Zuma-saak nou virtueel aangehoor

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die korrupsiesaak teen oudpres. Jacob Zuma en Thales sal Dinsdag virtueel aangehoor word.

Die saak sal om 10:00 begin waarna Zuma se regspan amptelik aansoek sal doen dat die saak uitgestel word weens die voormalige president se hospitaalopname.

Zuma word steeds in ’n hospitaal behandel nadat hy Vrydagoggend opgeneem is. Daar is nog geen besonderhede oor Zuma se gesondheidstoestand bekend gemaak nie.

Zuma was veronderstel om Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg te verskyn vir sy korrupsieverhoor nadat die hof sy aansoek om self in die hof te wees toegestaan het. Zuma wil versoek dat hoofaanklaer adv. Billy Downer hom aan die saak onttrek. Die oudpresident beskuldig die advokaat onder meer daarvan dat hy inligting aan die media laat uitlek het.

Die #FreeJacobZuma-veldtog se beplande protesoptrede vir Dinsdag se hofverskyning is intussen uitgestel. Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkhonto weSizwe- militêre veterane, het gesê hulle sal wag op die uitslag van vandag se hofverrigtinge voor daar besluit word op verdere protesoptrede.

Oudpres. Jacob Zuma en Carl Niehaus. (Foto: Carl Niehaus/Twitter)

Volgens Niehaus kan ander vreedsame en wettige protesoptrede oor die land heen deur ander organisasies egter moontlik voortgaan.

Die #FreeJacobZuma-veldtog het intussen sy beroep dat Zuma onmiddellik vrygelaat moet word, herhaal. “Dit bly ons onwrikbare oortuiging dat Zuma onwettig in aanhouding is as die eerste politieke gevangene sedert die koms van demokrasie in 1994.

“Dit is verontwaardigend en die onmiddellike vrylating van Zuma is ononderhandelbaar,” het Niehaus gesê.

Die saak is van 10 tot 13 Augustus op die hofrol geplaas. Zuma word deur 16 klagte in die gesig gestaar vir die 1999-aankoop van onder meer vegvliegtuie, patrolliebote en weermagtoerusting van vyf Europese firmas terwyl hy Suid-Afrika se adjunkpresident was.

Zuma dien tans 15 maande tronkstraf uit weens die minagting van ’n hofbevel om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Cornel ·

Die oudste trick in die boek! Tweede Shabir Shaik hehehehe…..
Hy moet verantwoordelik gehou word vir sy aapstreke en sy mediese toestand (indien daar is) moet bekend gemaak word!

Nozi ·

Hou die man se truuks dan nooit op nie? Enige iets net om nie in die hof te verskyn het. Kyk mooi, hy gaan nou vir lank in die hospitaal bly. Hy makeer netso min iets as die man in die maan.

Elinette ·

Hy is net so min in die tronk soos wat ek in die tronk is. En hy is net so min siek as wat ek siek is.

gatgogga ·

Nee, hy makeer wel iets.
Gedurende die roetine mediese ondersoek is bevind dat iets belangriks skort.
Die afwesigheid van ‘n belangrike orgaan word beweer.

Hennie J ·

Eers baklei hy om self in die hof te wees, dan is hy te siek om op te daag. Vertragingstaktiek op sy beste en openlike verontagsaming van die reg. Hy sal hiermee wegkom tot hy die tydelike met die ewige verwissel. Stuk gemors.

marius ·

Hy moet maar solank ‘n groot stort met ‘n massiewe dam begin pak vir daardie dag .

Chris ·

dit is maar taktiek want nou is dit goedgekeur dat hy wel in die hof moet wees en nou is hy te siek om dit te doen. Die regter moet nou net se dis goed so dan word die saak virueel verder verhoor.

Tokkel ·

gee hom nog 15maande by!!! maar net in ‘n ander plek as Escourt…..

Misky ·

Ag kan dit tog net tot ‘n einde kom asb. Die bewyse teen hom is oorweldigend en ons almal weet dit.

Oomniklaassevriend ·

Indien Zuma soos ‘n gewone landsburger behandel was, sou hy lank reeds begin het om sy lewenslange tronkstraf uit te dien.

