Djokovic-aansoek: Hof sal hom nie laat aanjaag

Novak Djokovic. (Foto: Adrian Dennis/AFP)

Met net sowat 10 dae oor voor die Australiese Ope op 17 Januarie afskop, is dit nog onduidelik of Novak Djokovic, die wêreld se voorste manstennisspeler, wel aan dié toernooi sal kan deelneem.

Regter Anthony Kelly het Djokovic se dringende hofaansoek Donderdagaand [Australiese tyd] aanlyn aangehoor en gewaarsku dat “geregtigheid teen sy eie pas en deur die vereiste appèlproses sal geskied”.

Uitsetting staar die tennisster in die gesig nadat Australië sy visum teruggetrek het omdat hy nie aan die land se toegangsbepalings voldoen het nie. Hy het hom gevolglik op ʼn dringende grondslag tot die hof gewend om appèl teen dié besluit aan te teken.

Die regter het wel beveel dat Djokovic nie voor Maandag Australië sal moet verlaat nie. Die finale aanhoor van sy appèlaansoek gebeur dan. Hy het Djokovic se regspan egter gewaarsku dat hy nie onder druk geplaas sal word om vinnig uitspraak te lewer nie.

Die Serwiër het Woensdag in Australië aangekom, waarna immigrasiebeamptes hom ure lank by ʼn fasiliteit in Melbourne aangehou en toegang tot die land geweier het.

Djokovic sal waarskynlik nóg ʼn aand by ʼn immigrasie-aanhoudingsfasiliteit in die stad deurbring terwyl hy veg om in die land te bly.

Djokovic het vroeër op Instagram gesê hy het kwytskelding gekry om aan die Australiese Ope deel te neem, al is hy nie teen Covid-19 ingeënt nie.

Die 34-jarige speler het voorheen geweier om sy inentingstatus bekend te maak, maar het al vantevore sy teenkanting teen inenting te kenne gegee. Hy het Covid-19 minstens al een keer opgedoen.

Een van Djokovic se groot teenstanders, Rafael Nadal, het intussen gesê Djokovic moet die gevolge daarvan dra dat hy nie ingeënt is nie.

“Hy het sy eie besluite geneem, en almal is vry om hul eie besluite te neem, maar daar is ook gevolge,” het die Spanjaard gesê.

Scott Morrison, Australië se eerste minister, het vroeër gesê Djokovic het versuim om bewys van sy dubbele inenting of toepaslike mediese kwytskelding te lewer.

John Findley, ʼn Australiese immigrasieprokureur, sê die staat én Djokovic sal ʼn paar moeilike vrae in die hof moet beantwoord.

“As hulle sê hy het valse inligting verskaf, moet hy die geleentheid hê om daarop te antwoord.”

Findley sê dit lyk egter of die staat se saak grootliks op inligting van sosiale media steun en dat hulle regsgronde vir hul aanklagte sal moet bewys.

Die klagte teen Djokovic kan daartoe lei dat hy vir drie jaar verbied word om weer om ʼn visum aansoek te doen.

Toernooi-organiseerders kom ook voor moeilike vrae te staan.

Craig Tiley, uitvoerende hoof van Tennis Australië, het gesê Djokovic het geen spesiale behandeling ontvang nie, en dat net 26 van die sowat 3 000 spelers en ondersteuningspersoneel wat na Australië vir die toernooi reis om entstofvrystelling aansoek gedoen het. Slegs ʼn handjievol was suksesvol.

Bykomende ondersoeke kan nou ook daardie mense in die gesig staar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Krokkenoster ·

Belaglik!
Australië is die toetsgronde van die kommunistiese NWO.
Grootse Nanny State op aarde!

Johann101 ·

En die anc wil Suid Afrika die nanny staat van afrika maak vir die kommunistiese NWO…

Cherokee ·

Mediese vryskelding behoort nie die enigste vryskelding te wees nie. As ons met geloofsvryheid spog, behoort vryskelding op grond van geloofsbeswaar respekteer te word en geldig wees. Nie dat hy dit te kenne gegee het nie, maar ek praat wyer as net or hom.

Alida ·

Wat op aarde het mediese ingryping van enige aard (insluitende die covid vaksien of enige ander vaksien) met geloof te doen? Of is diegene met geloofsbesware gekant teen alle vorms van mediese behandeling?

Cherokee ·

Waarom, na ons menigvuldige debatte en opiniewisselinge, is jy skielik tjoepstil, Alida? Ek sou graag die debat verder wou voer, ter wille van lesers.

Andries ·

As mens kyk hoe hy sy gesig trek op die foto dan ruik hy defnitief dit waar hy nou aangehou word ook seker… Pffff

Willem ·

Inenting keer nie dat ‘n mens siek word nie en dit keer ook nie dat die ingeënte mens die virus versprei nie. Die storie is nou dat dit keer dat die ingeënte persoon ernstig siek word. Sodoende word “die druk op die gesondheidsdienste” verlig. Nou wat is dan die probleem? Waarom word daar so tekere gegaan oor mense wat hulle nie wil laat inent nie? Waar kom die bogstorie vandaan dat ons kan “terugkeer na normaal” as almal hulle tog net wil laat inspuit? Gewone logika wys tog dat die entstof nie die terugkeer na normaal gaan fasiliteer nie.

