Koninklike broers swaai glo appels in kombuis

Prins William en prins Harry (AP Photo/Pool)

Die hertog van Sussex, prins Harry, voer aan dat sy ouer broer, William, nou die prins van Wallis, hom tydens ʼn argument in 2019 glo fisiek aangeval het. Die argument het glo oor Harry se vrou, Meghan Markle, gegaan.

Die jongste onthulling oor prinse Harry en William se broedertwis kom terwyl hulle pa, koning Charles III, besig is met voorbereiding vir sy kroning in Mei. Charles III het in September koning geword ná die dood van sy ma, koningin Elizabeth II, op 96-jarige ouderdom.

The Guardian het Woensdag berig dat die 2019-voorval in prins Harry se lankverwagte memoire Spare vertel word. Spare word binnekort, te midde van ʼn voortslepende twis binne die Britse koninklike familie, uitgereik.

Prins Harry (38) vertel in sy outobiografie dat ʼn argument in die kombuis van sy huis in Londen die voorval veroorsaak het. Prins William het glo gesê dat Meghan, hertogin van Sussex, “moeilik”, “ongeskik” en “onbeskof” is, waarna die broers na die grond getuimel en begin stoei het.

“Hy het my aan die kraag gegryp, die ketting om my nek geskeur, en my op die vloer gestamp. Ek het op die hond se kosbak beland, wat onder my rug gekraak het, die stukke het in my gesny,” haal The Guardian uit Spare aan.

Op versoek van Harry het William toe die kombuis verlaat, maar glo eers nadat hy omgedraai en gesê het dat Meghan nie van die onderonsie hoef te weet nie. Anders as sy broer het Harry dit eerder as ʼn aanval beskou.

Harry en Meghan (41) het verlede maand in ʼn Netflix-dokumentêr getiteld Harry & Meghan die sluier oor hul ervarings binne die koninklike familie gelig.

Die egpaar het in die dokumentêr hul ongelukkigheid toegeskryf aan rassistiese mediaberiggewing in poniekoerante wat glo deels deur hul eie familie aangehits is. Hulle het verder ook uitgebrei op hul besluit om Noord-Amerika toe te verhuis.

Prins Harry het egter verlede week in ʼn onderhoud gesê hy wil familieverhoudings herstel. “Ek wil graag my pa in my lewe hê, en ek sal graag my broer ook wil terughê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Erik ·

Ook maar net mense… Nie seker hoe ek oor enige een van hulle voel nie, maar Harry het wel baklei vir sy vrou en daarvoor het ek respek vir hom. Ek dink Harry en Meghan, met hul vryheid, is baie beter af as die res van die koninglikes.

Johanna ·

Ek neem William nie kwal8k nie. Sy pas nie in by die familie nie

Nommer 7 ·

Erik, het u H&M se dokkie op Netflix gekyk? Ek het. Megan sien haarself as die slagoffer omrede sy by die “firm” moes inpas, en nie die “firm” by haar nie. Sy neem selfs die “firm” kwalik dat sy op haar eie “God Save the Queen” moes leer, en dat niemand vir haar gese^ het dat daar baie mense in die strate sou wees op haar troudag. Bipolere narsistiese psigopaat as jy my vra.

Republikein in die Wes Kaap ·

Geen regdenkende pas in daai familie nie…

Wielspore ·

Na my mening het Engeland se sogenaamde koningklis ‘n chip op die skouer en neerhalend afkyk op ander nasies en kulture wat maar net ‘n ander vorm van rassisme is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Terloops, 20% van die Britte leef nou in armoede. Van hulle is vier miljoen kinders. Dit skeel die adelikes nie.

Christine ·

Stem nie saam nie. Diana was lief vir Afrika en Harry het hier in die buurlande en Soweto kom kuier. Was dit nie Meghan self wat op hul besoek allerhande ekstra sekuriteit laat aanbring het op die aandrang dat dit Afrika is nie? Lyk my sy is die een wat die klem op rassisme plaas en nie andersom nie.

