Die pa van Orlando Pirates-sokkerspeler Siyabonga Sangweni is geskiet, vermoedelik deur een van sy kinders, het die sokkerklub Vrydag gesê.
“Dit was nie Siyabonga nie, dit was een van sy broers,” het Floyd Mbele, administrateur vir die sokkerklub, gesê. Dit is nog nie bekend wie hom geskiet of wat die motief vir die skietery is nie. Dit is ook nie bekend of die pa dood of net beseer is nie.
Mbele wou nie verdere besonderhede verskaf nie.
Siyabonga (31) het twee broers wat vir klubs in die Premier-sokkerliga speel. Thamsanqa Sangweni (24) speel vir Mamelodi Sundowns en Mandla Sangweni (26) is doelwagter vir AmaZulu.
En so het elke huis ook sy kruis!!