Covid-19-entstof: Eerste eise in Duitsland oor ‘newe-effekte’

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die entstofvervaardiger BioNTech is hof toe gesleep oor beweerde newe-effekte wat sommige pasiënte glo ontwikkel het nadat hulle met BioNTech se entstof teen Covid-19 ingeënt is.

Die entstowwe, wat ná die uitbreking van Covid-19 in 2020 teen ʼn ongelooflike spoed ontwikkel is en waaraan vroeë goedkeuring vir gebruik verleen is, is tans die fokus van regstappe in verskeie lande, waaronder Frankryk en Brittanje.

Eisers voer aan die entstowwe het hul gesondheid benadeel.

ʼn Hof in Hamburg was veronderstel om Maandag ʼn saak teen BioNTech, wat saam met die Amerikaanse reus Pfizer die eerste mRNA-entstof – Comirnaty – vervaardig het, aan te hoor. Die saak is egter uitgestel nadat die eiser se prokureurs ter elfder ure die regter se onpartydigheid betwis en gevra het dat ʼn paneel regters eerder die saak aanhoor.

Dié applikant beweer dat sy verskeie newe-effekte ontwikkel het nadat sy BioNTech se Covid-19-entstof ontvang het. Dit sluit in pyn in die bolyf, swelling van die ledemate, moegheid en slaapversteuring.

Sy eis €150 000 (sowat R2 miljoen) in skadevergoeding én ʼn erkenning dat die “verweerder verplig is” om materiële skadevergoeding te betaal.

Haar prokureur, Thomas Ulbrich, wat ook 250 ander eisers in soortgelyke sake verteenwoordig, sê sy kliënte was “almal gesond” voordat hulle ingeënt is. Hy meen sy kliënte se mediese lêers wys ʼn duidelike verband tussen die entstowwe en die simptome wat sy kliënte ondervind.

BioNTech se mRNA-entstof, ʼn wetenskaplike deurbraak, het reeds op 21 Desember 2020 voorwaardelike bemarkingsmagtiging deur die EU-regulerende owerheid EMA gekry.

Soortgelyke magtiging vir Moderna, ʼn ander mRNA-entstofvervaardiger, het kort daarna gevolg.

Die Paul Ehrlich-instituut, wat entstowwe in Duitsland reguleer, sê uit die 192 miljoen dosisse wat in Duitsland toegedien is, is 338 857 vermoedelike gevalle van newe-effekte aangemeld. Dit sluit in 54 879 gevalle van ernstige reaksies.

Dít sluit in voorvalle van beroerte tot trombose en hartsiektes, sê ʼn ander Duitse prokureur, Joachim Caesar-Preller. Hy verteenwoordig 140 kliënte wat glo simptome ná inenting ontwikkel het.

Hy eis tot €1 miljoen in skadevergoeding per saak – plus rente – maar gee toe dat daar ʼn opdraande stryd voorlê wat hofsake betref.

Die howe sal moet besluit of die newe-effekte van die medikasie, wanneer dit reg gebruik word, “ʼn regverdigbare vlak volgens die bevindinge van die mediese wetenskap” oortref.

Met ander woorde, die gevolge moet ernstig genoeg wees om in ag geneem te word, verduidelik Anatol Dutta, ʼn professor aan die Universiteit van München.

ʼn Eiser wat slegs as Kathrin K (45) geïdentifiseer is, meen haar simptome is ernstig genoeg.

Volgens Kathrin het sy baie gewig verloor nadat sy die entstof ontvang het. Sy moes ook sedertdien verskeie dermoperasies ondergaan.

“Ek haat dit as mense vir my sê ek is ʼn geïsoleerde geval,” sê sy. “Ek is nie.”

Meer as 8 000 soortgelyke aansoeke is sedert April ingedien waarvan sowat 5% tot dusver suksesvol was, aldus die Duitse media.

BioNTech het egter aan AFP gesê die aantal aanspreeklikheidseise wat teen die maatskappy ingedien is, is baie klein vergeleke met die aantal dosisse wat wêreldwyd toegedien is.

Die entstofvervaardiger eis dat elke saak individueel ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

127 Kommentare

JvR ·

Elkeen is n sitkamer kenner. Nie een van die vaxxers wat komentaar lewer werk in n laboratorium nie. Hulle gaan bloot op wat een gedeelte van die media vir hulle se.