Johann101 ·

Mense wat dink dat as almal gejab is, sal ons dan kan terugkeer na normaal … Lewe in ‘n droom wereld, want dit gaan nie daar eindig nie… Want dan gaan die 1st booster shot & dan die 2de booster shot vereis word vir nomaliteit… Waar gaan dit dan eindig?…

krodedil ·

Kyk wat gebeur tans in Frankryk waar 93% van die bevolking ingeent is. Die gesondheidsdienste is onder druk en op hulle knie. Dit laat jou wonder of inenting die antwoord is?

Dirk Mostert ·

Wat het geword van die beloofde trop-immuniteit? Ek dink die gesondheidsdienste in Frankryk is onder druk weens die newe-effekte van die entings wat begin inskop.

Yolandie ·

Praat jy Willem, almal in die wereld word gyselaar gehou om die spuit te vat net sodat hulle tog hulle lewe kan terug kry. Maar dan kom daar nog ‘n booster en nog ‘n booster…..almal is later spelde kussings en steeds dra ons maskers, saniteer en social distance. EN teen die tyd behoort mense te weet dat daar nie ‘n moontlikheid is om die hele wereld in te spuit nie, want dit is nie feetjie land nie en nie almal sal 100% instem nie. Hier in SA kan mens reeds sien dat dit die geval is.

Andries ·

Hy ruik defnitief dit wat nou na sy kant toe kom as ek foto so kyk ????

MakersMark ·

Hulle hoef nie – hul is reeds ingeent. Dis net djok wat wil hê die hele wêreld moet by sy AV’r denkwyse aanpas nie anders om nie.

Marius ·

Die redenasie bly belaglik en die staat se saak is op sosiale media geskoei. Gaan al die ander wat verskoon is van inentings ook verbied word om die toernooi by te woon? Wat geld vir een geld mos vir almal.

Hendrik ·

Ek hoop hy wen sy saak. Dit kan help teen hierdie malligheid om elkeen te brandmerk wat sy vrye keuse uitoefen om nie aan hierdie globale eksperiment deel te neem nie.

KB ·

Australië is naas Nieu Zealand, een van die mees arrogantste lande ter wêreld. Ek hoop hulle kry op hulle…blaker.
(Ligte noot: Dis hoekom ek aan die “ABBA-klub” behoort…Anything But Bloody Australian!)

Pofadder ·

Hmmm. En tog is hulle van alle nasies seker die meeste soos ons. As jy moes (en kon) emigreer, waarheen sou jy eerder gegaan het? Paraguay? Rusland? Nigerië? Engeland? Amerika? China? Japan? Daar is maar ‘n rede hoekom soveel van ons daar opeindig.

Koen ·

Dis dalk die rede hoekom hulle so arrogant is…te veel Suid Afrikaners. LoL

MakersMark ·

Dis ook van die lande met die hoogste lewens standaarde. Juis omdat daar ordentlike politieke leierskap, regering en wette en reels is. Kyk hoe lyk muishond SA. En hier maak almal wat hul wil.

Lood ·

Ek wonder wanneer mense en lande gaan ophou om agter die stories van die WGO aan te hardloop en net die waarheid ‘n slag in die oë kyk. In die eerste plek moet hulle net ‘n ander term gebruik vir die inspuiting omdat dit nie voldoen aan die definisie van “entstof” nie. Mense wat die inspuiting(s) kry, kry nog steeds Covid; hulle steek nog steeds ander mense aan met dit en hulle gaan nog steeds dood van dit. So wat is die verskil dan nou?

Gerhard ·

Natuurlik sal Nadel so sè…Hy weet hy kan nie vir Djocovic klop noe..

Pofadder ·

Natuurlik hoef Djoko homself nie te laat inspuit nie, as dit is hoe hy besluit.
Natuurlik hoef Australië hom nie in te laat nie as hulle inentings vereis, soos wat die geval is en duidelik gekommunikeer was.
Natuurlik moet Djoko se visum papierwerk akkuraat wees.
En dit is dit.

Klein ·

Novax is te groot vir sy skoene. As die reëls hom nie pas nie, moet hy maar gelief neem en aanbeweeg.

MakersMark ·

Dis novax se reg. Net soos dit die land se leierskap se reg is om sekere wette in te stel. Novax moet maar leef met die gevolge van sy besluite en ophou social justice warrior speel.

SlinkseKoljander ·

Hy moet maar net weier om weer in Australia te speel.

Renier ·

Maklik,laat hom toe in die land,maar weier hom mediese hulp as hy sou siek word. Problem solved.

Ivan ·

Novak is ‘n goeie tennisspeler maar hy is nie groter as die spel nie. Daar is baie ander goeie spelers. Dit gaan nie net oor die Australiese Ope nie. Hy sal ook nie by Wimbledon of Amerikaanse Ope kan deelneem nie. Die ander spelers (en almal van ons wat ingeënt is) dink nie net aan onsself nie maar ook aan die welstand van ons medemens. Die oningeëntes glo nog seker ons gaan in akkedisse verander.

Carolina ·

Wie is Nadal nou weer?? Glo in die “science”??? (shame) Is hy nou die spreekbuis vir die korrupte WHO of die diktatorskap in Australië !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.