation!!!!!!

Willem ·

Sy ken die klomp in die Wes Kaap sleg hulle sal alles oopmaak vir haar

Alida ·

CR het die laaste se. Daai vrou kan nie die hele land regeer nie. Skending van menseregte. Sy rook en drink self vir al wat mens weet.

Amatambo ·

Jammer om koue water op jou koringvlokkies to gooi, Alida, maar CR het nie meer veel sê in die verloop van hierdie tydperk nie – ou “anti(e) NDZ – saam met haar gabba – Ace – wat altwee hoop om CR aspres te vervang – klap nou die sweep in die huidige seggenskap wat mag – en nie mag nie…

Wilna ·

Alida nee ons verstn verkeerd…. Dlamini-Zuma is die President en CR die minister…

Boortor ·

As hierdie land brand gaan dit haar skuld wees. En hy gaan brand soos hulle nou aangaan.

Jan ·

Wat daai klomp probeer doen is nou belaglik. Waar hulle gewoontlik 2 mense op n zol rook rook daar nou 5 op n zol.

Elsa ·

Hou haar persoonlik aanspreeklik vir die staatsverlies en sy sal onmiddellik haar deuntjie verander.

Karin ·

Dink jul hul worry hul kry genoeg geld en ons sukkel om kos op tafel te kry hul gee net mooi niks om

Kobus ·

Ek stem saam Elsa. Hoekom word mag aan Nkosazana Dlamini Zuma gegee? Sy is per slot van rekening niks. Dis tyd dat die land reg bestuur en regeer word!

Eerlik ·

Sy het nog nie genoeg wins gemaak nie, dis die dat dit uitgestel word tot level 1. Die rokers het seker al agtergekom dat daar geen ordentlike handelsmerke mee te koop is nie, net die “local” gold leaf gemors. Laat mens wonder hoekom die “local” gemors so vrylik beskikbaar is?

PieterP ·

Almal praat daarvan, almal weet daarvan maar daar is skynbaar nie een ondersoekende joernalis met die ghoens om die storie oo die voorblaaie te kry nie.

Jerry ·

Ons ondersteun tans die swartmark, die staat kan doen wat hulle wil en ons gaan doen wat ons wil. Die verskil is die staat kry nie n sent belasting nie!!

Jaco ·

ten minste kan ek nou makliker geld gee vir arm mense wat swaarkry tydens inperking. dit val my altyd op, wanneer ek uitkom by arm mense in my kerk en by arm mense in wit plakkerskampe: amper ALMAL rook. Drank is ook dikwels daar. Vreemd dat arm mense amper altyd sulke onnodige goed kan bekostig en dan word hulle KWAAD as jy weier om te help juis omdat hulle dan daardie goed kan bekostig.

Alexz ·

Jaco, dit gaan oor die prinsiep van die saak. Hetsy dit nou tabak of drank, kleredrag, oefentyd of aandklokreël is, feit is dat jou vryheid van keuse stelselmatig ontneem word. En DIT is waar die probleem inkom.
P.S
Ons kan nie rook met ‘arm’ mense stereotipeer nie.

Jan Nel ·

Nóú praat jy Jaco! Uit die hoogte van jou posisie as barmhartige uitdeler kan jy seker maar die reëls neerlê as jy wil. Miskien kan jy jou voorwaarde-lysie aanvul.

Geen plesier of vreugde vir armes deur verskaffing van onnodige luukshede nie. Drank en sigarette is taboe, dit is ’n absolute vermorsing van geld. Gee eerder brood (bruin – wit is ’n luukse). As jy margarien gee, gee harde blokke. Geen lekkernye vir die kinders nie. As jy vleis gee, gee B-graad, A-graad is onnodige luukse ens, ens.

Arm mense se plesier is weinig en wydverspreid gesaai. Ek het nie reëls as ek gee nie. Inteendeel ek het al gesê: “Oom vat dié en gaan koop iets om te drink. As dit jou dag kan beter maak, is myne ook beter.”