Johan ·

Ek vertrou Big-Pharma. Hul was duidelik dat die ding se moontlike nagevolge nie so vroeg bepaal kan word nie. Die probleem is dat die WGO en ander politieke entiteite (jy’t reg gelees) se woord as waarheid bo alles aanvaar was.

Cherokee ·

Die vaxxers het die non-vaxxers verwyt, maar waarskynlik verwyt hulle hulself nou.

kragaap ·

Meeste wil hê “iets groot” moet gebeur agv entstof. Dink dit het klaar gebeur – die pandemic is verby !

kragaap ·

Meer as 5 bn mense wêreldwyd is ingeënt. En “this space” lewer nie veel meer op as ‘n paar eise vir seer bo arms en ander “beserings” nie. So ons wag geduldig saam met jou.

kragaap ·

5 bn mense en jy stry nog steeds ? Sê iets van jou kognitiewe vermoë.

Delia ·

Kragaap..ons moet ook iewers leer om opinies te lig sonder om mense te beledig.

Kuver ·

Alles wat jy sover hier kwyt geraak het jan of wil jy nie bewyse verskaf nie en om te se die gelukkiges is dood is regtig pateties en ongevoelig

piet ·

8 biljoen blyk gelukkig te wees met hul inentings, daar’s geen sprake van verwyt nie maar eerder dankbaarheid dat die entstof daar was om te keer dat mense nie ernstig siek word nie.

Lourens ·

Pietie – die wêreldbevolking is 8 miljard. En almal het baie beslis nie die inspuitinkie gehad nie. Jy moet dalk jou syfers nagaan . . .

piet ·

Korrek in Afrikaans, ja (meer as 8 billion in Engels). Volgens Bloomberg is 12,7 miljard (12 700 000 000) inentings toegedien. Dis BAIE Lourens , kan jy sover tel?

Cherokee ·

Jy’s bly sê jy Kuver. Verduidelik asseblief waaroor jy bly is. Watter voordele jy nou het omdat jy gejab is.

Cherokee ·

Kuver, wat my aanbetref, ek hoop werklik dat julle geen nagevolge gaan hê as gevolg van die enstof nie.

Heinrich ·

Die VAERS en Suid Afrikaanse weergawe het trok vragte voorbeelde en bewyse van mense wat beskadig is deur die entstowwe

piet ·

Nog nooit, hoe gouer ons julle bewysstukke kry hoe beter vir julle mos. Kom nou ons wag …………

JvR ·

Te min. Te laat. Ek het n jaar gelede opgehou om mense te waarsku. Selfs al het ek kennis van die goed. En die media het alles verwyder. Nou wag en kyk ek maar, en begin reeds sien wat ek geweet het gaan gebeur. Wat ek al in 2019 mense oor gewaarsku het.

kommentaar ·

Ai tog. Jy het nou reeds jou kundigheid ten toon gestel, want dis eintlik al wat jy wou wys. Dat jy slim is. Gaan doen nou iets produktiefs toe?

kragaap ·

In 2019 mense gewaarsku……teen cv19 inentings ? Kyk weer na jou tydlyne ……

JvR ·

Apie. Ek weet van tydlyne. Daar is baie dinge in 2019 wat aanduiding gegee het hier kom n “pandemie”. Maar party mense is te besig om te braai

kragaap ·

Wanneer was dit Des 2019 toe die pandemie reeds in China en Italië was ? En jy het toe in die toekoms ingesien dat daar inentings ontwikkel gaan wees in Jan 2021 ? Afstammeling van siener ?

Amelia ·

Weet nie of die sarkasties bedoelis nie en of jy nie glo wat siener gese het nie indien 2de geval sdiener het gese daar sal siekte kom waar 1000de sal sterf oor die wereld lees maar self boek boodskapper van God en meeste van dit weat hy gese het het alreeds gebeur

kragaap ·

Openbaring in die Bybel sê dieselfde lank voor die swart dood plaag 50% van die wêreld populasie in die middeleeue laat sterf het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Wêreldweermag Spele het in September 2019 in Wuhan plaasgevind. ‘n Paar Amerikaanse soldate het skielik siek geword met vreemde simptome en is vinnig afgevoer na Amerika. Die Chinese het toe geweet iets is aan die broei.

