Biden onder streng sekuriteit ingehuldig

‘n Heining buite die Kongresgebou. (Foto: Olivier DOULIERY / AFP)

Joe Biden sal Woensdag onder die wakende oog van talle veiligheidsbeamptes in Washington D.C. as die 46ste president van Amerika beëdig word. Dit nadat vyf mense dood is toe Trump-ondersteuners die Kongresgebou ’n paar weke gelede bestorm het uit opstand oor Biden se verkiesing as president.

NBC Washington berig die Kongresgebou is tans omring deur ’n heining van sewe voet hoog terwyl gewapende troepe van die nasionale wag die gebied patrolleer. Talle militêre voertuie is op straat ontplooi. Die Amerikaanse Kongresgebou en kompleks is gesluit vir die publiek en die terrein sal nie Woensdag toeganklik wees nie.

Die publiek word versoek om die inhuldiging virtueel te volg te midde van die Covid-19-pandemie én uit vrees vir oproer.

“Enigiemand wat probeer om onwettig toegang tot die Kongresgebou se terrein te verkry, stel hulself bloot aan die gebruik van geweld en inhegtenisneming,” het die Kongresgebou se polisie gewaarsku.

Biden se inhuldiging volg maar twee weke nadat Trump-ondersteuners die Kongresgebou bestorm het.

Altesaam vyf mense is weens die betogings dood, onder wie ’n vrou wat deur die polisie geskiet is en ’n polisiebeampte wat beserings tydens ’n struweling met die betogers opgedoen en later in die hospitaal dood is.

Byna 90 betogers is sedertdien in hegtenis geneem in verband met die voorval.

Só verloop program

Altesaam 200 000 Amerikaanse vlae pronk in die National Mall-park. (Foto: Twitter)

Soos tradisie dit het, sou Biden en sy vrou, Jill, Dinsdagaand op die vooraand van sy inhuldiging in die weelderige Blair-huis oorkant die Withuis op Lafayette-plein deurbring. Blair-huis word deur die Amerikaanse regering gebruik om spesiale gaste en hooggeplaastes te huisves.

Biden, ’n katoliek, sal dan Woensdagoggend ’n mis by die St. Matthews-kerk in Washington bywoon. Demokratiese en Republikeinse kongresleiers is genooi om die mis by te woon.

Biden sal vandaar na die Kongresgebou (die Capitol) geneem word waar die inhuldigingseremonie om 11:00 (18:00 Suid-Afrikaanse tyd) sal afskop. Kamala Harris, visepresident, sal eerste haar eed aflê voordat Biden na verwagting omstreeks 12:00 (19:00 Suid-Afrikaanse tyd) op die trappe van die Kongresgebou beëdig sal word.

Die National Mall-park wat van die Kongresgebou tot by die Lincoln-monument strek, sal egter gedurende die inhuldiging gesluit wees weens Covid-19 en streng sekuriteit in die lig van die onlangse chaos by die Kongresgebou.

Lady Gaga sal gedurende die inhuldigingseremonie die volkslied sing waarna Jennifer Lopez sal optree.

Die pas ingehuldigde 46ste Amerikaanse president sal dan ’n ete saam met lede van die kongres in die Kongresgebou geniet voordat hy na die Arlington Nasionale Begraafplaas net buite Washington sal vertrek om ’n krans by die Graf van die Onbekende Soldaat te lê.

(Foto: Angela Weiss / AFP)

Die voormalige Amerikaanse presidente Barack Obama, George W. Bush en Bill Clinton sal die kranslegging bywoon. Biden se voorganger Donald Trump sal egter nie daar wees nie.

Vandaar sal Biden na die Withuis reis waar hy na verwagting die laaste deel van sy reis te voet sal aflê en sy nuwe tuiste sal binnegaan.

Biden en Harris sal na verwagting ’n laaste (20:25 Amerikaanse tyd) toespraak by die Lincoln-monument lewer om die 400 000 mense wat weens Covid-19 in die VSA omgekom het, te vereer.

