Beloning uitgeloof ná 4-jarige verdwyn

Cleo Smith (4) was saam met haar ouers by ’n kampterrein in Wes-Australië toe sy in die nag uit hul tent verdwyn het. (Foto: Facebook / Ellie Smith)

Australiese owerhede het ’n beloning van $1 miljoen (byna R11 miljoen) uitgeloof vir inligting wat tot die opsporing van ’n vermiste kleuter kan lei.

“Dis ’n gevoel wat ek geen ma toewens nie. Ons wil net ons dogtertjie by die huis hê,” het Cleo Smith (4) se ma, Ellie Smith, op ’n video op die Australiese polisie se Facebook-blad gesê.

Cleo het Saterdag uit ’n tent by die Blowholes-kampterrein in Macleod, sowat 50 km noord van Carnarvon, verdwyn.

Sy het saam met haar ma en stiefpa, Jake Gliddon, gekamp.

Volgens die polisie in Wes-Australië is die blondekop-bruinoogdogtertjie vir die laaste keer gesien waar sy in haar rooi-en-swart slaapsak geslaap het.

Cleo Smith en haar kleinsus, Isla Gliddon. Cleo het dié slaappakkie ten tyde van haar verdwyning aangehad. (Foto: Facebook / Ellie Smith)

Die nuusblad The Daily Mail berig die ouers, wat die tent met Cleo en haar kleinsus Isla gedeel het, het opgemerk Cleo is weg toe hulle omstreeks 06:00 Saterdag wakker geword het. Haar slaapsak was ook weg en die ritssluiter van die tent was glo heeltemal oop.

Volgens Smith het Cleo 01:30 wakker geword en vir water gevra, waarna sy weer gaan slaap het. Dit was die laaste keer dat sy haar dogtertjie gesien het.

Luidens die berig het ander kampeerders glo intussen aangedui dat hulle omstreeks 03:00 ’n motor hoor wegjaag het.

Die polisie het dit egter nog nie bevestig nie en dit is nie duidelik of dit wel met haar verdwyning verband hou nie.

Cleo Smith by haar ma, Ellie, stiefpa, Jake Gliddon en die paartjie se babadogter, Isla Gliddon. (Foto: Facebook / Ellie Smith)

“Groot kommer heers oor Cleo se veiligheid,” het die polisie in ’n verklaring gesê.

’n Massasoektog duur sedert Saterdag voort.

Smith en Gliddon het Dinsdag ’n beroep op lede van die publiek gedoen om enige inligting, groot of klein, aan te meld.

’n Emosionele Smith sê haar dogtertjie sou nooit alleen afgedwaal het nie.

“Sy is pragtig, delikaat en het die grootste hart. Sy is so snaaks.”

Die polisie het ’n beroep gedoen op enigiemand wat by die kampterrein gekuier of oornag het, om na vore te kom en met die polisie kontak te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sandra ·

Hmm ek het ‘n vae suspisie, maar ek kan verkeerd wees. Sal maar die verloop van die storie volg.

Dries ·

Hier was beslis nie n roofdier betrokke nie, soos jare gelede die gval was nie.

Onnie ·

‘n Roofdier het nie hande om die tent se ritsluiter tot bo oop te zip nie… Dalk ‘n twee-been roofdier?

Jack ·

Ai die ou klein dogtertjie.Hoop hulle vind haar.Gelukkig is die polisie en speurdiens in Australie baie meer bevoeg as die klomp hier.

Skappie ·

So jammer om te hoor van klein Cleo. Hoop sy word vinnig opgespoor, en terug aan haar ouers besorg.

Shakespeare ·

Enige ouer se horror nagmerrie. Hoop julle vind haar gou.

Wonder net ·

Wat ek nie verstaan nie, 2 grootmense slaap saam haar in die tent…. nie een van hulle hoor n ritsluiter oopgaan nie… niemand kom agter sy is weg nie…. dont parents check up on theor kids anymore during the night? Even al slaap hulle almal bymekaar? Iemand MOES tog iets agterkom. Veral oor die slaapsak saam verdwyn het. Wat beteken sy moes of in die slaapsak opgetel gewees het, wat ook n geritsels sou maak, of uitgetel gewees het en dan die slaapsak verwyder, want jou ook sou wakker maak veral as almal na aan mekaar le. Hoop met my hele hart hulle vind haar veilig.

Madeleine ·

Babas en Klein kinders slaap Mos nie Alleen in hul eie tent nie!? Of is ek verkeerd. Ekt 4 kids en sou dit nooit toegelaat het toe hul so Klein was nie.

Karinda ·

Dit was ‘n 2 vertrek tent – sy en haar sussie het in die 1 vertrek geslaap en die ouers in ‘n ander – heeltemal normaal.

Jaquar ·

Kinders is baie bang vir die donker en sal nooit alleen uit hul tent gaan in die nag nie

Belinda ·

net een vraag, hoe kon hul nie hoor as die kind weer uit die tent is nie siende sy nog water deur die nag gevra het? Hoe het hulle nie die zip hoor oop gaan nie? Mens slaap mos anyways bietjie lig siende dit n vreemde plek is?
Iets maak nie sin nie.
Ek hoop maar hulle kry haar veilig en ongedeerd.

Antoinette ·

Wonder ook. Daar is ‘n stiefpa so moontlik is die regte pa iewers in die prentjie.
As die windjie net my gordyne laar ritsel is ek wakker, so ja, dis baie snaaks dat niemand wakker geword het nie.

Carina ·

Die antwoord lê in die berig. Cleo Smith vs Isla Gliddon. Waar is Cleo se biologiese pa? Sit sy foto op ‘n melkkarton dat ons hom kan soek.

Gerhard ·

Soos baie van julle het ek ook n paar vrae. Hier is goed wat nie sin maak nie. Ek hoop die kind is veilig.

E ·

Wat van daai sateliete wat elke paar sekondes ‘n foto neem van die hele aarde? Ek kan nie verstaan dat SA en Aus nie Amerika/china/rusland kan vra vir die sateliet grepe vir die tyd en plek waar die Moti broers en Cleo ontvoer is nie, ek meen ek dink daai tegnologie is beskikbaar?

Cherokee ·

Sateliete wat elke paar sekondes die hele globe afneem? Is jy seker daarvan? Ek dink nie daar’s sulke tegnologie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.