Biden kry verslag oor oorsprong van Covid-19

Pres. Joe Biden. (Foto: Saul Loeb / AFP)

ʼn Geklassifiseerde verslag oor die oorsprong van Covid-19 is Dinsdag aan die Amerikaanse pres. Joe Biden oorhandig. Hierdie verslag stippel uit of die virus van diere afkomstig is, of weens ʼn voorval by ʼn laboratorium begin versprei het.

Volgens Amerikaanse owerhede kan dele van die verslag in die komende paar dae aan die publiek bekend gemaak word.

Maroela Media het vroeër berig Biden het in Junie Amerikaanse intelligensieagentskappe opdrag gegee om binne drie maande verslag te doen oor hoe die virus ontstaan en versprei het.

Biden se versoek volg op ʼn verslag van die Lawrence Livermore-laboratorium in Kalifornië wat in Mei verlede jaar bekend gemaak is. In dié verslag word die moontlikheid ondersoek dat die virus uit ʼn laboratorium in Wuhan versprei het.

Bewerings dat die Covid-19-virus in ʼn biotegnologie-laboratorium in Wuhan ontstaan het, het ook die afgelope maande sterk begin toeneem.

Volgens Amerikaanse owerhede was dit nie ʼn maklike taak om die inligting vir die verslag te bekom nie omdat China nie sy volle samewerking met die ondersoek wou gee nie. Beijing het oproepe van die VSA en ander lande om ’n hernieude ondersoek na die oorsprong van die virus, verwerp en wou ook nie die nodige inligting bekend maak nie.

Daar is aanvanklik geglo die virus het sy oorsprong by vlermuise en is waarskynlik deur ʼn tussenganger-spesie na mense by ʼn kosmark in Wuhan oorgedra. Dié teorie is aan die begin van die pandemie redelik gemaklik aanvaar, maar mettertyd het al meer vrae begin ontstaan. Veral nadat wetenskaplikes nie ʼn virus in óf vlermuise óf ander diere gevind het wat soortgelyk is aan die genetiese afdruk van SARS-CoV-2 nie.

In die lig van toenemende bespiegelings oor die oorsprong van die virus, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) in Julie aangekondig dat hy beplan om Chinese laboratoriums te oudit. Die beplande oudits sal relevante laboratoriums en navorsingsinstellings in gebiede waar die eerste Covid-19-gevalle aangemeld is, insluit.

ʼn Span wetenskaplikes van die WGO is egter vroeër vanjaar toegang tot Chinese laboratoriums geweier.

China se adjunkminister van gesondheid, Zeng Yixin, het verlede maand gesê die gerugte oor ʼn moontlik mensgemaakte virus is absurd en dat die betrokke laboratoriums in Wuhan nooit navorsing op koronavirusse gedoen het nie.

Beijing hou steeds vol dit is hoogs onwaarskynlikheid dat die virus in ʼn laboratorium ontstaan het.
Chinese amptenare en staatsmedia is eerder van mening dat die virus uit die Amerikaanse militêre navorsingslaboratorium in Fort Detrick in Maryland afkomstig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Esme ·

Okay, oom Joe, wat nou?
Wat is die pad vorentoe of gaan ons maar in die verlede leef?

Fedup ·

Well, as this one is not the brightness of the bulbs, I do hope he can read and understand what it is he will be reading. He won’t be honest with his reply.
Anyhoo, we already know where this virus came from, who is responsible and why this was done to the human race.

Belinda ·

So as almal nie saamgewerk het om die ondersoek te steun nie, beteken dit daar is nogsteeds n toe smeerdery iewers oor hoe of hoekom hierdie virus ontstaan het. En so gaan ons dit maar seker net moet aanvaar wat vir ons gelieg word. Daar is meer omtrend hierdie siekte as wat ons gewone mense dink…..

Samuel ·

Stem saam met Belinda. Hier is ‘n groot bedrogspul aan die gang. Die toesmeerdery gaan ook nie einde kry nie.

Annelize ·

Ek het nog heeltyd gese die virus is mensgemaak, en die feit dat nie almal (China) samewerking wil gee nie, oortuig my net meer.

Sal my voortande gee om daardie verslag in sy totaliteit te kon lees, maar ek dink slegs geselekteerde inligting sal bekend gemaak word.

VaalDonkie ·

Die virus is oorspronklik seker van ‘n dier afkomstig. Die mens kan nog nie sy eie virusse maak nie. Maar “gain of function research” is wel ‘n ding waarmee ons al ‘n lang ruk besig is. Dis waar jy ‘n bestaande virus vat en vir hom ekstra truuks leer. Soos om vir jou ‘n rowwe siekte soos COVID te gee. En dis nie goed wat jy op snaakse webtuistes lees nie. Dis in die akademiese literatuur.

Lood ·

Ek hoop hy het iemand wat die verslag vir hom kan lees en kan verduidelik wat daarin staan………

Harley Davidson ·

Biden sal nie eers weet wat angaan as sy eie ID document vir hom gegee word nie Harris slaan die kitaar in die withuis.

Anna-marie ·

Nie net Harris nie ook Obama, Clintons, Nancy, Soros ens.

JM ·

Hoekom keer China vir al wat hulle werd is? Húlle is verantwoordelik vir die ontstaan van die virus, maar eerlikheid bestaan nie in die Chinese se verwysingsraamwerk nie, onderduimsheid wel. Dit was ‘n koelbloedig beplande moordveldtog. Die oordeel kom God toe.

Willem ·

Die beweringe dat die virus in ‘n laboratorium gemaak is deur mense loop al reg van die begin af. Ons moet eerder uitvind presies WIE daarvoor verantwoordelik is en hulle aan die pen laat ry.

Hoekom ·

Kan nie wag om verder te hoor hoe hierdie man vir almal lieg nie, en dit sonder om ‘n oog te wink…

Net nog ‘n haai in die see van leuens, uitgeken deur vandag se liberale politiek.

Bring terug die TRUMP. Hy sal daardie see leeg tap, die haaie se tande trek en hulle ontmasker vir wie en wat hulle rerig is, en met ‘n bom of twee die haaie netso ontbeen…

Mariana ·

Ook net gedeeltelike verslag sal bekend gemaak word, hoekom nie sommer als nie.

Adriana ·

As dit is Wuhan ontstaan het, moet die hele wêreld China boikot en hulle moet almal vergoed wat mense aan die dood af gestaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.