Al Jazeera-joernalis doodgeskiet

Die veteraan joernalis Shireen Abu Akleh is Woensdag in Jenin doodgeskiet. (Foto: AFP)

ʼn Veteraanverslaggewer van Al Jazeera is Woensdag in die stad Jenin in die noordelike Wesoewer doodgeskiet. Shireen Abu Akleh (51) was ten tyde van haar dood besig met verslaggewing oor ʼn Israeliese inval in dié gebied. Ten spyte van haar kleredrag waarop die woord Press duidelik gestaan het, is Akleh in die kop geskiet.

Haar kollega, Ali Samoudi, is in die rug geskiet. Die konflik tussen Israel en Palestina woed al jare voort.

Daar word wyd aanvaar dat Akleh waarskynlik deur Israeliese soldate doodgeskiet is, hoewel Israel aanvoer dat Palestynse soldate vir haar dood verantwoordelik is.

Die Suid-Afrikaanse departement vir internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Akleh se skietdood ten sterkste veroordeel.

“Dit wil voorkom of die teiken van joernaliste in besette gebiede en konfliksones soos Oekraïne en Afghanistan, ʼn patroon is om die vrye media stil te maak. Dit is geheel en al ʼn oortreding van internasionale reg.

“In die geval van besetting is protesaksies een van die min maniere waarop Palestyne hul stemme kan laat hoor,” het Zane Dangor, Dirco se direkteur-generaal, in ʼn verklaring gesê.

Dangor sê dit is uiters belangrik dat joernaliste dekking aan gebeure gee soos dit ontvou, en dat pogings om lede van die media te intimideer of vermoor nie ongestraf kan voortgaan nie.

AFP berig dat Palestynse burgers Donderdag ʼn gedenksdiens vir Akleh sal hou. Hulle het egter oproepe deur die VSA vir ʼn gesamentlike ondersoek na haar dood, verwerp.

Die veteraan joernalis Shireen Abu Akleh is Woensdag in Jenin doodgeskiet. (Foto: AFP)

Israel het ook openlik vir ʼn gesamentlike ondersoek gevra en versoek dat Palestynse owerhede die koeël wat Akleh getref, vir forensiese ontleding oorhandig. ʼn Israeliese sekerheidsbron het aan AFP gesê dat Israel selfs bereid was om die projektiel “vir deursigtigheid” in die teenwoordigheid van Palestynse en Amerikaanse amptenare te ondersoek.

Israel se minister van verdediging, Benny Gantz, het laat Woensdag toegegee dat Akleh óf deur Palestynse óf deur Israeliese soldate doodgeskiet is. Dié opmerking sluit aan by dié van Naftali Bennett, Israel se premier, dat Akleh “waarskynlik” deur ʼn dwaalkoeël getref is wat deur Palestyne afgevuur is.

“Ons is nie seker hoe sy dood is nie, maar wil agter die kap van die byl kom en die waarheid sover as wat ons kan, blootlê,” het Gantz aan verslaggewers gesê.

Al Jazeera sowel as Palestynse amptenare en getuies hou vol dat Akleh deur Israeliese magte doodgeskiet is. Die televisienetwerk beweer sy is “doelbewus en koelbloedig” geteiken.

Akleh sal na verwagting Vrydag in die ooste van Jerusalem, waar haar familie woon, begrawe word.

  • Bykomende born: AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

KatjieDeKat ·

Arme vrou! To who ever shot her and her colleague: Disgusting!!

casper ·

Ja Ne. Die Palestyne wil nie die koeel wat haar getref het laat analiseer nie want??? -Dit kom nie uit ‘n Israeliese wapen nie.

Marius ·

Die palestyne is bekend daarvoor dat hul, hul algemene publiek sal doodmaak en dan false propaganda versprei om die ander party te diskrediteer. Hul het dit in die verlede met amerika en brittanje gedoen tydens hul konflik met die lande. Hulle is soos ‘n jakkals met twee gate.

Herman ·

Logika en die waarheid sal seevier. Israel is en was nog nooit terroriste wat teen burgerlikes opgetree het nie. Dieselfde kan nie van die Palestyne gese word nie.

Dries ·

Die Bybel praat van aan die einde van tye sal Israel deur die ganse wereld vervloek word.

Marthinus W ·

Die Israel van vandag is n heel ander land. En in die Bybel se Jesus duidelik: Jode en nie-Jode sal deur God geoordeel word; niemand is regverdig nie, en niemand is verhewe bo God se oordeel nie. Indien die Jode moord pleeg, word hulle onder dieselfde kam geskeer as nie-Jode. [Romeine 2 en 3]

Net vir die interessantheid: n baie groot deel van Israel bestaan uit Russiese Jode wat sedert 1970 soontoe geemigreer het; soveel so dat Russies nou een van die hooftale is.

kaplyn ·

Iemand moet ook net vir Zane Dangor DIRCO se direkteur-generaal in Naledi Pandor se kantoor daarop wys dat die inval van Rusland in Oekraïne ook ‘n oortreding is van die Internasionale Reg is. Hy ken net die Internasionale Reg as daar Palestyne by betrokke is. Die Palestyne soek moeilikheid en as Isreal hulle selfverdedig dan huil hulle en mense soos die Zane Dangor speel die Internasionale Reg en rassisme kaart.

Jackie ·

Tipies Dirco, altyd aan die terroriste se kant. Sê nooit iets oor die Palestynse vuurpyl aanvalle op Isrealiese burgers nie.

Boatsie ·

As hul so beskuldigings rondslinger, hoekom weier hul dan die gesamentlike ondersoek en ballistiese toetse op die patroon.
Laat mens dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.