Hennie Biebouw ·

Wat ‘n swakkeling is die arme Harry nie….Sy Meghan sal weldra moeg raak van hom en hom ook maar uitskud. Dis nie ‘n geval van “of” nie, maar bloot wanneer dit gaan gebeur…

Gert ·

He He, lyk my hy is net so drama queen soos daai……… vrou van hom.

kaplyn ·

Ek stem met jou saam. Harry kerm en huil oor alles net soos ‘n 8 jarige seuntjie. Hy tree beslis nie op soos ‘n 38 jarige man nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Harry het baie gedoen vir Britse oorlogveterane. Tot by die Suidpool gestap vir gestremdes. Hy was nou betrokke by die Invictus Spele. William is steeds MIA.

Christine ·

Dis hoe hulle hul geld maak, deur boeke en flieks en dokumentêre programme en onderhoude wat die koningshuis afkraak. Hulle werk mos nie en pappa se bydraes het mos opgedroog. Hulle is die wêreld se no 1 woke paartjie. Dis ‘n skande dat ‘n man hom sp aan sy neus laat rondlei.

M ·

Snaaks, maar my twee seuns het ook in vroeër dae handgemeen geraak … eish ….ôk maar nét gewone “seuns” …..

Republikein in die Wes Kaap ·

Hoe oud was jou seuntjies toe hulle handgemeen geraak het? Oor 15? Dan moes jy ingegryp het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Terloop, indien twee getroude broers op pad na hul 40s handgemeen raak is daar groot probleme in die paleis. Pa Charles moet hul titels wegvat.

Pannies ·

Engeland moet nou wakker word en die Koninglikes afskaf voordat dit n groter verleentheid raak.

Koos 100 ·

Ek wens so dat die spul moet end kry. Nou weet ek hoekom die oorlede koningin nie wou oorgee terwyl sy geleef het nie.

Elize ·

What a whimp!! Broers baklei. Normale deel van grootword en seun wees. So bly hy is maar die “Spare”.
ek was mal oor hom eens op ‘n tyd. Nou is hy ‘n verleentheid.

sopbeen ·

Mooi so William. Jy moes hom ‘n paar warm klappe ook by gegee het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Harry het eiehandig 29 Afghanis doodgemaak. Hy is gevaarlik.

kaplyn ·

Jy praat nonsens. Wanner die sirenes afgegaan het, het hy in die bunkers gaan wegkruip.

Republikein in die Wes Kaap ·

Toegegee, ek was nie in Afghanistan soos jy nie. Jy het alles gesien.

Nommer 7 ·

“Mega Liar and the Spare” gaan nog baie geld maak met hul “ons is die slagoffers” dokkies op Netflix.

JohanR ·

Is al moeg vir al die vuil wasgoed. Dit het als begin by Meghan Markle. Ou Harry is nou net ‘n skoot hondjie…..ja my liefie, nee my liefie, ekskuus ja my liefie!

Martie ·

Ag aardetjie… is hulle nou die eerste broers wat baklei oor die ander een se vrou?

Niklaas ·

Dankie tog snikkende Harry is nie die eerste troonopvolger nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wie hier gee om wie is die opvolger van die Britse troon.

Lillian ·

William is/was reg oor daai vroumens, sy is opportunities, narsisties en ‘n geldwolf.

Grassie ·

Daardie twee op die foto lyk darem regtig nie soos broers nie.

Atta ·

Moes hulle boek eerder Hairy and Scary genoem het… Dan kan die Afrikaanse vertaling daarvan Waar en Wolhaar wees.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hulle lewens was al lank voor die Yank omgekrap.

Hennie ·

Mens kan net die kop stud. Op daardie stadium moes Harry , ‘n oorlogsveteraan, omtrent 38 gewees het. Mens sou hoop hy kon homself darem teen sy boetie beskerm, maar nou ja! En 2 broers wat mekaar gryp is $100 000 000 werd. Pateties!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien twee getroude broers op pad na 40 mekaar gryp is daar skroewe los.

