Soorte resepte:

Wynmaker en jong wynmaker van 2020 aangewys

Johan Malan van Simonsig Wyne (Foto: Diner’s Club)

Johan Malan van Simonsig Wyne en Philip Theron van Glen Carlou is vereer met die toppryse by vanjaar se Diners Club wynmaker en jong wynmaker van die jaar -toekennings.

Dié geleentheid het die afgelope naweek by die La Residence Hotel in Franschhoek plaasgevind.

Die wynmaker en jong wynmaker van die jaar-toekennings fokus op gehalte en erkenning van uitnemendheid. Die toekennings is oop vir almal in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Inskrywings is ook gratis, wat sorg vir ʼn gelyke geleentheid vir almal. Die wynmaker-toekenning is tans in sy 40ste jaar en die jong wynmaker word die afgelope 20 jaar aangewys.

Philip Theron van Glen Carlou (Foto: Diner’s Club)

“Die toekenning word gegee aan die wynmakers wat ʼn wyn produseer het wat die beoordelingspaneel as die beste in sy klas geag het. Die kategorieë vir vanjaar was Cap Classique vir wynmaker van die jaar en rooiwyn van enige kultivar vir die jong wynmaker van die jaar-toekenning,” sê Diners Club in ʼn verklaring.

Vanjaar se beoordelingspaneel het bestaan uit Remington Norman, Carrie Adams, Michael Crossley, Ntsiki Biyela en Heidi Duminy.

Die paneel het al die inskrywings beoordeel en tien finaliste aangewys: vyf vir die wynmaker-toekenning en vyf vir die jong wynmaker-toekenning.

Johan Malan, met sy 2015 Simonsig Kaapse Vonkel Brut is as 2020 se wynmaker van die jaar aangekondig. Philip Theron, met sy 2018 Glen Carlou Collection Tannat het die prys as jong wynmaker van die jaar gewen.

Die wynmaker van die jaar ontvang R50 000 en die jong wynmaker R25 000. Hulle wen ook ʼn opwindende reis na ʼn bekende wynproduksie-bestemming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.