’n Televisieprogram genaamd Celebrating America sal deur die akteur Tom Hanks aangebied word. Bekendes soos Jon Bon Jovi, die Foo Fighters, John Legend, Demi Lovato, Bruce Springsteen, Justin Timberlake en Luis Fonsi sal na verwagting gedurende die program optree. Die program sal deur alle Amerikaanse hoofnetwerke uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Politici (regs, middel en links) is ook maar lekker bang vir die publiek. Spul beta mannetjies.

Stof ·

“Vrees word grootliks gekoester deur hulle wat weet, hulle eie optrede skep ‘n rede tot vrees…”
Met dank geleen by Dr Lucy Vercuil, Psigiater.

Aai ·

Soos ek die ding kyk gaan Biden maar sy rug die hele tyd moet dophou en die stress wat saam met dit gaan,gaan hy maar sukkel en vinnig oud word so dat Kamala kan oorvat dan gaan jy die poppe sien dans in daai land as sy moet oorvat mooi beplan deur die (Media/Demokrate)Jy is beter af nou Pres.Trump die demokrate sal hulle dag kry.

Piet ·

Daar was mos al ‘n swart demokratiese president onlangs. Geen poppe het toe gedans nie.

Thom ·

Yip , die VSA kan nou vorentoe kyk en sy regmatige plek as wêreldleier inneem sonder trompie se twak __ sy grootste ambisie was om die olie-magnate van die VSA te beskerm en daarvoor is hy ryklik beloon .

RS ·

Snaaks is die vrees, Seker oor hy weet hy word nie werklik so verwelkom soos hy sou dink nie.

Jacobus ·

Al 18 wat sy politieke “rallies” gereeld bygewoon het sal seker daar wees – eintlik pateties. Demokrasie – die grootste oksimoron van alle tye.

Sanet ·

Jacobus, En as ek kon het ek nou vir jou 10000 op duimpies gegee.

Leeuwyfie ·

“Wanneer jy 20 000 soldate nodig het om jou te beskerm tydens inhuldiging, moenie verwag dat mense glo dat jy die populêre stem gewen het met die meeste stemme in die geskiedenis nie.”

Natasha ·

Amal wat so aangaan dat Biden oneerlik was met die stemme vergeet vinnig van die Trump/Rusland beskuldigings wat ook nie bewys kon word nie. Die wat beweer Biden is bang en dis hoekom al die sekuriteit maatreels getref word, hoekom gaan julle uit julle pad om kameras, buurtwag, sluit van huise, ens. te reel… is julle bang of noem mens dit VERANTWOORDELIKHEID & VOORSORG? Wees baie versigtig om so vinnig te wees om te oordeel. Mense wat in glashuise bly moet nie klippe gooi nie!

Jaco ·

Hiers nou ‘n perfekte kans om te gebruik: Biden en sy Demokrate beheer die volle regering van Amerika. Dis sterk op human rights en oop grense en oop immigrasie. SA se president hou weer nie van SA se wit mense nie en mors rond met ons human rights. So kom ons vra ramaphosa en biden om saam ooreen te kom dat al SA se wit mense na die oop Amerika gedeporteer word. Dan is ramaphosa ontslae van die wit mense wat alles in SA so “ongelyk” maak en dan kan Biden se mooi oop immigrasiebeleid en klem op human rights sommer dien as goeie voorbeelde van watse “mooi” land Amerika nou is. Eerlikwaar die eks bereid om met niks van vooraf in Amerika te begin. Daars darem selfs onder die Demokrate nie beurtkrag, plaasmoorde, onbeheerde misdaad en swak munisipale dienslewering nie.

Piet ·

Julle regses sal te veel verdeeldheid in die VSA veroorsaak en aanblaas soos julle hier in SA doen. Ek dink net demokratiese gesinde witmense sal daar verwelkom word.

JanSt ·

Ek dink die wat verdeeldheid saai moet maar Australie toe gaan

Francois Le Cochon ·

Biden se “oop immigrasie beleid” is net van toepassing op hoogs geskoolde persone, nie op elke Jan Rap en sy maat nie.

