Zuma: ‘Ek is ʼn gevangene van die Konstitusionele Hof’

Oudpres. Jacob Zuma. (Argieffoto: GCIS)

“Ek berus my daarby dat ek ʼn gevangene van die Konstitusionele Hof is.”

Só sê oudpres. Jacob Zuma wat tot dusver glad nie deelgeneem het aan die hofverrigtinge teen hom in die Konstitusionele Hof nie. Die Zondo-kommissie na staatskaping het hom tot die land se hoogste hof gewend om Zuma skuldig te bevind aan minagting van die hof nadat Zuma geweier het om voor die kommissie te verskyn.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het Zuma vroeër gevra om te antwoord met wat hy as ʼn gepaste straf sou beskou indien die Konstitusionele Hof hom skuldig bevind. Gister (Woensdag) was die laaste dag om dit te doen.

In ʼn verklaring van 22 bladsye lank vaar Zuma weer uit teenoor die hof, maar hy maak uiteindelik geen aanbeveling oor wat hy as ʼn gepaste straf sou beskou nie. Hy sê hy gaan nie ʼn beantwoordende verklaring daaroor indien nie – nie omdat hy oneerbiedig teenoor die hof is nie – maar weens sy gewetensbesware oor die manier waarop hy behandel is.

“Dit het vir my duidelik geword dat adjunkhoofregter [Raymond] Zondo vasbeslote was om die saak voor regters te plaas wat as sy ondergeskiktes optree, selfs al het die Konstitusionele Hof geen jurisdiksie nie, bloot om die bevel te kry wat hy wil hê.”

Zuma bestempel die regsproses as “geveins” en ʼn poging om die erns van die onderdrukkende manier waarop die hof sy sake hanteer het, te “saniteer”. “Dit is teleurstellend en versterk my beswaar as die hoogste hof deelneem aan wat duidelik politieke of openbare bestuur van ʼn besluit is wat hy reeds geneem het.”

Die oudpresident sê hierdie “foefies” hoort nie op die regbank nie.

Hy sê voorts die verrigtinge is ʼn misbruik van regterlike gesag om ʼn politieke agenda deur die Zondo-kommissie te bevorder. Hy wag dus op die beslissing van die hof en berei hom voor op die ooglopende vonnis.

“Wanneer ek tronkstraf opgelê word, soos wat die hof se bedoeling duidelik is, is dit my liggaam wat in ʼn tronk gesit word. Politieke vyande, wat nou vriende van die hof is, sal in die strate feesvier oor my tronkstraf – wat hulle bewerkstellig het – deur die regmatigheid van instellings waarvoor ons gestry het.”

Zuma sê die Konstitusionele Hof het aanvaar dat hy ingespan gaan word om hom te verneder en van sy menslikheid te ontneem.

“Net sodat jy nie glo dat ek dit vermy het om aan jou opdrag gehoor te gee nie, is dít my antwoord: Daar is geen presedent vir wat die Konstitusionele Hof toegelaat het om in sy gewyde forum plaas te vind nie.

“Soos reeds genoem, is ek gereed om ʼn gevangene van die Konstitusionele Hof te word en aangesien ek nie kan appelleer of vra vir ʼn hersiening van wat ek beskou as ʼn growwe onregmatigheid nie, sal my tronkstraf die grond word vir toekomstige gevegte vir ʼn regbank wat hom beskou as ʼn dienaar van die Grondwet en die mense, en nie as ʼn instrument om oorheersende politieke narratiewe te bevorder nie.”

Hy bestempel ook sy dreigende tronkstraf as ʼn “grondwetlike eksperiment”.

“Vir grondwetlike regte sal ek die tronk binnestap as die eerste gevangene van die Konstitusionele Hof.”

  • Lees Zuma se volledige brief hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Nell ·

Hoe pik ek nou ‘n traan…ja ou Zumpie uiteindelik is jou sondes besig om jou in te haal. Lekker man.

Kokerboom ·

Hierdie skepsel is die toonbeeld van arrogansie. Hy wat die land op sy knieë gedwing het, wat 800 plus kriminele klagtes teen hom het, wat die regstelsel uitdaag!!!!Wat maak hom so ‘n onaantasbare god?Watter voorbeeld word aan burgerry voorgehou?!!En nog steeds loop hy vry rond!!! Dki ANC!
Ek sal op my koste vir hom ‘n oranje oorjas koop. Doen jul werk Adv Batoyi en NVG!!!

