Britse koninklikes: Mandela se kleinkind boos; broedertwis duur voort

Prins William en prins Harry. (Foto: Chris J Ratcliffe/AFP)

Die drama, intrige en skokonthullings vanuit Buckingham-paleis se binnekamer laat die oë wêreldwyd rek.

Die stof van die opspraakwekkende Netflix-dokumentêr, Harry & Meghan, het skaars gaan lê of nuwe skokonthullings is op die lappe. Dele van Harry se lankverwagte memoire, Spare, is uitgelek en het die skindertonge omtrent laat klap.

Spare plaas opnuut die kollig op die voortslepende twis tussen die koninklike broers, prins William en prins Harry. Harry beweer dat William hom in 2019 aangerand het tydens ’n hittige gesprek oor sy vrou, Meghan. Hoewel William dit in daardie stadium as ’n blote onderonsie afgemaak het, is dit nie hoe Harry dit onthou nie.

Harry vertel ook dat Meghan vir moeilikheid gesorg het toe sy ’n grappie teenoor Kate gemaak het ná die geboorte van hul jongste, Louis. William se vinger was dadelik in die lug, met ’n waarskuwende: “Dis ongeskik, Meghan. Dié dinge word nie hier gedoen nie.” Volgens Harry het Meghan toe gevra dat William sy vinger voor haar gesig wegvat.

Harry wys ook die vinger na William en Kate vir die 2005-skandaal waartydens hy ’n Nazi-kostuum gedra het. Hy het later daarvoor om verskoning gevra, maar beweer nou in Spare dat William en Kate hom aangemoedig het om dié kostuum te dra.

“Hulle het geskaterlag,” vertel hy van die dag waarop die twee hom in die kostuum gesien het.

Dwelms, oorlog

Kokaïen het ook deel van die prins se jong dae gevorm. In die boek vertel hy dat hy op 17-jarige ouderdom die middel gebruik het, maar nie baie daarvan gehou het nie.

Prins Harry (Foto: sussexroyal/Instagram)

“Dit was nie lekker nie. Dit het my nie gelukkig gemaak soos wat dit klaarblyklik ander gemaak het nie. Dit het my wel anders laat voel, wat die groot doel was.”

Hy voel boonop skuldig oor sy tyd as soldaat. “Terwyl ek in die weermag was, het ek 25 mense doodgemaak,” vertel hy in die boek. “Dit is iets waarvoor ek myself altyd sal aanspreeklik hou.”

Mandela se kleindogter boos

Die koninklike egpaar se nuwe Netflix-dokumentêr, Live to lead, het Nelson Mandela se kleindogter, Nikola, boos.

Dié dokumentêr is deur Harry, Meghan en die Nelson Mandela-stigting vervaardig en plaas die kollig op leiers en sterk figure oor die wêreld heen. Die Springbok-rugbyspeler Siya Kolisi, die eerste minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, en die jong omgewingsaktivis, Greta Thunberg, is onder andere deel van die reeks.

Die 57-jarige Nikola meen egter dat die egpaar bloot haar oupa se naam gebruik om munt daaruit te slaan.

“Ek weet die Nelson Mandela-stigting ondersteun die projek, maar mense het deur die jare heen my oupa se aanhalings gesteel en sy naam gebruik omdat hulle weet dat dit dan beter verkoop. Harry en Meghan is nie anders nie,” het Nikola aan The Australian gesê.

Sy het Harry ook aangeraai om homself by sy eie sake te bepaal en gevra waarom haar oupa relevant in dié konteks is.

“Ek dink nie dat Harry of Meghan al my oupa behoorlik ontmoet het nie. Miskien by Buckingham-paleis toe Harry jonger was. Maar hulle gebruik sy aanhalings in die reeks om mense te lok en miljoene te maak terwyl die Mandela-familie glad nie daarby baat nie.”

Bykomende bronne: The New York Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Yolandie ·

Hoe lekker lag ek nou, die issue deur Mandela se klein dogter is nie die misbruik van haar oupa se naam in ‘n Netflix reeks deur Megan en Harry nie (maar meer omdat die gesin – familie) nie finansieel baat vind daarby nie. Ai man ja dit gaan net glad nie oor Oupa Mandela se naam nie maar oor geld.

Nici ·

Als gaan oor geld. Harry en sy vrou moet iewers geld maak om hul hoe lewenstyl te handhaaf.

Truman Burbank ·

Poppie. Prins Harry is baie groter as wat jou “oupa” ooit was of sal wees. En ek is nie gek oor die royals nie.

Elna ·

Prins Harry word verfoei hier in die VSA. Niemand van gesag en staning gee hulle enige aandag nie, as jy familie so kan slegsê is jyself vrot van binne.
Ja, die Mandelas wou seker hulle ‘cut’ hê. ????

Nici ·

Jacinta het ook haarself gedistansieer van die dokumenter. Sy is sonder haar medewete daarin vervat.

Chris ·

Ag asseblief tog. Die koninklike huishouding is van binne af besig om in te gee. Hulle kan nie so voort gaan nie. Tant Liezbet sou dit nie geduld het nie. Andries (Andrew) is mos met kattekwaad uitgevang. Soos elke “empire” kan ek ook dink dit sal behoort in te gee. Die Romeinse Ryk het gevou soos vele ander. Wat laat die bleek bene dink hulle s’n sal hou. Die ANC ryk is ook besig om te inplof. Hoog tyd.

SwartBees ·

Nikola soek net geld….stop haar n’ $100 in die hand en sy hou haar smoel.

Johanna ·

Hoog tyd dat Harry en sy Megan in die bek geruk word. Hy het vir sy eie bas n lat gesny

Mariana ·

Ag nou gaan die twee weer permanent is alle nuus wees. Hulle val self in die gate wat hulle vir ander grawe. Twee kinders wat net nie grootword en verantwoordelikheid wil vat nie. Sy wil net in die kollig wees en is net besig om hom dieper die afgrond in te sleep. Skree rassisme terwyl sy mooi agter die deur staan. Hy is net so bedorwe en kry nie sy sin nie. Albei maak moeilikheid en hy het beslis met die verkeerde tipe vrou getrou. Shame arme hulle. Vreeslik ongelukkig………dan soek hulle die fout by ander.

Johann ·

Soveel van aandag vraat het ek nog nie gesien nie. Maar nou ja, as die geldjies wat uitgedeel was opdroog???? Plaas van werk…soek aandag en betaling vir stories.

Janice ·

Ek sal graag wil weet wat Nikola Mandela bedoel met “glad nie daarby baat nie.”

Jr ·

Hoekom droog hierdie twee sensasie soekende idiote net op en verdwyn in die wind. Real pain in the butt people. Die geld droog op nou nê Meghan. Hoekom verbaas dit my nie die nelson mandela institute betrokke is nie

Samuel ·

Shame!! Ek voel so jammer vir die Mandela’s en die kinderagtige Harry en Meghan. Word groot.

Republikein in die Wes Kaap ·

Waar die Mandelas betrokke raak is dit ‘n gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.