Republikein in die Wes Kaap ·

En wat van werkgewers wat hul werkers gedwing en gedreig het om die naald te vat? Mense het hul werk verloor. Ander is verguis en soos bannelinge hanteer. 25 jarige HR beamptes het 50 plussers soos halstarrige kinders hanteer en hul menswaardigheid aangetas.

Delia ·

Net my opinie JvR. As mense jou vra vir jou professionele opinie en hiermee ek aanvaar ek jy het n mediese opinie, dan maak dit nie sin dat jy dit nie wil gee nie.

JvR ·

Delia. Ek het laat 80’s regstreeks gewerk met laboratoriums. Maar nou is te laat. Niemand kan se hulle was nie gewaarsku nie

Gaitsigubib ·

Delia, ek wil jou aanbeveel om in te teken op Dr John Campbell se program op You tube. Hy het self die ent geneem en is alles behalwe n anti-vaxxer. Hy bied n uitstekende program aan wat jou toelaat om self te besluit hoe jy oor die ent voel. Hy lees gewoonlik net statistieke en jy kan verveelt raak, maar hou aan kyk as jy jouself met die feite wil vergewis. Dit wat hy vertel behoort hoof nuus te wees….

kommentaar ·

Delia hy het eintlik niks om te sê nie, hy wil net nie hê ons moet dit weet nie…

Wendy ·

Ja ek sal ook graag wil weet wat daarvan veral as dt kom by jou kind !!!!

kragaap ·

Maatskappye het gelukkig die reg om te besluit hoe hul veilige werkplekke vir hul werknemers skep. Dis gelukkig deel van die fabriekswet. Halstarriges moet ook by veiligheids reels hou soos alle werknemers.

Republikein in die Wes Kaap ·

So, werkgewers is nou mediese kenners wat die reg het om vir jou te sê wat se medikasie jy moet kry en wat nie. Die fabriekswet gaan werkgewers nie beskerm nie, tensy hul die wetgewer gaan dagvaar.

kragaap ·

Jy kan dieselfde vraag vra van individue wat weier om medikasie te neem wat in die belang van publieke gesondheid wetlik goedgekeur en voorgeskryf is. Die welvaart van die groter populasie word meer belangrik geag as individuele opinie wat gewoonlik nie op mediese en wetenskaplike feite gebaseer is nie maar eerder emosie. Dit gee maatskappye en instansies die reg om reels en regulasies in die werkplek in the stel om werknemers te beskerm.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regering het paniek veroorsaak, en werkgewers het meegedoen. Geen besluite was gebaseer op wetenskaplike feite nie. Net syfers, grafieke en spekulasie. Kenners en leke het geweet dat kudde immuniteit wel sou inskop. Dit was sinneloos vir firmas om kerngesonde werkers in te spuit. Dit was ‘n misdaad teen die mensdom. Die argument dat firmas optree in belang van werkers is belaglik. Ander minder ingrypende maatreëls kon gevolg word.

kragaap ·

“misdaad teen die mensdom”……Hemel watse snert nog ? Hoeveel mense het wêreldwyd an cv19 gesterf voor inentings en hoeveel na die inentings ? Hoe moes lande se ekonomieë die vlae van die siekte met inperking na inperking weerstaan terwyl almal wag vir trop immuniteit ?

kragaap ·

Seker die meerderheid het cv19 simptome getoon, getoets, toe erger simptome veral suurstof tekort en asemnood getoon anders sou hul waarskynlik nie deur ‘n dokter toelating gegee word tot ‘n mediese instansie soos ‘n hospitaal nie…..logika ?

Republikein in die Wes Kaap ·

En hoeveel jong en gesonde mense het wêreldwyd aan Covid voor inentings gesterf? Hulle het gepartie dat die biesies bewe, vêr weg van hospitale. En na die jabs? Hou die wêreld media dop. Van die jonges is nou sieklik. Misdaad teen die mensdom, niks anders nie.

JvR ·

Jou antwoord is skokkend en getuig van gevoelloosheid. Veronika stel dit duidelik dat sy skade het as gevolg van die jab. En nog steed kwoteer jy wat die regerings gese het. Regerings met geen mediese kennis, wat net instruksies van ander moonthede neem. Jou reaksie bewys, dat nie almal op twee bene wat n bloedgroep het, dieselfde is nie,

kragaap ·

Regtig – regerings het nie mediese kennis nie ? Dis 2023…. nie 1723 nie. Snaaks dat wat regerings wêreldwyd gedoen het met “geen mediese kennis nie” die pandemie tot ‘n end laat kom het. En jy is reg mense is nie dieselfde nie, gelukkig nie. As dit van sekeres afgehang het was ons nog in inperking agv vlae van cv19 maar dan sou hulle die regering daarvoor ook blameer het. Sommiges het maar net daai slagoffer mentaliteit.