Wonder ·

Is net jammer hoe mense arm mense so oordeel niemand weet wat gebeur het in die arm mense se lewe dat hull is waar hull is nie, onthou vandag se “wenner” kan more se verloorder wees….

Adam ·

Interressante beskouing. Ek neem aan jy ry ‘n klein 1980 voertuig want ‘n 2019 Mercedes is ook ‘n luukse en jy bly waarskynlik met ‘n gesin van 5 in ‘n 1 slaapkamer woonstel aangesien ‘n 4 slaapkamer huis ook ‘n luukse en ‘n voorreg is. Kyk gerus na hierdie hipotese. Daar is ‘n reuse gaping tussen die behoeftes van welaf en arm mense en die Engelse spreekwoord “one man’s junk is another man’s treasure” som dit nogal goed op.

Jaco ·

Jammer vir my kommentaar. Dis dan seker maar reg dat arm mense geld uitgee op drank en sigarette. Dis seker noodsaaklike uitgawes. Dis seker maar reg dat ek arm mense help en dat amper alles wat ek hulle gee op drank en sigarette uitgegee word en dat hulle ‘n week later maar net weer vir my vir geld kom vra.

Riaan ·

Ons het almal gedink dat Jacob Zuma die land in ‘n oorlog in gaan bestuur, min het ons geweet dit gaan sy ex vrou wees.

Wiehan ·

Soos Willem sê, sy ken nie die Wes Kapenaars nie. As sy haar oë uitvee is alles in die Weskaap oop. Republiek Kaap die Goeie Hoop! !

SomeOne ·

ndz sal aanhou om sigaret verbod daar te stel, as sy haar sin kry sal sy dit vir altyd verban, omdat sy op haar neus geduik het met ‘n koop transaksie wat met sigarette te doen het

Jacobus ·

Hoe verwag julle dat my familie se besigheid moet skade ly net omdat julle almal wil rook. Buitendien daar is ‘n hele spul van my pělle wat moet oorgaan na oranje uniforms as dinge verkeerd loop.

Erica ·

Piet ek neem aan jy is een van daai wat deur jou venster sit en kyk wie breek die lockdown reels en hulle pimp. Ek het 3 woorde vir jou KRY N LEWE. Ek is bly ek ken nie iemand soos jy nie

Hoekom ·

Almal wat rook, rook nogsteeds. Inteendeel word sig nou meer onder mekaar uitgedeel as voorheen…

Estelle ·

Ek rook nie self nie, maar ek het regtig gehoor by iemand wat rook dat die eienaar van die spaza winkel waar hy sigarette koop, se hul koop hul sigarette by die polisie. Die drankwinkels word in elk geval “geloot”, dus is dit net die blankes wat droebek sit!!

Martie Smartie ·

Waar is OUTA en Solidariteit? Kan iemand nms die belastingbetaler ‘n reuse eise teen die Zuma vrou instel omdat sy sonder enige grondige rede miljarde Rande se belastinggeld weggooi. Dis n oortreding vd PFMA. Die hele Stalinistiese bevelsraad moet ook as respondente gevoeg word. Waar is al die sg waghond organisases??

Wilhelm ·

The authors asserted:

current smokers have a very much lower probability of developing symptomatic or severe SARS-CoV-2 infection as compared to the general population.

lekkerdink ·

nice van LIEWE LULU . Hoe simpel kan een mens wees . 11 mil rokers het seker elkeen ten minste R1000 spandeer aan sigarette Dus R11,000,000,000 Nie sleg nie ne Zuma ? Ek self het 1800 spandeer . Verdubbel maar die syfer . Ek hoop sy word nie die president van die land nie want dan is ons wittes se dae getel .

Fedup ·

I am going to send her a truck load of manure. Maybe then she can see the point in her stupid and childish decisions.
Dolls just won’t work.

