Boris Johnson is voorloper in VK-leierstryd

Boris Johnson, wetmaker van die Britse Konserwatiewe Party (Foto: AP Photo/Frank Augstein)

Boris Johnson was Donderdag die voorloper om Brittanje se volgende eerste minister te word. Hy het die grootste deel van die stemme gewerf in die eerste ronde van stemmery deur die Konserwatiewe Party se wetmakers.

Johnson, voormalige minister van buitelandse sake en bekend daarvoor dat hy ten gunste van Brexit is, het 114 van die 313 stemme ontvang. Jeremy Hunt, wat Johnson as minister van buitelandse sake opgevolg het, het 43 stemme gewerf. Michael Gove, omgewingsminister, het 37 stemme gewerf.

Die uitslag beteken dat Johnson waarskynlik een van die twee finale kandidate sal wees vir wie 160 000 partylede landswyd sal stem. Die wenner sal leier van die Britse Konserwatiewe Party en Britse eerste minister word.

Drie kandidate is geëlimineer. Dit is die wetmakers Esther McVey, Mark Harper en Andrea Leadsom. Hulle kon nie die minimum van 17 stemme werf om na die volgende ronde deur te dring nie.

Johnson het onderneem om “Brexit te laat plaasvind” as hy as eerste minister verkies word.

Johnson se foutiewe uitsprake het hom al in die sop laat beland. As minister van buitelandse sake het hy in 2017 verkeerdelik gesê die Brits-Irannese vrou wat in Iran aangehou word, is ʼn joernalis. Dit het pogings om haar vrylating te verseker, in die wiele gery.

Hy het verlede jaar ook kritiek op die hals gehaal toe hy Moslem-vroue, wat gesigbedekkings dra, met “posbusse” vergelyk het.

Wetmakers sal volgende week weer uitdunrondes hou totdat slegs twee deelnemers oorbly. Die finale uitslag sal na verwagting op 22 Julie bekend gemaak word.

Buiten Johnson, Hunt en Gove, is daar nog vier deelnemers in die stryd: oud-Brexit-minister Dominic Raab, minister van binnelandse sake Sajid Javid, minister van gesondheid Matt Hancock en minister van internasionale ontwikkeling Rory Stewart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Shannon ·

Oeps. Maroela is ook maar eintlik net deel vannie ‘fake news’ cabal nê ?
`n Ware nuus kanaal sou die hele storie vertel met big picture perspektief.
En dit is : die Tories het `n helse skop weg tussen die bene en die aanvaller was “The Brexit Party”, onder leiding van ou Nigel Fraash. En as die Britse publiek die besluit moes neem tussen daardie lig toring en die wolkop dan wil dit blyk of ons dalk binnekort eerder vir Nigel sien in trek by No 10 instede van wolkop en sy cherrie.

Gert van Wierdapark ·

Met Boris aan die stuur van sake, kan Brittanje vir Amerika troef wat Trump betref!!! Hy sal nogal kan “deurgaan” vir n jonger Trump!!!

N Lourens Reitz ·

En dan moet Frankryk vir Marine le Pen ook daar kry en so word die wêreld dan ń beter plek

Susna ·

Die Britte bly maar n wereld probleem. Raak sommer ook ontslae van die sogenaamde “Royals” , grootste klug in Britanje en die wereld. Waar het jy al ooit gehoor jou Nasionale volkslied lui ” God save the queen”? Boris gaan ook maar instruksies vananaf die Paleis ontvang, en gedwing word om volgens hulle pype te dans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.