Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het gesê dat straatname in die stad verander word om die verlede te vereer, het Eyewitness News berig.
Oswald Pirowstraat se naam is Saterdag amptelik na Christiaan Barnardstraat verander. Die naamsverandering vereer die prestasies van wêreldberoemde kardiosjirurg, dr. Christiaan Barnard, wat die eerste suksesvolle hartoorplanting 44 jaar gelede in Kaapstad uitgevoer het. De Lille het gesê dat Kaapstad ‘n Naamgewingskomitee aangewys het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Dit is so belaglik!! Wat van al die besighede in daardie straat wat nou hulle skryfbehoeftes moet verander? Gaan die staat daarvoor betaal? Wat van GPSe? Mense kan soms so silly wees!!