Zondo: ‘Ek en Zuma is nie vriende’

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het Maandagoggend ontken dat hy en oudpres. Jacob Zuma vriende is.

Zuma se aansoek dat Zondo hom as voorsitter aan die kommissie van ondersoek oor staatskaping moet onttrek, word vandag aangehoor.

Zondo het by die aanvang van die verrigtinge ʼn verklaring voorgelees rakende sy persoonlike verhouding met Zuma.

Die twee ken mekaar sedert die vroeë 1990’s toe Zondo ʼn prokureur in private praktyk was en Zuma betrokke was by die ANC in KwaZulu-Natal. Hul verhouding het meer persoonlik van aard geword nadat Zondo in 1997 as regter aangestel is.

Zondo meen hulle het oor die jare ʼn aangename verhouding gehad en dat hulle mekaar gewoonlik tydens regeringsgeleenthede gesien het.

Zuma het glo by twee geleenthede versoek dat hy en Zondo privaat vergader. Die vergaderings het in 2005 en 2007 plaasgevind en is onderskeidelik by ʼn hotel in Durban en Zuma se huis in Johannesburg gehou. Zondo het ook een keer ʼn vergadering met Zuma versoek.

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Volgens Zondo het hy egter nie met Zuma vergader toe laasgenoemde president was nie. Zuma was ook nooit by Zondo se huis nie en hulle het mekaar nie na private familiegesellighede soos verjaardagvieringe genooi nie.

Rakende Zuma se bewerings dat Zondo met vooroordeel teen hom optree, het Zondo gesê dat hy as regter al sake aangehoor het waarin Zuma se seun, Duduzane, en Zuma self betrokke was en dat daar nooit versoek is dat hy hom aan dié sake moes onttrek nie.

Muzi Sikhakhane, Zuma se prokureur, het hierna begin om redes aan te voer hoekom Zondo hom as voorsitter moet onttrek.

Die Zuma-kamp voer nou al geruime tyd aan Zondo is bevooroordeeld teenoor Zuma, gegewe die “geskiedkundige familiebande” tussen die twee. Zondo het dié bande vroeër verduidelik as dat Zuma getrou het met die suster van ʼn vrou met wie hy [Zondo] jare gelede ʼn verhouding gehad het.

Zondo het nie Maandag verder hieroor uitgebrei nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Androclus ·

En hy sal dit doen,want hy is op pad tronk toe.Elke hond kry sy dag.

domheks ·

Zuma wou al LANKAL sy dag in die hof gehad het, hoekom nou soos ‘n kat op ‘n warm plaat spring om van die hitte ontslae te raak?
Ons soek ons geld terug!!!!

Dries ·

As Zuma deur ‘n regter verhoor wil word met wie hy geen verbintenisse het nie, moet hulle dan maar seker ‘n wit regter aanstel? Hy het mos nie wit vriende nie?

Hennie J ·

As ek die Regter was sou ek ook ontken dat ons vriende is of was. Elke man het tog sy trots!
Ernstig nou: As die Regter hom nie behoorlik gaan vat nie, en ek bedoel nie na die Wimpy toe vat nie, dan kan die Zondo kommissie en al dit wat hulle sover bereik het, netsowel hul deure sluit.

tweeling ·

Regter Zondo, sal aanbly. Hy is nie partydig nie. So wie gaan die verslag skryf aan die einde van die kommissie se periode. Stortkop het die diefstal van biljoene in die land gedryf en hy moet pa staan daarvoor. Zondo sal sy voet neersit en Stortkop sal vrae moet antwoord.

Aai ·

Alles is mooi beplan hy van die begin af geweet hy gaan die kaart speel as dit sy beurt is hoekom het hy stil gebly?

Die Wolf ·

Gaan hom absoluut niks in die sak bring nie. Zondo maak net bymekaar en gee aan vir die wat vervolging moet instel. Maar nog net vertragingstaktiek.

Eltan ·

Uitstel taktiek…want ons almal weet…van uitstel kom afstel ..

Leana ·

Zuma het so baie vroue. Dis nie snaaks dat hy getrou het met een wat aan Zondo bekend was nie.

Dries ·

Gaan Zuma aangespreek word oor die feit dat hy sy masker verkeerd dra? Kyk net daar in die foto.

J ·

Hoe verskil die medepligtigheid aan ‘n misdaad tussen:

1. ‘n ‘drywer van die wegkom kar’ na ‘n rooftog

en

2. die MEDEPLIGTIGHEID van ‘n regsgeleerde wat die misdadiger help ‘wegkom’?

In my kop is dit dieselfde MEDEPLIGTIGHEID aan misdaad.

Daarom sê ek Zuma se lawyers is so medepligtig soos die ‘drywer van die wegkom kar’ in ‘n rooftog.

Sluit op die ‘crooked lawyers’!

Zuma’s lawyers have been obstructing justice for more than a decade!

Those bad lawyers must be charged with COMPLICITY, OBSTRUCTION of justice and UNETHICAL PRACTICE.

Justice delayed is justice denied!

Millions of taxpayer money has been stolen and wasted on obstruction of justice.

Those bad lawyers should at least be suspended from their legal professional bodies.

My siening ·

Regter Zondo maak asb daai korupte Zuma stil want hy maak gat van hom voor die land! So het kareltjie kathuis ok syne gesien toe hulle hom uit hof gooi.

Lorna ·

Pappa Zzzzzzzz word nou oud hoor sy ouderdom gaan vir hom tel as hy die dag moet tronk toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.