Chinese bevolking krimp eerste keer in 60 jaar

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Isaac LAWRENCE / AFP)

China se bevolking het verlede jaar vir die eerste keer in meer as ses dekades gekrimp. Dié land het in 2022 ook sedert 1976 en vir die eerste keer meer sterftes as geboortes aangeteken.

Nuwe data deur China se Nasionale Buro vir Statistiek toon dat hoewel die land se nasionale geboortesyfer al jare lank daal, die geboortesyfer in 2022 ʼn rekordlaagtepunt bereik het: 6,77 geboortes per 1 000 mense.

Sowat 9,56 miljoen mense is verlede jaar in China gebore. Sowat 10,41 miljoen het in dieselfde jaar gesterf.

Die wêreld se digsbevolkte land staan gevolglik nou op 1,411 miljard inwoners. Dit is 850 000 minder burgers vergeleke met 2021.

Dit lyk nou of China deur ʼn dreigende demografiese krisis in die gesig gestaar word terwyl Indië gereed maak om hom as die wêreld se digsbevolkte land verby te steek. Indië het verlede jaar 17 geboortes per 1 000 mense aangeteken en 16,42 geboortes per 1 000 mense in 2021.

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: STR / AFP)

Die VSA het in vergelyking 11,06 geboortes per 1 000 mense in 2021 aangeteken terwyl die Verenigde Koninkryk in dieselfde jaar 10,08 per 1 000 mense geboortes aangemeld het, berig BBC.

China het sy streng eenkindbeleid – wat in die 1980’s opgelê is weens vrese vir oorbevolking – in 2016 beëindig en paartjies word sedert 2021 toelaat om drie kinders te hê.

Ontleders meen nou die inkrimping kan toegeskryf word aan die stygende lewenskoste in China sowel as ʼn groeiende aantal vroue in die arbeidsmag.

Xiujian Peng, ʼn navorser aan die Universiteit van Victoria in Australië, sê die eenkindbeleid het tot gevolg gehad dat Chinese burgers gewoond geraak het aan kleiner gesinne.

Zhiwei Zhang, ʼn ontleder van Pinpoint Asset Management, sê intussen China se bevolking gaan in die komende jare waarskynklik selfs nóg verder daal.

“China kan nie staatmaak op die demografiese dividend as ʼn strukturele drywer vir ekonomiese groei nie. Ekonomiese groei sal meer moet afhang van produktiwiteitsgroei, wat deur regeringsbeleid gedryf word.”

  • China se bevolkingsyfer het in die vroeë 1960’s laas gedaal toe die land die ergste hongersnood in sy moderne geskiedenis beleef het, ʼn gevolg van die rampspoedige Mao Zedong-landboubeleid bekend as die sogenaamde Great Leap Forward.
  • Altesaam 45 miljoen mense is destyds binne vier jaar dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anel ·

Gaan nou seker ook die virus die skuld gee!! Maar hulle is die wêreld vol ook.

Papsak ·

Hulle kort dit hopeloos te veel daarom kom hulle nou so baie SA toe hulle moet bly waar hulle hoort onscgaan nie China toe nie

Christine ·

Die chinese is die hele wêreld vol, selfs ons kleinste plekkies het Chinese. Bly hulle krimp. Hulle is besig om Afrika-lande leeg te eet. Angola het nie eens meer ‘n springkaan oor nie en nou kom hulle vir ons oseane. Hulle is ‘n plaag.

Belinda ·

ek dink dit krimp want die helfde van hulle is hier in SA!

Lillian ·

Wel daar is klaar hope by in ons land. Te veel eintlik. Dis nou ‘n nasie wat ek nie kan veel nie.

Kensy ·

Ek dink SA kan ook hulle een kind beleid volg. Te veel mense wat dit nie kan bekostig kry kinders wat n las op die Staat plaas…. in fact.. hier word kinders gebaar en gerigistreer net vir die GRAND! En waarom word kinders wat hier gebore word (wie se ouers alby onwettig in die land is, as SA Burgers gerigistreer????) Ek wonder hoeveel kinders kry die SASSA grand terwyl die ouers terug is na hul Buur lande?? dis algemene kennis dat Buurlande se swanger inwooners hier kom geboorte gee sodat hulle die grand kan eis.

Korrelkop ·

Dit sal hulle leer! Maak mos elke tweede baba dood en eet dit (hoor sê).

Jill Hill ·

Dankie tog!!! Paar ander volke kan ook doen met uitdunning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.