Zuma sê jammer vir Hanekom

Zuma se verskoning aan Hanekom. Foto: Skermskoot/Twitter

Oudpres. Jacob Zuma het Sondag in ʼn kort verklaring om verskoning gevra aan Derek Hanekom.

“Op 25 Julie 2019 het ek getwiet dat Hanekom ʼn bewese agent vir die vyand is. Ek trek die bewering onvoorwaardelik terug en vra om verskoning aangesien dit vals is,” het Zuma gesê.

Dit kom nadat die Konstitusionele Hof Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen die hooggeregshofuitspraak van die hand gewys het.

Zuma se aansoek om verlof tot appèl is vroeër die week met koste van die hand gewys nadat die hof bevind het dit het geen vooruitsig op sukses nie.

Hanekom het Zuma se verskoning op Twitter gedeel en gesê hy aanvaar die verskoning. “Sover dit my aangaan, is die saak nou afgehandel, afgesien van die bepaling van kostes en skade, en kan ons nou aanbeweeg.”

Die hoogste hof van appèl het Zuma se aansoek om verlof tot appèl in Mei ook van die hand gewys waarna hy die Konstitusionele Hof genader het.

’n Skermskoot van oudpres. Jacob Zuma se twiet.

Hanekom, ʼn ANC-veteraan wat verskeie kabinetsposte beklee het, het Zuma gedagvaar oor die uitlating.

Die Durbanse hooggeregshof het in September verlede jaar bevind Zuma se plasing was “onwaar, lasterlik en onwettig”.

Zuma is beveel om die plasing binne 24 uur te verwyder en om Hanekom om verskoning te vra. Hy is ook verbied om ooit weer aan te voer dat Hanekom ʼn spioen was vir die wit minderheidsregering.

Hanekom was een van die mees senior lede van die regerende party wat aangevoer het dat die ANC Zuma uit die presidensie moet verwyder toe hy al hoe meer geïmpliseer is in die staatskapingskandaal.

Zuma en sy prokureurs het aangevoer die Twitter-plasing is buite konteks gelees en dit is algemeen bekend dat Hanekom met opposisiepartye saamgespan het om hom uit sy amp te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

'n Simpelman ·

As jy sê ek hoop hanekom en hof gelukkig, dink ek nie jou verskoning eg

JohanR ·

My gooiste! Is ‘n ANC gemaak, is hy gebore of kruip hy onder ‘n klip uit. Die een is soe useless soos die ander een!

annie ·

… gaaap!… Zuma. Van een Zuma na ‘n ander hardekwas Zuma. Wanneer gaan dr Zuma ekskuus vra vir haar mistastings? Dit is ‘n baie ernstiger kwessie wat die land kos. Maar dis ook so, ander mense se geld was nog nooit eintlik iets wat daai familie slapelose nagte gegee het nie.

Snowball ·

Bietjie soos een slang wat ‘n ander een uitskel vir giftig..

Anoniem ·

Nou waar kom oom Zumpie met jammer sê vandaan???? Voêls van eenderse vere!!!

Sonia ·

Ja-nee, meng jou met die semels dan vreet die varke jou op……

NWT ·

Ek wonder of die verskoning opreg is want die woorde ” as if it was false ” beteken dit nie dat hy se sy eerste opinie was die regte een nie. Daar gedeelte van sy verskoning maak nie sin.

Ook wil ek weet waar kry Zuma al die geld vir die hofsake. Dit is duisende indien nie miljoene nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.