Zuma verloor nóg ʼn appèl

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: ANA)

Die hoogste hof van appèl het oudpres. Jacob Zuma se aansoek om appèl teen ’n vroeër beslissing rakende regskoste Vrydag van die hand gewys.

Die Pretoriase hooggeregshof het in November 2018 beslis dat Zuma persoonlik die regskoste moet betaal van sy mislukte hersiening van die gewese openbare beskermer Thuli Madonsela se opdrag dat ʼn geregtelike kommissie van ondersoek aangestel word om staatskaping te ondersoek.

Regter JA Schippers het Zuma se aansoek om appèl met koste van die hand gewys.

“Die applikant het nie ʼn redelike vooruitsig op sukses op appèl vasgestel nie,” het Schippers beslis.

Maroela Media het destyds berig Zuma wou Madonsela se remediërende optrede laat hersien omdat, ingevolge die Grondwet, net die president volgens hom die diskresie het om ʼn geregtelike kommissie van ondersoek aan te stel en dat hy nie deur ʼn ander staatsorgaan aangesê mag word hoe om sy mag uit te oefen nie.

Madonsela het voorts opdrag gee dat die hoofregter, en nie die president nie, die regter moes aanstel wat die kommissie sou lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Blikke ·

Ag kan dit dan so moeilik wees om die siel voor stok te kry?

JohanR ·

Wat is daai LEKKER Afrikaanse gesegte….ietsie van…..en betaal! As jy nie meer in SA by hofe uitkom nie(you have EXHAUSTED ALL the courts) waar gaan jy dan?

antieke antie ·

dan maak en verander jou kadersvriende wette wat julle pas!!!

Flip ·

Heeeheeeheeeeeee. Die wiel is besig om te draai, stadig maar seker…..

JM ·

Zuma het teen apartheid ge-“struggle”; nou “struggle” hy om uit die tronk te bly.

Michael ·

Hy struggle glad nie om uit die tronk te bly nie-die is maar net wol oor ons oe trek. Hy sal nooit ooit skuldig bevind word aan enige iets nie al leef hy nog 300 jaar. So ook met al die ander skelms in die ANC. Hulle bluf net die publiek (veral die wit publiek)met al die kommissies en hofsake

Michael ·

Kan ons regtig glo dat wanneer ‘n kostebevel teen hom of enige ander ANC skelm gemaak word, dat hulle dit in werklikheid betaal? Ek dink ons is naief as ons dit glo

Snowball ·

Syfers bly maar ‘n probleem.
Domastrantheid en arrogansie is duur lesse.

Johan ·

Die stert swaai die hond. Hoe kan kriminele ń hele regering manupileer,meeste van binne af. Die wêreld daarbuite wag net vir die finale skande en insinking. China en Rusland sal kom ‘help’ en dan is alles verby en te laat.

KhoiKhoi ·

Nee wat, hier kom nog ‘n aansoek na die Konstitusionele Hof.
Almal weet mos die Agbare President wil sy “day in court” hê!
Sit is net die liberale media wat op sy regte wil trap en dit vertrap!

Wielspore ·

Kan nou nog nie glo dat ‘n man soos Zuma in beheer van ons land was. Ek dink nie daar bestaan ‘n beskrywing vir sy persoonlikheid.

Flip ·

Ek stem saam, maar hy was wel hoof, en NOOIT in beheer nie..

A ·

Arme man wat al sy appels verloor.

Weet hy nie dat die doktor gaan nou vir hom kom nie?

Politikus ·

En nou sal ons ex-prez oppad wees Konsitusionele Hof toe om hierdie Appelhof uitspraak te appelleer.
En hierdie regskostes wat “hyself moet betaal”, doen hy maar in elk geval net met belastinggeldjies en Eskom presentjies wat hy vantevore ontvang het op duistere maniere…ons betaal dus eintlik maar.
En dan gaan sy gesondheid waarskynlik ook weer begin moeilikheid gee soos die hofdatum nader kom.
En dan is daar die hele probleem van sameswerings teen hom en dalk weer sluipmoord teorieë wat dit net TE gevaarlik gaan maak vir hom om die strate aan te durf na die hof toe.
En sy gunsteling ontduikingstaktiek: Hy dank sy regspan af 3 dae voor die hofdatum, sodat sy nuwe regspan in die hof kan aanvoer hulle het ten minste 9 maande nodig om “hofstukke en getuienis te bestudeer ten einde hul kliënt te verdedig”; dus nog 12 maande uitstel.
En wag vir dié een: “Medici het vasgestel UBaba lei aan vroeë stadium dimentia”. Dit gaan gewig gee aan sy verweer “I can’t remember”.

Cornelius ·

Goeie nuus vir n slag. Sluit hom en sy mede kriminele toe en gooi die sleutel weg. Doen dieselfde met sy ondersteuner ACE Magashule.

Deon ·

Ek wonder of daar iewers inligting is van name wat die langste tye in howe gespandeer het, waar sake nie tot n punt kan kom nie?
Ek kan sien hy draai vas maar waarom is daar so baie opsies vir hom?

Einstein ·

Staak die vervlakste appelle en kry die skurk agter slot en grendel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.