Veronika ·

Jy kon dit nie beter stel nie!! Ons is getuies daarvan! En het nou geen immuun sisteem nie waar ons (my familie) sterk sisteme gehad het!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Jou verhaal word al hoe meer gehoor. Ons kan net vertrou dat gerespekteerde medici vind ‘n kuur. Sterkte!

Christine ·

Elkeen het vir homself besluit. Ek sien nie hoe julle nou die firmas kan hof toe sleep vir julle eie simpel besluite om julle te laat inent nie. Julle moet maar die gevolge dra. Ten minste is julle glo nog in die minderheid.

JvR ·

Nie elkeen het vir homself besluit nie. In aftree oorde, waar mnense verblyf gekoop het, moes hul gaan. “Want dit was in belang van almal se veiligheid”. Die bejaardes het nie verstaan nie. En het hopeloos te veel vertroue in dokters en kliniek susters, wat sweet blow buggerall weet van die goed.

Cherokee ·

Christine, my afleiding verskil van joune. Broodwinners is gedwing deur werkgewers om die inenting te neem. Vir baie wat dit ter wille van sorg vir hul gesinne. Natuurlik kan hulle eise instel.

Lourens ·

Ai tog Christine. Dischem, Planet Fitness, Clicks, banke, universiteite (wat sommer studente óók gedwing het) . . . die lys is nimmereindigend en was prominent gepubliseer – natuurlik met ‘n klop op die skouer van die hoofstroom media.

piet ·

Meer as 8 biljoen mense is doodgelukkig met hul dosisse en dat dit gekeer het dat hulle ernstig siek word.

KatjieDeKat ·

Piet daar het nie naastenby 8 biljoen mense die jab gevat nie. As ek so oorsese forums lees, sien ek baie baie Amerikaners het nie, die meerderheid swart mense in Afrika het nie, in Suid Amerika het baie mense hul ook weerhou daarvan. Dis in “nanny states” soos Australië en Nieu Zealand waar die meeste mense hulle moes laat inspuit. En in Europa. Meesal blankes. Ek weet nie waar jy die 8 biljoen getal vandaan kry nie maar dis hopeloos verkeerd. As CNN jou dit vertel, lieg hulle skaamteloos.

piet ·

Meer as 8 billion mense (8 miljard in mooi Afrikaans). 12,7 Miljard inentings is gedoen teen Maart2023.

Lourens ·

Hou aan om jouself te vertel dit het gekeer dat hulle ernstig siek word. Jy gaan jouself al hoe meer glo.

kragaap ·

Sal altyd ‘n paar wees wat probeer geld maak uit “eise” agv newe effekte. Mense in die VSA stel eise in as hul warm koffie oor hul self stort want “die koffie is warm”………

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar is ook mediese dokters wat skielik sig verloor het. Ander het skielik hartprobleme ontwikkel en strokes gekry. Glo nie hulle sal eis vir die lekker nie.

kragaap ·

Waar is hulle ? Waar is al die miljoene wat beserings opgedoen het ? Ek werk in ‘n maatskappy,met 2500 werknemers, die maatskappy het werknemers gevra om ingeent te word. 95% het een inenting gehad, 87 % ten volle ingeent, paar het bedank. Nie een enkele besering of kwaal in een werknemer het ontwikkel wat aan inenting toegeskryf kan word nie. So mens hoor maar net die skrikmaak stories………maar sien nooit sulke persone nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gee kans kragaap. Newe effekte gebeur oor tyd, selfs jare, en kan selfs oorgedra word na fetusse. Snydokters soos dr Susan Vosloo is erg bekommerd op hart defekte wat sy moet regdokter. Sy was van meet af teen die jabs.

kragaap ·

Die Dr waarna jy verwys is ‘n hartspesialis en nie ‘n immunoloog of mikrobioloog nie. As dit dan nou so lank vat vir die effekte van die inenting om te manifesteer waarop het sy haar uitlatings gebaseer in 2021 ? Al die aantygings en tot vandag toe geen statistiek of bewyse nie behalwe beweringe van beserings. En elke hartaanval en kwaal word aan die inenting toegeskryf………..

