Biden klaar kankerstelling uit

Pres. Joe Biden (Foto: Stefani Reynolds / AFP)

Talle vrae het ontstaan oor die Amerikaanse president, Joe Biden, se gesondheid nadat hy Woensdag tydens ’n toespraak verklap het dat hy kanker onder lede het.

Hoewel party mense met Biden se diagnose gesimpatiseer het, het ander weer bespiegel dat Biden dalk die kankerkaart speel as deel van sy veldtog teen klimaatsverandering.

Biden het Woensdag by ’n steenkoolkragstasie in Somerset, Massachusetts, ’n toespraak gelewer om maniere te bespreek om klimaatsverandering te beveg.

Biden het tydens die toespraak verwys na die skade wat olieraffinaderye se uitlaatgasse veroorsaak.  Hy het na sy ouerhuis in Delaware verwys en gesê hy en baie ander mense saam met wie hy grootgeword het, “het nou kanker”.

“My ma het ons rondgery eerder as wat ons gestap het. Met die eerste ryp van die winter, het my ma letterlik die olie van die motorruit met die ruitveërs afgevee. Dis hoekom ek en so baie ander mense saam met wie ek grootgeword het, kanker het en hoekom Delaware vir ’n lang ruk die hoogste kankersyfer in die land gehad het,” het Biden in sy toespraak gesê.

Die toespraak is op Twitter gedeel en die president se aankondiging dat hy kanker het, het heelwat kommentaar uitgelok.

Die Withuis het egter Donderdag alle bespiegelings nek omgedraai met ’n verklaring waarin hulle noem dat Biden verwys het na sy velkankerbehandeling voordat hy verlede jaar as Amerikaanse president ingehuldig is.

Andrew Bates, woordvoerder van die Withuis, het aan The New York Post bevestig Biden het nie-melanomiese velkanker deur middel van ’n operasie laat verwyder, net voordat hy die leisels as Amerikaanse president oorgeneem het.

Dit is egter onduidelik waarom Biden gekies het om in die toespraak daarna te verwys dat “hy kanker het” en só impliseer dat hy die siekte steeds onder lede het.

Biden se dokter, dr. Kevin O’Connor, het verlede jaar ’n gesondheidsverslag uitgereik en daarin was geen aanduiding dat die president wel nog kanker onder lede het nie.

O’Connor se verslag skryf Biden se velkanker toe aan die lang ure wat hy as kind in die son deurgebring het, eerder as blootstelling aan chemikalieë wat deur die oliebedryf gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Waarnemer ·

Duidelik het hierdie ou geen idee wat dit is om kanker te he nie en wat dit is om aan kanker te sterf nie.Vel kanker is n vulletjie teen ander soorte kankers en dalk moet iemand hom inlig dat dit nie iets is om ligtelik oor te gesels nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Behalwe melanomiese kanker. Voor jy weet is dit in jou organe en gebeentes. Dodelik.

Gaitsigubib ·

My vriend velkanker is soos ander kanker. As jy dit nie vinnig sien en behoorlik uitsny nie is jy tickets. Joe is in elk geval reeds kapot, hy wil maar net so lank verskoning maak dat hy nie n 2de termyn sal dien nie.

My siening ·

Dink jy mense gaan nie dood van velkanker nie, jy sit die bal ver mis!

Gaitsigubib ·

Bom ja mens moet seker maar besef dat sommige mense sal stry net om nie verkeerd te wees nie. Natuurlik sou mens eerder velkanker as breinkanker wil he. Ek sou self nie een van die 2 wou he nie, maar mens kan nie jou lewe kies nie.

Harley Davidson ·

Die ou praat soveel nonsens dit is moeilik om hom te glo of ernstig op te vat.

annie ·

En bowen alles het die oom nou glo ook covid opgedoen selfs na sy drie dosisse entstof… of soek hy ‘n ruskansie tuis na sy kognitiewe uitputting. Hy is glo darem nie te siek nie.

Realis Thailand ·

Toe lieg uitgekom het het biden alles geneem dan is hy ook nog n sosialis
Hy is n laakbare leuenaar ,wees dit oor sy seun hunter of oor homself
Hy is verder ook besig om vinnig seniel te word en loop soos n ou man

yahneh ·

Waarnemer, net ‘n voorstel. Doen jou naam gestand en gee bietjie meer aandag voor jy sulke stellings maak…

annie ·

Biden het al heelparty sulke blabse gemaak om mense te beïndruk en dan moet iemand agter hom opvee. Ons moet maar hoop hy droom nie dalk ‘n wêreldoorlog dreig en hy moet die atoombom aktiveer nie. Skoonmaak ná die tyd gaan moeilik wees.

Niklaas ·

Ek is nie vreeslik beìndruk met ou Biden en beslis nog minder met die dame Kamala Harris , die vaak vise president , wat sy opvolger sal wees as hy skielik sterf. Dis ‘n soberende gedagte daai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.