Pieter ·

haha Trump bou muur rondom Amerika en Biden om die regering self… HMMMM

Maggies ·

Daar sien ons nou duidelik wie Amerika van nou af gaan beheer. Eers word die nuwe lw. katolieke, president ingewy. Lady Gaga gaan die Volkslied sing en daarna sal JLo optree en op die televisie program gaan bekendes soos Jon Bon Jovi, die Foo Fighters, John Legend, Demi Lovato, Bruce Springsteen, Justin Timberlake en Luis Fonsi ook optree.
Gaan soek al die name op en sien waar hulle lojaliteit lê.
Mense ek is bevrees Babylon het geval.

Piet ·

Klas. Vergelyk nou die wereldsterre met Steve Hofmeyr wat seker by Trump se afskeidsparty gaan optree en pampoen sing.

Maggies ·

Piet daar is hoegenaamd geen onderskeid tussen Steve en al daardie selferkende mense wat spog oor hoe hul, hul rykdom of faam bereik het nie.
Ek luister honderd maal eerder na Steve se “Pampoen” voor ek na Madonna se “Like a prayer” luister.

Jaco ·

Jammer Aretha Franklin is nie meer met ons nie. 1000 maal beter as al daardie “kunstenaars” saam.

Willem ·

Begin van VSA se ellende!!!Hulle gaan Trump mis as die people die regering oorvat en plunder soos in SA!!!

Peetjie ·

Soos ek verstaan is Biden Atëis… En hy woon n kerkdiens by???
Hier kom groot bollie vir USA

Anton ·

Gelukkig sal daar darem ‘n paar duisend vlae wees om die mail-in voters te verteenwoordig ????

Blikkies ·

Hierdie nuwe ou is so dom, hy besef nou nog nie hy is eintlik maar net die demokrate se ‘Fall’ guy nie. As hulle nou alles opgeneuk het, net soos hier by ons, dan kry hy die skuld en gaan te dom wees om te verstaan hoekom.

Thom ·

Maar steeds slimmer as die ex-president wat gesê het dat Covid sal ” oorwaai ” en dat aardkorsverhitting nie bestaan nie .

Buks ·

Dink die sekuriteit en geslote plekke en toegangsverbod is eintlik daar om te versteek dat daar net omtrent 10 mense sou opdaag vir die gebeurtenis nl. Sleepy Joe, Crazy Nancy, Kamala, die hoofregter, n kameraman en joernalis van CNN en BBC ,Obama, en mark van FB

Dunsie ·

Ek vermoed Biden gaan nie lank president wees nie, dan gaan Kamilla of w,at ook al haar is, oor vat. As jy kyk na verskillende optredes van Biden, klink dit nie of hy aldag self weet waar hy is nie, praat deurmekaar ens, en die mense stem vir hom!!
BEE is Amerika se voorland, my opinie.

Sanet ·

Trudie, Stem 100% saam met jou. Daar is alreeds sprake van BEE in Amerika. Kan duidelik die ooreenkomste met SA waarneem asook dieselfde mense wat hier betrokke was. Hoop almal wat so pro- Biden is hier het die video waar hy betrokke was by Suid Afrika ten gunste van die ANC regering en sy woede uibarsting teenoor SA se wit bevolking gesien. Indien nie, gaan doen gerus bietjie navorsing.

Riaan ·

Ek persoonlik wag in spanning om te sien en beleef wat volgende in Amerika gaan gebeur. Al is ons Suid-Afrikaners, of jy nou ge-immigreer het of nogsteeds in jou moeder-land bly, word nogsteeds beinvloed deur die besluite in die “White House”. Ek het dit in 2016 gesê toe oud-president Trump verkies was, en ek sê dit weer vandag: Wat besluit word in die “White House” het ongelukkig internasionale impak en impak ons lewens net soos dit ‘n Amerikaner se lewe impak. Die belangrikste vraag is op die ou einde net dit: Waarin of in Wie hou jy jou hoop?