Cherokee ·

Gewoonlik lees ek nie oor daardie familie nie, maar nou sit ek die koerant en deurblaai, en wat ‘n groter verleentheid is as mev. Windsor se kinders en kleinkinders, is die kommintare. Om soveel belangstelling (en bewondering) te hê in ‘n familie wie se geskiedenis sò naby gekoppel is aan konsentrasiekampe en afgebrande plase, verstom my. Dit neig te klink asof sommiges werklike studie doen oor die koninglikes se leefwyses. Mev Windsor (hul ouma) het (sover ek weet) nooit spyt uitgespreek oor die boereoorlog en vrouens en kinders wat in konsentrasiekampe aangehou is. Twyfel of haar nageslag veel daarvan weet. Ek wonder ook hoeveel die gemiddelde lokale kommentator daarvan weet. ‘n Ontleding van die duimaffe en duimoppe verduidelik veel van dit wat ek hier sê.

Republikein in die Wes Kaap ·

20% van die Britte leef nou in armoede. Van hulle is vier miljoen kinders. Veral Engeland se demografie is besig om te verander. Die wiel draai.

Yolandie ·

Ek verstaan glad nie hoekom die 2 mense voorgee hulle is “victims” nie, hulle is dan uitgegroeide grootmense. Harry en Megan sanik oor die media (wat hulle verafsku) maar het geen probleem om ‘n reeks aan Netflix te verkoop vir ‘n klomp geld om Harry se familie se naam sleg te maak nie. Net ‘n tip vd twee……hoe meer modder jy na ander gooi sonder om enige verantwoordelikheid te vat vir jou aandeel hoe meer reflekteer dit negatiewelik op jou. Harry ek is jammer om te sê het geen ruggraat nie, en jou vrou is ‘n oppertunis wat geweet het hoe gebroke jy is oor jou ma se dood en sy het die geleentheid gesien om nie net in jou familie in te trou vd faam nie (maar ook die potensiaal gesien daarin) om geld te maak daaruit omdat sy nou ‘n titel het. En nou verbeel julle twee julle dat julle belangrik is want daar is mense wat luister…..dis net nuuskierigheid en dit sal oorwaai. En dan wat het julle om te verkoop vir geld??? Daar is meer waardigheid daarin om stil te bly.

Milestone ·

Hy ry sy ma se legacy bloots vir $$$ in die sak. Sonder dit (sy ma se legacy) het hy nie veel om op te bou nie. Soos jy sê…..die ruggraat is maar broos.

Charl Albertus ·

Het Harry dan nie al sy titels op gegee nie? Indien wel is hy mos nou net Mnr……

kommentaar ·

Dis werklik jammer dat n megan markle die einde van die driemanskap beteken het. Dalk sou ek makliker daaraan kon sluk as dit iemand meer waardig was?

Kloekie ·

Aandagsoekende gedrag.
Lekker gooi hy sy broer onder die bus, asof hy squeaky clean is.
Bitter en wraaksugtig die twee daar in amerika.
Hulle wíl in die kollig wees

Astrain ·

Genugtig, jy het die hele London Bridge afgebrand Harry….

Jr ·

Hoekom hou hierdie muis nie stil nie. Hy is flippen irriteerend

Laaitie ·

Willimpie moes hom maar goed gefoeter het soos ouer broers altyd doen.

Adriana ·

Daardie vrou is die probleem vandat sy in die prentjie gekom het was daar net moeilikheid, sy is die een met die probleem sy ly aan ñ minderwaardigheids kompleks. Net ñ kwessie van tyd dan is daardie sogenaamde sprokie verby.

Owlie ·

Oh man dis tyd dat die twee aanvaar hulle het gekies om uit die koninklike lewe te stap. Om nou allerhande nonsens – waar of nie waar nie – te versprei is om die Koningin en Prinses Diana se legacy te verwoes. Word groot en gee eerder aandag aan jul toekoms wat julle gekies het.

Hoekom ·

“moeilik”, “ongeskik” en “onbeskof” klink soos enige amerikaanse aktriese of akteur…

Mariana ·

Broers baklei soms ja. Net omdat hulle koninklikes is, beteken nie sat hulle nie mense is nie. Dis eintlik snaaks dat hulle nie lankal mekaar getakel het nie. Harry kry net waarvoor hy gesoek het. Daai vrou het hom van sy familie vervreem en om nou weer te verwag dat hulle sommer net moet vergeet oor als wat hy kwytgeraak het en steeds kwytraak is darem baie gevra. Jammer maar hy is bietjie aan sy “neus” rondgelei. Eintlik moet mens jammer voel vir hom. Wonder wat sy ma sou gedink het van die hele siek sage.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.