14 sterf toe weerlig slaan

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Minstens 14 mense is dood en drie beseer toe ʼn weerligstraal twee huise in die noordweste van Pakistan getref het, het beamptes Sondag gesê.

Die voorval het in Torghar, ʼn bergagtige streek in die Khyber Pakhtunkhwa-provinsie, plaasgevind waar moesonreën en modderstortings al sedert Woensdag verwoesting saai.

“Minstens 14 mense van dieselfde familie is dood toe die weerligstraal twee huise, wat teenaan mekaar gebou is, getref het,” het Kamran Bangash, provinsiale woordvoerder, aan AFP gesê.

Van die slagoffers sluit in vyf kinders en vier vroue.

Die moesonseisoen, gewoonlik tussen Junie en September, is noodsaaklik vir oeste en om watervoorraad op die Indiese subkontinent op te vul. Dit bring egter ook elke jaar verwoesting.

Agtien mense is in November 2019 in ʼn soortgelyke voorval dood toe ʼn weerligstraal Pakistan se Tharwoestyn getref het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ES ·

Sjoe, dis baie skaars dat so baie mense op een slag dood is van weerlig.

Hennie J ·

Dit sal insiggewend wees om te hoor hoeveel ministers en grootkokkedore die mense besoek met kos klere ens.om stemme te werf. Gaan hulle n staatsbegrafnis kry

Karina ·

Dit is tragies dat een familie so baie lede verloor agv weerlig.

Ek lag nou lekker, jare terug het ons minister gesê ‘n komissie van ondersoek gaan ingestel word om vas te stel waarom 9 mense in KwaZulu Natal dood is agv weerlig en waar kom die weerlig vandaan. Dit was die grootste flater ooit. Ons kon maar net ons koppe skud in verwondering oor die uitlating! Weet nie of julle dit onthou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.