Aangepaste Covid-19-entstowwe goedgekeur

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: GCIS)

Die VSA het Maandag, te midde van toenemende koronavirusgevalle in dié land, aangepaste entstowwe goedgekeur.

Dié entstowwe vir Covid-19 teiken die variante van die virus wat tans in die VSA voorkom beter.

Die bygewerkte en aangepaste entstowwe word deur Moderna en Pfizer vervaardig en teiken spesifiek die Covid-19-subvariant, bekend as XBB.1.5, wat verlede jaar kop uitgesteek het maar intussen nie meer gereeld in die VSA waargeneem word nie.

Dit bied egter ook beskerming teen die jongste variante soos EG.5 en BA.2.86.

“Inenting bly van kardinale belang vir openbare gesondheid en volgehoue beskerming teen ernstige gevolge van Covid-19, insluitend hospitalisering en dood,” sê Peter Marks, ʼn senior amptenaar van die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA).

Moderna en Pfizer sê die aangepaste entstowwe sal in die komende dae in Amerikaanse apteke en klinieke beskikbaar wees.

ʼn Paneel wat deur die sentrums vir siektebeheer en -voorkoming byeengeroep is, sal intussen vandag (Dinsdag) vergader om kliniese aanbevelings te doen oor wie die aangepaste entstowwe moet ontvang.

Pres. Joe Biden se administrasie is van mening dat die meeste Amerikaners jaarliks versterkingsdosisse moet ontvang. Daar word verwag dat die FDA ʼn soortgelyke standpunt sal inneem.

Só ’n beleid sal in stryd wees met Europese lande soos die Verenigde Koninkryk, Frankryk en Duitsland waar versterkingsdosisse oor die algemeen slegs vir bejaardes of diegene met onderliggende mediese toestande aanbeveel word.

Kenners verskil ook oor hoe wyd die opgedateerde entstowwe toegedien moet word.

“Ek glo dat elke Amerikaner beter daaraan toe is om hierdie herfs ʼn versterkerdosis teen Covid-19 te kry,” het Ashish Jha, wat as die Covid-19-reaksiekoördineerder van die Withuis gedien het, aan AFP gesê.

“Mense met die hoogste risiko sal die meeste daarby baat, maar selfs laer-risiko individue vaar beter indien hulle ingeënt word.”

Monica Gandhi van die Universiteit van Kalifornië in San Francisco glo egter versterkingdosisse moet slegs aan spesifieke risikogroepe gegee word.

Die Pfizer- en Moderna-entstof, wat albei op mRNA-tegnologie gegrond is, hou seldsame risiko’s van hartontsteking in, veral by jonger mans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Laksman ·

Dit raak nou winter in die noorde……verkoues en griep gaan toeneem. Doen weg met die naam “Covid” en noem dit net n griep inspuiting en die mense sal dit vat…… Ek dink almal wil al kots as hulle covid/apartheid hoor.

Wakkerslaper ·

COVID-19 is nie ‘n gewone “griep” nie, hierdie virus het al amper 7 000 000 mense dood gemaak in 3 jaar.

Hussin ·

Ek dink al wat mens wil hoor is die waarheid oor die virus.
Wie en hoe dit geskep is, en belangrik, waarom. Dit sal help om te weet wie vir almal se dood verantwoordelik is en, natuurlik, hoekom.
Ons weet natuurlik reeds, sal net help om dit van die verantwoordelike persone te hoor. So droom ek…

Jakkie ·

Nee dit is nie gewone griep nie, dit is meer ‘n verkoue ek was sieker met gewone griep as toe ek Covid gehad het.

TrueMan ·

Gee vir my een enkele bewys dat daar so virus bestaan. Want daar is geen laboratorium toets wat n virus kan sien. Slegs “teenliggaampies”

Wakkerslaper ·

TrueMan, die SARS CoV-2 virus is al in 2019 deur verskye navorsers geïsoleer, en beskryf, so ook die genoom van die virus. Virusse is sigbaar met behulp van elektronmikroskopie. Harcourt et al, 2020 Isolation and characterization of SARS-CoV-2 from the first US COVID-19 patient. Aggarwal et al. 2022 Platform for isolation and characterization of SARS-CoV-2 variants enables rapid characterization of Omicron in Australia. Net om 2 onlangse studies te noem.

Martie Smartie ·

Nee wat julle vang my nie weer so nie. Klaar met julle geldmaak stories

Republikein in die Wes Kaap ·

Die vaksers moet hulle laat spuit. Dit hou die res van ons gesond.

piet ·

Is die inentings nog verniet in SA? Ek sal dalk moet gaan vir hierdie nuwe een wat kop uitgesteek het.

Amelia ·

Simptome van die nuwe variant: Loopneus vir dag of twee, seer keel wat nie wil wyk nie vir omtrent 3 weke. Vir vroue is daar nog ‘n paar hormoonskommelings daarby. M.a.w. dit is niks waarmee jou natuurlike immuniteit nie kan afreken nie.

Laksman ·

Ek weet van Piet – skiet, maar sien daars nou al n Piet – spuit ook ;)

Miskruier ·

Ons belasting geld is rojaal uit betaal, sommer ekstra duur ook. Kyk na verlede week se hofsaak.

Yolandie ·

Vergeet maar daarvan dat julle weer hierdie Covid storie aan SA’kaners gaan verkoop kry die rondte, niemand stel belang om ooit weer ‘n masker te dra of ‘n jab te vat nie. Julle mors julle geld hoor. EN oh ja die jab werk nie!!!!!! Ek het Covid gehad en het mooi teenliggaampies opgebou agv daarvan. En as die slim wetenskaplikes tog net die res kan skool ……met elke variant verswak dit virus soos dit sirkuleer.