Francois Le Cochon ·

Ek lees dat verskeie regses wat in hegtenis geneem is na die Capitol inval, besef nou dat Trump vir hulle gejok het oor stem stelery.

Piet ·

Hulle probeer net hul eie bas red nou dat hulle in die moeilikheid is. Jy weet mos ‘n jakkals verander van hare maar nie van snare nie.

Jaco ·

As Biden regtig Rooms-Katoliek is, dan wonder ek nou net, wat dan nou van goed soos aborsie en gay huwelike? Dis goed wat my nie pla nie, maar ek weet dat terwyl sy Demokratiese Party ten gunste van dit is, is sy Rooms-Katolieke Kerk daarteen. Gaan hy dus net Rooms-Katoliek wees waar dit hom pas, of net Demokraties waar dit hom pas? Ek vra maar net,want hy het BAIE te sê gehad oor Trump se leuens en dubbele standaarde…

Piet ·

Aborsie is al vir dekades wettig in Amerika onder republikeinse en demokratiese regerings. Dit was ook wettig tydens die skynheilige “Christelike” Apartheidsregering hier in ons eie SA in sommige omstandighede. So terloops – die Bybel se niks van aborsie nie, dis ‘n morele kwessie.

Jaco ·

Vergeet die Bybel. Wat ter sprake is is, Biden se Rooms-Katolieke Kerk is teen dié goed, maar sy wonderlike Demokrate is ten gunste daarvan. So ek wonder maar net, hoe gaan hy sy beginsels buig?

Frans ·

Die frustrasie spruit voort uit Amerika se ‘winner takes all’ verkiesingsbeleid.
In ARIZONA MICHIGAN , GEORGIA, NEVADA PENNSYLVANIA WISCONSIN behaal Biden gemeet aan die aantal kiesers klein maar deurslaggewende oorwinnings.
In Georgia bv. gaan 4935487 mense stembus toe en wen Biden in die doodsnikke met 11779 stemme.
Voeg daarby Biden se uitlating,wat later as ‘n ‘slip of the tongue’ beskryf is:
“We have put together, I think, the most extensive and inclusive voter fraud organization in the history of American politics,” Biden said in a clip posted to Instagram Oct. 24.
En jy het ‘n resep vir totale chaos waarin beide partye ‘n aandeel het, veral
waar elke Goeweneur ‘n haan op sy eie mishoop is en Covid 19 maatreëls toegepas het soos dit hulle staat gepas het.

Ek hoop dat die onsinnige debat oor hoe goed Biden en sleg Trump is nou tot ‘n einde kom want as Amerika as ‘n wêreldmag misluk en on chaos verval gaan Afrika en ander lande nie die gevolge vryspring nie

Thom ·

” Voter protection organization ” __ dit is hoe gemeen die ” trompies ” kan wees ; neem ‘n toespraak van 20 minute en ” edit ” die volgordes so’n effens en siedaar ; verkiesingsbedrog erken !

Piet ·

Ook baie lief om ou koeie uit die sloot te grawe. Sal die man veroordeel oor wat hy 50 jaar gelede gese het.

Johan ·

Hy het dan die verkiesing loshande gewen…wettiglik. Hoekom dan bang wees vir jou eie kiesers wat jou dan so op die hande gedra en vir jou gestem het. Ek ruik n rot.

Piet ·

Nodige maatreels om die mal verregses dop te hou en vas te vat, dis al.

Riaan ·

Plato — ‘No one is more hated than he who speaks the truth.’

Keelvol ·

Dis nogal eintlik snaaks dat hoe vinnig 90 mense gearresteer word vir die Kongress gedoente, maar nog niemand van BLM is gearresteer vir die plundeer en diefstalle nie.

Sanet ·

Presies dieselfde resep soos hier Niklaas. Die hele Kongress gedoente was ook vooraf deur Nancy Pelosi en Chuck Schummer georganiseer. Antifa en BLM was betrokke by die hele gedoente.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.