Republikein in die Wes Kaap ·

Dr Vosloo ken harte. Dit word nou bevestig met nadoodse ondersoeke van vaxers wat skielik sterf. Die dots kan nou verbind word.

kragaap ·

Genuine, jou antwoord is die dokter “ken harte”? Ag nee wat dis nie die moeite werd om te debateer op daai vlak nie. As die “dots nou verbind word” wys dan die statistieke van die “dots” wat jou bewering staaf. Waar word dit nou bevestig ?

Gaitsigubib ·

Ai Kragaap, ek kry die idee dat jy nie verwys wil word na n betrokke bron nie. Op die WHO se eie webwerf het hul nou aangekondig dat veelvuldige sklerose n moontlike newe effek van die ent kan wees. Daar is tans so baie bronne maar gaan kyk maar wat ek vir Delia gese het. Ek dink egter regtig dat jy nie belangstel nie, is ek reg?

kragaap ·

Na watter “Bron” is ek verwys ? ‘n Dr wat ongegronde stellings gemaak het en deur die mediese raad berispe is ? En daarna nie weer ‘n eier te lê gehad het oor ‘n onderwerp waar sy “sterk oortuig was ? Watter statistiek of feite het sy gekwoteer ? Die feit dat die inenting effektief gewerk het lê voor die hand liggend. 5 bn mense ingeënt en die pandemie verby. Die doemprofete is die wat probeer bewys die inenting was meer sleg as goed. Nou waar is die bronne en waar is die statistiek ?

piet ·

“Moontlike”….. Ek kan moontlik in die volgende paar jaar my voet teen ‘n tafelpoot stamp.

Republikein in die Wes Kaap ·

In die wetenskap word navorsing oor lang tydperk gedoen kragaap. Klink my jy is vol paniek. Jy het rede om te worry. En dr Vosloo ken van harte. Nou wel nie so goed soos jy nie.

kragaap ·

Man al wat ek oor worry is dat daar nog individue rondloop wat nog aan sameswerings teorieë glo mbt die cv19 pandemie. Verder as dit absoluut geen probleme, goeie werk, uitstekende gesondheid. Tel groot gewigte op vir oefening en sterker as ooit so geen inpak van inentings op hart of long kapasiteit nie, ek het tekort aan niks. En ek dank die Vader daarvoor so waarom sal ek bekommerd wees omdat jy so sê ?

Gaitsigubib ·

Dis goeie nuus dat jy gesond is. MM laat nie herhaling toe nie so gaan kyk net asseblief wat het ek vir Delia gese. Tik ook gerus in, Covid-19 vaccination can induce multiple sclerosis via cross-reactive CD4+Tcells. Jy kom uit op die WHO se website, of dis een van die keuses. Luiser gerus wat se die Director of Britsh Heart Foundation oor Ventricular fibrillation. Adriaan sal dalk daarin belang he.

Adriaan ·

Probleem et die statistiek is na my hartkondisie begin het, het geen dokter of kardioloog my gevra of ek ge-jab is nie.

Adriaan ·

Ek het persoonlik hartbrobleme na my eerste jab ontwikkel (onreelmatige hartklop die boonste 2 kamers vibreer net). Was baie pro-jab, maar my oe het oopgegaan. Ken persoonlik veskeie mense wat presies dieselfde oorgekom het.

piet ·

Daar mag dalk ‘n paar vetsugtiges wees wat gaan probeer nadat hulle hierdie berig gelees het. Bid dit jou aan, stel ‘n eis in omdat jy jouself oorvreet. LOL

kragaap ·

Ha ha dit was te veel lekker eet tydens die inperking VOOR die inenting…….dalk tyd vir sekeres om daai gym kaart weer uit te kry.

kragaap ·

En jy is presies reg. Die wat dink hul weet beter het voorspel dat daar honderde duisende sou sterf en kwale ontwikkel……nou ja …….wêreldwyd het die pandemie verdwyn agv die inentings. Die voorspellings van die waarseërs lyk al hoe minder die geval.

miraclealigner ·

Op hulle rusbanke en agter hulle skerms aan die kommentaar hier…

Durban Afrikaner ·

“newe effekte” in aanhalingstekens. Vreeslik bly ek het nie die gif gevat nie

Papsak ·

Nee ek se dankie ek niks gevat nie was net geld makery vir hulle sakke en hoeveel mense het gesterf van dit

