Chris Rock sê uiteindelik oor befaamde Oscars-klap

Will Smith klap die komediant Chris Rock op die verhoog tydens die Oscars-geleentheid. (Foto: Robyn Beck/AFP)

’n Jaar ná die berugte Oscars-klap tydens verlede jaar se seremonie, hou Chris Rock steeds nie Jada Pinkett Smith se naam uit sy mond uit nie.

Dié 58-jarige komediant en akteur, wat verlede jaar as seremoniemeester opgetree het vir dié gesogte geleentheid, het uiteindelik kommentaar gelewer oor die dag waarop die akteur Will Smith, Jada se man, hom ’n reusehou op die verhoog toegedien het.

Tydens ʼn regstreekse Netflix-uitsending van sy komedievertoning, Selective Outrage, wat op 4 Maart uitgesaai is, het Chris uiteindelik dié opspraakwekkende voorval aangespreek.

“Ek weet dat baie mense sê dat woorde seermaak, maar enigiemand wat dit glo, is nog nooit deur die gesig geslaan nie,” het die komediant geskerts.

Dié twee akteurs het die wêreld aan die gons gehad nadat ’n grap oor Jada se hare by die 94ste Oscar-toekenningsgeleentheid in Maart verlede jaar ’n sensitiewe Will ontstel het.

Nadat Chris met Jada die gek geskeer het, het Will besluit dat hy sy vrou daarteen moet beskerm. Hy het eers ʼn paar waarskuwings, wat onder meer insluit dat Chris sy vrou se naam uit sy mond moet hou, vanuit sy sitplek geskree. Dit was egter nie lank nie, toe is hy saam met Chris op die verhoog besig om hom te moker.

In sy komedievertoning het Chris egter ook benadruk dat Will se woede daardie aand op die verkeerde ding geskoei was.

Chris beweer Jada beheer die Smith-verhouding en dat sy Will aangemoedig het om in 2016 as Oscar-aanbieder uit te tree nadat hy nie ʼn benoeming vir die fliek, Concussion, ontvang het nie. Chris het ook gesels oor Jada se buite-egtelike verhouding wat ʼn paar jaar gelede op die lappe gekom het.

“Sy het hom baie seerder gemaak as wat hy my het,” het Chris gesê.

Die rede hoekom hy nie dadelik ná die befaamde klap gereageer het, of baie oor die voorval gesels het nie, skryf Chris aan sy grootwordjare toe.

“My ouers het my geleer om nie voor mense te baklei nie!”

Chris kap ook na koninklikes

Chris het homself tydens die komedievertoning ook oor prins Harry en Meghan Markle uitgelaat.

Meghan Markle. (Foto: Angela Weiss/AFP)

Hy het verwys na Meghan se beweringe dat die koninklike familie rassisties teenoor haar opgetree het.

“Van die dinge waardeur sy gegaan het, was nie rassisme nie, dit was blote skoonfamilie-goed,” het Chris gesê.

Hy het ook gesê sy behoort te geweet het waarvoor sy haarself inlaat voordat sy by die familie aangesluit het. Hy het egter bygevoeg dat sy soos ʼn aangename vrou lyk, maar dat sy bloot net te veel kla.

Bykomende bronne: USA Today, BBC News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

George ·

As mense steeds glo daai klap was werklik en nie beplan nie, dan weet ek nie. Jada het Will forseer om haar te interview oor haar affairs…Die special van Rock was baie snaaks, ekt baie lekker gelag.

JohanR ·

Gelukkig was die black on black violence. Sal nie weet hoeveel maal ek vir Julius Malema ‘n lekker snot klap wil gee nie. Dit sal nou white on black violence wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.