Bentley se luukse elektriese motor in 2025 verwag

Argieffoto (Foto: Toby Parsons/Pixabay)

Die luukse motorhandelsmerk Bentley het Woensdag gesê sy eerste ten volle elektriese motor sal in 2025 gereed wees. Die maatskappy het ʼn reusebelegging onthul om ʼn volledige koolstofvrye maatskappy te word.

Die eerste battery-aangedrewe elektriese voertuig sal by sy aanleg in Crewe in die noordweste van Engeland ontwikkel en gebou word, het Bentley in ʼn verklaring gesê.

Die motorvervaardiger, wat deur Volkswagen besit word, het bygevoeg hy belê £2,5 miljard (ongeveer R51,3 miljard) in “volhoubaarheid oor die volgende 10 jaar”.

“Dit is ʼn ambisieuse en geloofwaardige padkaart tot koolstofneutraliteit vir ons totale onderneming,” het Adrian Hallmark, uitvoerende hoof van Bentley, gesê.

Volkswagen, wie se 12 handelsmerke ook Audi, Porsche en Skoda insluit, belê €35 miljard (meer as R600 miljard) in die skuif na elektriese voertuie en het ten doel om teen 2025 die wêreld se grootste vervaardiger van elektriese motors te wees.

Bentley het sowat 4 000 personeellede in diens by sy Crewe-aanleg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Perdeby ·

Dis baie nice, maar ongelukkig gaan die gewone landsburgers in SA dit nie kan bekostig nie. Nie eers die nuwe BMW in SA is bekostigbaar nie. Die kaders sal dit kan bekostig, maar hulle sal heel wat stadiger moet ry om hulle bestemming te bereik, want hoe vinniger jy ry hoe meer krag gebruik jy. Moet dalk al die taxi elektries maak, dit kan werk.

Smurf ·

Nog altyd gedink Bentley is n Britse produk soos Rolls , Land Rover , Aston Martin ens ?

Sune van Heerden ·

Dagsê Smurf

Dankie vir jou boodskap.
Bentley is inderdaad ‘n Britse motorvervaardigingsmaatskappy, maar dit word deur die Duitse Volkswagen besit.
Ons het die artikel gewysig om enige verwarring te voorkom. Dankie dat jy dit onder ons aandag gebring het.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

JohanR ·

Smurf – VW/BMW/Mercedes Benz het amper al Britse kar makers opgeraap en sal ons maar se verbeter. Volvo behoort darem aan aan Geely van China….

Karina ·

In Suid Afrika met sy krag onderbrekings, gaan die voertuie meer staan as ry. haha

Janette ·

Met al die loadshedding gaan ons nie eens die 2de robort maak nie….LMFGA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.