Wakkerslaper ·

“….met elke variant verswak dit virus soos dit sirkuleer.” So hoe verduidlik jy dat dieselfde virusse wat griep en verkoue en vraatjies en koorsblare ens. al oor honderde duisende jare dit steeds bly veroorsaak by mense?

Kosie ·

En hoeveel aanspreeklikheid vat die farmaseutiese maatskappy met die een. Gaan mense weer val vir die twak?

Wakkerslaper ·

Die vorige entstowwe het verhoed dat miljoene mense ernstig siek word met COVID-19 en selfs sterf. Die wetenskaplike en kliniese data BEWYS dit.

LIEZL ·

En vorige entstowwe veroorsaak nou dat mense omdop soos vlieë van die gif wat hul ingekry het

ES ·

Snert. Deel bietjie bewyse met ons? ‘n Stelling sonder bewyse is net ‘n opinie.

Wakkerslaper ·

Vanaf die VAERS webtuiste self: “VAERS reports alone cannot be used to determine if a vaccine caused or contributed to an adverse event or illness.” en “VAERS reports may contain information that is incomplete, inaccurate, coincidental, or unverifiable.” “Daar is regtig niks snaaks aan die sisteem nie, dit is bloot ‘n platform om potensieël belanrgike inligting bymekaar te maak.

Harry ·

You are probably one of those guys who still drive around alone with a mask on.

Wakkerslaper ·

Jakkie, ek het beslis nie soos ‘n nar grappies gemaak toe vriende en familie baie siek geword en selfs gesterf het van COVID-19 nie… Net terloops.

Wakkerslaper ·

…met verwysing na geletterde mense wat tot vandag toe ontken dat SARS CoV-2 en COVID-19 ‘n “foefie” is en dat entstowwe “gif” is?

Anna-marie ·

Die WEF kort nog baie geld om hulle One World Order deur te kry.

MC ·

Ja Wakkerslaper, en die griep het baie meer as 7 000 000 mense doodgemaak, maar skielik bestaan daar nie meer so iets soos griep nie. Hou op om mense “anti-vaxxers” te noem, hulle het dalk van babatyd af al elke inenting in die boek gehad, maar in hierdie geval teen dit besluit.

Wakkerslaper ·

Ek vra weer – hoe is 7 000 000 mense se dood “propaganda”?

Wakkerslaper ·

So ek het my verbeel dat vriende en familie ernstig siek en party selfs in die hospitaal was met COVID-19, dat ek self lekker siek was, en dat ‘n vriend aan ‘n ventilator gekoppel en uiteindelik oorlede is aan COVID-19…?

Hussin ·

Feit, die mail in ballots is noodsaaklik om die regte uitkoms te kry. Gewonder hoe lank voor die VSA verkiesing die virus weer gaan kop uitsteek. Ook hoe lank dit hoofstroom media in SA sou vat om voorbereidings werk te begin doen.

Jakkie ·

Vra dit. Dalk is dit omdat ons nie so gulable is soos VSA en daai europese lande nie

annie ·

Hoohaa, nou is die Kaap weer Hollands met hul covid-fabriek aan die zoem. Vasgeval in die covid-resep vir gou uitrol. Wat gaan hierdie keer gedoen word om misdrywe te keer? Dalk sal Mantashe nou ook die minister van entofvervaardinging en -toediening word want hy was so suksesvol met Eskom en die uitrol van ons kragnetwerk.

Harry ·

Hulle kan ongelukkig nie, want daar sit al klaar ‘n 2020 entstof.

Wakkerslaper ·

Dit is maklik om my kommentaar bloot afduimpies te gee… maar dit is moeilik om empiriese, nie anekdotiese data, op die tafel neer te sit wat standpunte BEWYS. En dit is ook gewoonlik waar die argument met ‘n samesweringsteoretikus ophou…

TrueMan ·

Bewyse was die hele pandemie tydperk geblok. En hier nou nog ook.

ES ·

Elke persoon is ‘n regter, ‘n dokter, inginieur of bioloog. Hier is te veel mense wat na samesweringsteoriee luister en daaraan glo. Daar was net so baie mense wat geglo het dat die polio-inenting snert is.

Elke persoon moet maar glo wat hulle wil.

Jakkie ·

Ja want daai 7miljoen is die regte getal wat die eerlikste mense vir ons gesê het. Want hulle wou mos nie mense net bang praat nie. Ja daar is mense oorlede, maar die getalle wat gegee was is nie waar nie. Ek en my vrou het die enting gekry, net sodat ons kon oorsee gaan kuier het vir ons geliefdes

TrueMan ·

Daar is nie een geval, nie n enkele een, waar iemand oorlede n hul huis aangetref was, en die outopsie bepaal dat dit covid was. Wereldwyd

TrueMan ·

Ek het n probleem om dit griep te noem. Want dit gee erkenning aan die bestaan daarvan as siekte

Wakkerslaper ·

So waaraan het 7 000 000 mense gesterf, en miljoene meer in hoë-sorg eenhede beland TrueMan? Enige bewyse vir jou stelling?

TrueMan ·

Ek het dit drie maal op hierdie einste artikel geplaas. Elke keer verwyder. Wat de …. moet ek nog doen

TrueMan ·

En ergste van allles, ek werk elke dag met 100e mense. En elke keer as n jabbed naby my kom, kry ek veral sinus. Sodra hulle weg is, is ek beter. Danksy tyd en grandpas

Gert ·

Ek het nog nooit griep gehad nie en nog nooit n griep inspuiting gekry nie. My vrou het haar eerste griep begin kry na die griep inspuiting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.