Smurf ·

Kry vir jou…….jy verdien dit . Nog n paar wat saam met jou hoort..

Anthony ·

Ek berus my daarby dat ek ʼn gevangene van die Konstitusionele Hof is.”……glo my , dis nie al wat jy is nie……

Vonkprop ·

Sjoe, wonder wie het sy verklaring geskryf? Die man raak darem baie diep en filosofies hier. Dit vat hom 22 bladsye om sy tong vir die land uit te steek.

Dries ·

Is daar nog iets wat hy nie van aangekla is nie. Verkragting ,Diefstal, Korrupsie, leuenaar, Miskenning van die grondwet, minagting van die hof ens ens

Francois Le Cochon ·

Shame, ek kry Zuma jammer. Ek dink hy moet lewens lank kry sodat almal hom dan kan uitlos, en hy die res van sy lewe bedien kan word, en in vrede kan deurbring.

Mariana ·

Nee regtig? Hy hoort in die tronk en basta. Geen simpatie vir hom, hy speel met die regstelsel en nou wys hy hoe jammer hy vir homself is. Shame arme grapjas.

Michael ·

Moenie opgewonde raak nie,hy sal nooit die binnekant van ‘n tronk sien nie

Titan ·

Altyd die slagoffer. Zuma het homself al so gebreinspoel dat hy glo dat hy niks verkeerd gedoen het nie. Blameer eerder iemand anderste soos apartheid om sy gewete te sus. Die onskuld vanself.

KB ·

Ons is al lewenssat van al sy grille en geite. Dis tyd dat hy (soos enige ander krimineel) verhoor word, sy straf kry en basta.
Hy is nie verhewe bo die wet nie.

Anoniem ·

Dis die eerste keer ooit dat ek hoor van ‘n hof wat ‘n beskuldigde vra welke straf hy dink die agbare hof hom behoort op te lê vir minagting van die hof. Die hof het nou ‘n yslike lat vir sy agterent gepluk, want enige beskuldigde kan voortaan op soortgelyke behandeling aandring? Zuma se geval kan ‘n waterskeiding in die howe beteken.

Piet Snot ·

Nee Manie, dis glad nie ongewoon nie. Dit gebeur baie dat ‘n hof ‘n beskuldigde vra om hom toe te spreek oor die straf. Hier is niks vreemds aan die gebeur nie.

jzjz05 ·

Hy moes toe hy so slim was en die land na n afgrond toe gelei het van beter geweet het en nie nou n Janniejammergat houdig openbaar nie.hy glo nou almal is verkeert behalwe die eerlike Zuma wat geglo het sy sondes sal hom nooit in haal nie.

JohanR ·

Ou Jacob Zuma! Altyd die slagoffer/Always the victims. Gaan nou tronk toe.

Ou bees ·

Ek kry sommer ‘n kramp waar ek hom nie wil hê nie met die opperste skelm wat so pyn is. Die ding was vol bravade in die begin toe hy sy dag in die hof wou hê. Nou is die howe konsuis so polities ingestel. Waar is sy onskuld wat hy so uitgesien het om te bewys?

Fedup ·

Shame.
Now that the shoe is on the other foot, you think people will show sympathy?
You deserve at least 40 years behind bars.
Without parole.

Pot se lepel ·

Ek is nou heeltemal verward? Ons is mos almal gevangenes van die grondwet? Dit is die reëls wat neeegelê is in oorleg met almal in die land en waarby ons almal moet hou? Maw Mnr Zuma ag homself nie as onderworpe aan die grondwet nie. Dit is mos hoogverraad? Om teen n land se grondwet en soeweriniteit op te tree?

James ·

Dis ‘n strategie. Ace – as julle ander nuus lees – kuier vandeesweek by Zuma.

Die strategie is: “Die tronkdeure is oop – hoe kan ons die land suksesvol in anargie dompel voor ons moet aanmeld?” Julius sal waarskynlik ook inloer.