Porseleintjie ·

Papbroekigheid, ruggraatloosheid is die werklike diagnose. Self sal hy nooit pa staan vir sy doen en late nie. Hy bly n krimineel wat in die waan leef dat hy onaantasbaar is en 7ster behandeling verdien. Die storie is so voorspelbaar en afgesaag.

Dirk Mostert ·

Volgens vorige berigte was Zuma in die hospital vir ‘n roetine mediese ondersoek. Nou word hy “behandel”. Hoekom is hy in ‘n buite-hospital en nie in die tronk se hospitaal nie. Niehaus dreig alweer met protes-aksies. Hoekom word hy nie in hegtenis geneem vir aansporing van opstand nie? Of aangekla van aandadigheid aan plundery en brandstigting nie.

Pieter ·

Die land se regstel is een groot grap en die regters speel lekker saam.

marius ·

Heel korrek . Die instruksie is lankal deur gegee . Poppekas .

Pietertjie ·

Stalingrad episode 328. Dís hoekom hy aangedring het daarop om persoonlik in die hof te wees. Die saak gaan nou virtueel aangehoor word, dit gaan uitgestel word, dan gaan hy appèl aanteken omdat hy nie teenwoordig was toe die saak uitgestel was nie.

louis ·

Hy is nie siek nie , kan nie glo dat die howe hom laat wegkom hiermee nie , dink hulle is bang vir die stuk gemors

Kobus ·

Ek wil ook sien dat Zuma agter tralies bly. Maar,hy sal nooit ophou met hierdie taktiek nie.Kan ons land dit verder bekostig? Moet hulle nie alles laat vaar sodat ons met ons lewe kan aangaan nie? Hoeveel jaar is dit nou al?

Die Boerepompie ·

Ek wonde waar kry hy al die geld vir die hof sakke ,of doen die ans dit gratus

Johannes ·

Van die dag wat hy gese het hy moet van sy kouse verkoop om sy regsverdediging te kn betaal tot nou moet hy n magdom kouse besit om nog te kan aangaan

Kokerboom ·

Die SA regstelsel en Polisie is bang vir die kader en sy meelopers! Bewys teendeel asb

marius ·

Woer woer , en die regstelsel dra ‘n vet rooi neus met ‘n toga vol gekleurde kolle en ‘n bles geel pruik .

Skim ·

Hierdie storie dat hy ‘persoonlik in die hof gaan staan’ is ‘n fynbeplande strategie. Dit laat dit lyk asof hy bereid is om pa te staan vir sy dade in die openbaar, intussen reël Carl Niehaus vir protesoptogte wat KZN verder kan verwoes. Deel van die plan is neem hom op in die hospitaal vir algemene ondersoek, dan het hulle ‘n verskoning om vir die hoeveelste keer uitstel te kry met ‘n ‘wettige’ verskoning. En op die ou einde na al die jare se uitstellery gaan hy skotvry kom omdat hy dan te oud sal wees om die hof se trappe op te kom… Intussen betaal die belastingbetalers vir hierdie belaglike tydvermorsing in die howe

marius ·

Die regstelsel is so futloos soos ‘n stingel gekookte spaghetti wat probeer regop staan . Dis die waarheid .

Sarel ·

Ja wat….selfde spelers…..selfde trieks…wag tot
Ander soos Magshule selfde trieks uithaal

Anoniem ·

Carl Niehaus, skaam jy jou nie of het jy geen gewete nie.

Hanna ·

Nie-huis is nogal arrogant om te dink hy kan eis dat Zuma vrygelaat word en ewe dat dit ononderhandelbaar is… Nogal ewe…

Kosie ·

Ja so sorg die anc dokters ook vir hulle kaders en nou gee die hof hulle 2 weke vir n verslag

Magda G ·

Hy makeer niks. Dis n mors van belastingbetalers se geld. Van die saak sal niks kom nie

Tokkel ·

NIEHAUSE, SPRING IN DIE SEE SONDER JOU TJOEPIE GROOOOOOT ASSEBLIEF!!!!
want Suid-Afrika sal goed sonder jou regkom en glo my die ANC ook!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.