JvR ·

En ek is nie gespuit, en makeer nog minder. En het geen bekommernis oor moontlike gevolge

kragaap ·

Definitief, ek ook. Dank die mediese wêreld dat die inentings gou ontwikkel is. Miljoene lewens en baie ellende vir huisgesinne gespaar. Mense is vinnig om ‘n seer bo arm en bietjie koors as beserings aan te meld. Wat van die letsels wat ‘n ernstig cv19 gelaat het? Hartprobleme, ingekorte longfunksie, diabetes, spier swakheid veral met “long COVID” ? En die wat in ‘n hospitaal opgeneem was en vir weke lank op suurstof terapie was en nooit weer terug gekeer het na geliefdes nie ?

Neestemmer ·

Die kenners wat gese het die mrna inspuitings is nie veilig nie en gaan al hierdie skade veroorsaak was gesensor en beledig, maar die waarheid sal altyd uitkom.

Ek weet van 4 mense wat ek geken het wat oorlede is (Niemand van Covid nie) en nog 3 wat nou hartprobleme het en almal van hulle was “Gevax”

Die menigte van my familie en vriende wat nie vir die “Vaccine” geval het nie, is gesond en daar is mense soos Ed Dowd wat wereldwyd die data bestudeer het en bewys dat die regte styging in dodetalle het nie in 2020 gebeur toe dit veronderstel was om pandemie te wees nie, maar NADAT die “vaccines” vrygestel is.

JvR ·

Ek het in die begin van die plandemie die vraag aan baie gevra. Waarom is daar nooit n oorledene gevind in hul woonplek, en na die tyd uitgevind hul het die 2020 plaag nie. Waarom eers toets, positief bevind en daarna dodelik siek en heel moontlik sterf. Meeste sterftes wat ek van weet, het geen simptome gehad voor die toets, en skielik siek geword

kragaap ·

So jy insinueer dat mense met GEEN simptome hul vir cv19 laat toets het en daarna dodelik siek geword het en gesterf het aan cv19 ? Nou waarom sal dit gebeur en watse logika is dit nou ? Gewoonlik laat mense toets as hul simptome het (wat oral gepubliseer is) of vir ander redes bv reis of mediese prosedures of deur ‘n Dr aanbeveel. Sameswerings teorieë ?

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy het rede om te worry kragaap. Die volgende groot virus is op pad.

kragaap ·

Ek het reeds vroeër ‘n aanmerking gemaak oor kognitiewe vermoë nou bevestig jy dit.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sodra die volgende virus ons tref steek jy weer die arm uit vir nog ‘n jab. En so sal dit aanhou en aanhou totdat jy geen natuurlike weerstand het nie. Doen maar wat die staat sê. Dis nou kognitiewe vermoë op sy beste.

kragaap ·

Maar waar is die feite dat die inenting natuurlik weerstand belemmer ?? Ek glo nie kooperasie stories nie so op wat baseer jy jou stelling ? Myne is op feite, daar was ‘n pandemie, baie ernstig siek en gesterf, toe entings, 5 biljoen mense ten minste 2 inentings gekry, ernstige siek gevalle van cv19 val met 90% en sterfgevalle met 98% wereldwyd. Pandemie verby. So waar is jou feite ?

Nico ·

Ek en my vrou het in 2022 geen keuse gehad nie, om vir ons seun in Duitsland te besoek moes ons die entstof vat, by die lughawe in SA is nooit vedra vir die sertifikaat van die inenting dokumente, op die lughawe in Parys Frankryk is ook gevra vir dit nie, by die lughawe in Frankfurt Duitsland is ook nie daarvoor gevra nie, so ook met die terug koms is ook nie daarvoor gevra nie. Ons het geen newe effekte gehad nie, vir ons was dit ‘n klug spel.

piet ·

Hoe lank vat dit om tot by 12,7 miljard (12 700 000 000) te tel? Dis hoeveel inentings al toegedien is. Anti-vaxxers kan solank begin tel. Waarskuwing: as jy een getal per sekond tel gaan dit jou amper 32 jaar vat om net tot by 1 miljard te tel volgens wat ek op Google gelees het (maar natuurlik raak dit onmoontlik om ‘n baie groot getal in ‘n sekond te tel so jy sal dit nie in jou leeftyd kan doen nie). LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.