Jakes ·

Jy kan met n dom mens werk en tot n mate redeneer en iets leer, maar met n onnosel mens glad nie……Zuma ,Patel , Cele is duidelikke voorbeelde van die laasgenoemde.

Pieter ·

So gaan dit as jy graad twee het en die land wil best. Ek sal aan hou om by swart mark te koop dan kry die regering nie belasting geld nie

Andre ·

” sy glo dit gaan ʼn té groot gesondheidsrisiko wees om die verkoop van sigarette en alkohol ná 1 Junie toe te laat.”
Hoe kan die uitvoer daarvan dan nog toegelaat word? Of is buitelanders nie haar bekommernis nie?

JJ ·

Koop sommer jou sigarette by jou plaaslike SAPS- hulle is goedkoper

Alida ·

CR is tog die president raak van die ou vrou ontslae. Die land gaan brand as sy langer in daai stoel sit. Desperate mense doen snaakse goed en sy gaan die oorsaak wees daarvan.

Kokerboom ·

Wie de duiwel is die vrou wat dink sy is almagtig en oorheers die kabinet? Sy irriteer ons grensloos en moet asb verwyder word. Waar is die oorsigkomitees van die kabinet? CR is die President van die land, hoekom laat hy die dinge toe? Het hy geen ruggraat?

Willem ·

Dis nou twee dokters wat ek nie kan dink hoe dit gebeur het nie ,ndz mkhize .Die twee hysbakke gaan nie tot by die hoogste verdieping nie

Yvonne ·

Hier is baie verskuilde agendas….die swartmark floreer en tien teen een is die die sigarette van so swak gehalte dat dit gesondheid net verder kan versleg…..maar wiesal die ondersoek loods?

Corne123 ·

Kan nie verstaan dat ons almal toelaat dat Zuma nogsteeds land regeer nie wonder wie die meeste maak uit die sigarette storie dit hoekom hulle dit so aanhou verban

gatgogga ·

Wanner die regering kom met hulle onbekostigbare belasting verhogings, wat ek jou nou waarborg gaan gou gebeur, dan moet ons almal saamstaan en hulle herinner aan hoe hulle belastinginkomstes geweier het toe hulle hardnekkig aan hulle simpel reels vasgeklou het.

Christopher ·

Kwessie rondom tabak,bedrog,pryse & gesondheidsrisiko’s is ongegrond.Feite oor nikotienverslawing/implikasies word nie aangespreek.As vd grootste verslawings is dit toelaatbaar in rehabilitasiefasiliteite,tot tronke.’n Afhanklikheid kan maklik daarna verplaas word & maak dit makliker vir pasiënte om hul verslawings te hanteer.Agv verslawende effek v nikotien/psigiese stimulering sal dit nie gestop kan word,tensy klinieke vir verslawing geopen word met ondersteuning v psigiaters/sielkundiges.Onttrekkings/vatbaarheid vir virus word nie bespreek.Dis onverstaanbaar dat geen kundiges d kwessie van verslawing/behandeling aanspreek en dat d verslawing vergelykbaar is met dié van kokaïne.Ons gaan met meer sterftes sit met psigiese implikasies hiervan as Covid.Mense gaan nie ophou rook en gee nie meer om oor wetgewing .Dis nie ‘n keuse, dis ‘n verslawing agv onderliggende oorsake wat nooit aangespreek/behandel is.Mag verslawing v geld/mag eerste aangespreek word.

Frans ·

Bevestig wat ek lank reeds vermoed het.Suid Afrika word regeer deur hoofmanne en vroue vermom as ministers.

Thelms ·

Zuma is besig om onwettige sigarette en drank handel aan te wakker met haar belaglike redenasies. Sy moet persoonlik verantwoordelik gehou word vir ons land se verlore belastings op sigarette en drank. Niemand wat rook weet nie reeds wat die nagevolge is nie, hul is nie kinders nie!!! Wat probeer sy bereik!!! Afdanking dalk? Is dit wat ons dalk moet vra?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.