Danie ·

Eerbare/agbare weet nie eintlik wat om van jou te se want jy is nie een van die twee nie. Ek voel nie jammer vir jou nie want jy is een van die opstokers teen die blankes maar wat ek nie betwyfel nie is dat jou eie mense jou verraai en dit is ook n goeie ding want nou kan jy die vrugte pluk van die boom wat jy geplant het. Jy kan baie geld spaar en lekker pap eet in n oranje oorpak maar soos die regering nou is sal hul jou in n mansion gaan toesluit met n sjef wat jou op ons belasting geld voed. Daar is net een weg en dit is om die ANC uit te kry as regerende party maar dit sal ook moeilik wees want hulle ken van korrupsie en om die boeke te kook.

Gert K ·

Shame, dit is sleg om jy te wees ne. Niemand is meer lief vir jou nie.

Johann ·

Nee, jys n gevangene van jou eie psigopatiese leunaars status!

Spearhead ·

Weereens speel hy die spel soos baie in die verlede. Om die aandag af te lei van die probleem, maak hy allerhande stellings, bewerings en beskuldiging om homself as die verontregte siel uit te beeld. Aavaar dat jy uitgevang is en vat jou pak soos enige ander burger van die land, of is jy nou verhewe bo die wet.

Chris dupreez ·

Praat jy wat met regters gekonkel het om jou help om president te word en jou kriminele dade toe te smeer. Gelukkig kan jy nie n wit regter of apartheid blameer nie.

Saartjievandiebosveld ·

O en…die burgers van die land is gevangenisse van die ANC. Kry vir jou….dis mos lekker

ES ·

Ja nee dis wat gebeur as jy ‘n misdadiger is – jy word ‘n gevangene.

Ek kan nie verstaan hoe dink JZ hy is verhewe bo die wet nie. Met al die aanklagte teen hom? AS hy onskuldig is, hoekom nie die Zondo kommissie bywoon en sy onskuld bewys nie?

Hy is nou finaal in ‘n hoek vasgekeer en nou word als en almal blameer omdat hy nie meer verskonings het nie.

boerie ·

Almal moet ook aandring daarop om hulle eie straf te kan neerle as hulle gevonnis word, as stortkop dan gevra word om dit te doen.

Elize ·

Ja mnr Zuma jy het net jouself te blameer. Waar daar ‘n aan is moet daar ook ‘n af wees. Jy kon nie vir ewig mense so mislei nie.

marbacca ·

Ek sou sê hy is ‘n gevangene van sy eie kriminele besluite…

Noels244 ·

Ek lees nie eers die berig nie, want my bloed gaan net kook. Dit gaan my verstand te bowe die loutere snert wat hy en sy kaders kan kwytraak. Ek spoeg sommer uit weersin.

koos10 ·

Shame. My hart bloei vir jou. Jy het baie van die regters self aangestel. Wys net hoe stupid jy werklik is!

jzjz05 ·

Hy het gedink hulle sal nooit teen hom optree nie want hy is die baas,ongelukig vir hom

Stefaan ·

Mnr: Kosie, jy was stout. Wat moet ons met jou maak? Klink soos skool.

Genis ·

Die ironie van die saak is, die klomp skelm kaders dink dit kom hulle toe…

Yolandie ·

Soos altyd is ou Zuma net ‘n slagoffer van sy nare onderdrukte verlede. Siestog!!! Kan ons nie maar die heksejag stop nie, dit is tog duidelik dat die belastingbetaler opdok hier vir “iets” wat net nie gaan gebeur nie. Alles net ‘n “show” opgesit vd wereld daarbuite sodat hulle tog net sien Zumpie was in die hof. En sorry maar nou raak dit afgesaag.

Aikie ·

Daarmee verklaar Zuma homself as martelaar…. van wat? Apartheid? Dis ‘n dooie perd as hy nog geslaan kan word.
Die ANC? Moontlik, maar daar gaan faksie gevegte al voort van voor Zuma die “president” vooraan sy naam kon skryf.
Vir wat dan? Hy kan net vir sy ondersteuners staan as martelaar, maar ek kan wel’ n waarborg uitskryf dat daar gaan moeilikheid wees en die polisie gaan weer die kort end van die stok kry.
Ek is so bly ek is nie ‘n poliesman nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.