Dit was ʼn konstruktiewe gesprek, sê Poetin

Joe Biden van die VSA (regs) en Wladimir Poetin (Rusland) skud blad tydens hul ontmoeting by Villa La Grange in Genève, Switserland (16 Junie 2021) (Foto: Saul Loeb/Pool/AFP)

Rusland se president Wladimir Poetin het Woensdag gesê sy eerste persoonlike ontmoeting met sy Amerikaanse eweknie Joe Biden was konstruktief en die twee het ingestem om binnekort kubersekuriteit te bespreek.

“Dit was absoluut konstruktief,” het Poetin aan verslaggewers gesê ná sy gesprek met Biden in Genève, Switserland.

Biden het Poetin tydens die gesprek gevra om die vyandige VSA/Rusland-verhouding te vervang met ʼn “meer voorspelbare” verhouding tussen “die twee groot magte wat kan ooreenkom dat hulle nie altyd met mekaar gaan saamstem nie”.

Die twee leiers het kort ná 17:00 (1500 GMT) hul gesprek beëindig ná drie en ʼn half ure se gesprekke by ʼn villa in Genève.

Die twee staatsleiers het Woensdagmiddag blad geskud toe hulle mekaar ontmoet het.

“Dis altyd beter om van aangesig tot aangesig te ontmoet,” het Biden aan Poetin gesê waar hulle in die villa se biblioteek bymekaar gekom het.

“Ons probeer bepaal waar ons ʼn gemeenskaplike belang het, waar ons kan saamwerk en waar ons nie kan saamwerk nie. Ons wil ʼn voorspelbare en rasionele manier vind om van mekaar te verskil – twee groot magte,” het Biden gesê.

Poetin het gesê daar is “talle kwessies” wat “op die hoogste vlak” aangeroer moet word en hy het sy hoop uitgespreek vir ʼn produktiewe gesprek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Boerkind ·

Putin is klaarblyklik gerat om Biden se onsamehangende woorddiarree te ontsyfer…

Sarel ·

Nou hoe nou…Trump was dan kwalik geneem.oor gesprrk
.met Poetin.

Tubac ·

Dit was absoluut konstruktief. Anders gelees, net om die wereld te paai maar stem nie ooreen nie. Putin is te uitgeslape vir smiley.

annie ·

CNN het glo tydens die vraesessie vir Biden uitgetrap omdat hy nie vir Putin wou dwing om van sy glo slegte gedrag af te sien nie. Die librale pers het dan juis hom tot president laat verkies sodat hy klei in hul hande kon wees. Te veel water by lei tot ‘n glibberige pappery. En hoe gee ‘n kind(s) opdrag aan ‘n ervare onderwyser?

pestilensie ·

Wonder of Biden sou onthou wat hy drie ure terug sou se

Anton ·

Nie “sou” sê nie, “moes” sê. Hy het niks om te deel as hy nie voorgesê word nie :-)

Frank ·

Putin moet net vir Biden ook vertel wat hulle bespreek het…

Vlooitjie ·

Kan iemand asb vir my sê hoekom ons ‘n van anders spel in Afrikaans as wat op die man se id dokument staan? Dis PUTIN waarom dit in POETIN verander?

Ben ·

Alhoewel ek self meer aan die “Putin” gewoond is, is daar so paar dinge om dalk uit te wys: Russe het nie ID dokumente nie. Hulle het ‘n interne paspoort wat die rol van ‘n ID dokument speel, en ‘n eksterne paspoort vir oorsese reise. Die interne paspoort is slegs in die Russiese Cyrilliese alfabet geskryf, so Poetin se interne paspoort sal sê “Владимир Владимирович Путин” (ek hoop my Russiese skrif kom korrek uit). Daar is verskeie internasionale standaarde vir transliterasie tussen alfabette, en die een wat Russe gebruik vir internasionale paspoorte sal sy naam translitereer as “Vladimir Vladimirovich Putin” – so dit is wat in sy paspoort vir oorsese reise geskryf sal wees. Meeste tale het egter hulle eie transliterasie reëls, en in Afrikaans, sowel as in ‘n paar ander tale, word die “Путин” gewoonlik as “Poetin” gentranslitereer. Interressant genoeg, in Afrikaans is daar veronderstel om Wladimir Poetin geskryf te word, maar in Nederlands is dit Vladimir Poetin…

JohanR ·

Hoekom leer Poetin nie Engels praat, en Biden Rus? Nou moet hulle ontmoet met elk een sy eie tolk.

Ben ·

Poetin praat wel Engels redelik goed, en is heeltemal vlot in Duits. Omdat hy nie 100% vlot in Engels is nie en ‘n swaar aksent het, gebruik hy egter ‘n tolk. Hy is bekend daarvoor day hy baie aandagtig na sy tolke luister, en elke nou en dan gebeur dit dat hy sy tolk korrigeer (veral sy Duitse tolke). Wat Biden betref, soos meeste Amerikaners is hy slegs een taal magtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.