Dodetal styg skerp ná bomontploffings

Foto: (AP Photo/Eranga Jayawardena)

Die dodetal ná Paassondag se bomontploffings in Sri Lanka het tot minstens 129 gestyg met meer as 500 mense wat beseer is.

Volgens ander berigte is die dodetal al moontlik 138 mense. Twee van die bomontploffings is glo deur selfmoordbomaanvallers uitgevoer.

In Colombo is ʼn kerk en drie hotelle geteiken. Beeldmateriaal op plaaslike TV-kanale wys skade wat aangerig is by die Cinnamon Grand-, Shangri La- en Kingsbury-hotelle.

Die restaurant op die tweede verdieping van die Shangri La-hotel is in puin gelê. Talle liggame kan op die toneel gesien word.

ʼn Kerk is ook in Negombo, noord van Colombo, en in Batticaloa, oos van Colombo, geteiken.

Niemand het al verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Ekke ·

Ek is stom, blind, doof en uiters dom maar ek weet al die kerke wat verbrand word en bomme wat skade aanrig is die werk van die Moslems!

Nadia ·

O nee, die liberales sê dis slegs toevallig. Daars geen aanslag op kerke nie, net soos daar geen aanslag op plaasaanvalle is nie.

Cherokee ·

Uiters waarskynlik een van die islam groepe. Nog nie een keer het ek ‘n moslem gesien afkeer uitspreek oor daardie tipe aanvalle nie.

kolla ·

Jy ken seker nie Muslims nie. Ek ken baie, hulle verafsku hierdie terrorisme, dis nie deel van hul geloof nie.

HPV ·

Niemand hoef verantwoordelikheid te aanvaar nie, daar is net een groep en hul meelopers wat sulke lafhartige dade beplan en uitvoer, en hulle is bekend aan ons almal. Ons het dit destyds die oorlogvoering van die lafaard genoem.

Ek ·

Die Weste en die Christendom word toenemend die teiken van radikale elemente. Veral die kerkgeboue loop deur. Bomaanvalle is beslis een van die lafhartigste maniere om ‘n standpunt te maak.

humor ·

Die laaste stryd hier op aarde is n godsdiensstryd. Baie gelukkig is hulle wat dit nie beleef nie. Hieraan sal die ware christendom herken word.

Ruben ·

Sal sien of die land se regering die selle as neeu seeland sin sal doen.Sal hulle sportsterre die selle doen as wat neeu seeland sin gedoen het.Ek twyfel.Ons Christendom het te sag geword nog deur al die eeue is daar n oorlog tussen die Christenne en moslems dit sal nooit ophou.Baklei terug of word uitgeroei so maklik soos dit.Selle geld vir die afrikaner in suid afrika…Burger oorlog is al uitweg hoe gouer hoe beter.Word al hoe minder en swakker.

James ·

In Nieu Seeland ‘n aantal weke gelede, het ‘n ekstremis met sterk gevoelens oor die Westerse beskawing – wat insluit die Christelike onderbou daarvan – ‘n aanval op Islam gedoen.

Vandag, in Sri Lanka, ‘n oorwegend Islamitiese plek, het Islam wraak geneem.

Die les? Goeie grense, maak goeie bure.

Hier plaaslik sal daardie les weldrae ook geleer word, al is die verdelingslyn nie noodwendig religieus nie, maar eerder ideologies.

Dieselfde les geld in elk geval.

SELFBESKIKKING.

Johan ·

90% van Moslem bewoonde Lande is n moeras met Geen hoop Vir vooruitgang Nie.Al wat hulle heeldag doen is NIKS behalwe om hierdie radikale aanvalle te beplan met REGERINGS GELD!!

Los hulle Vir Trump,hys die eerste politieke leier wat Nie omgee om polities korrek te wees Nie.

In die ou SA het ons dadelik Alle bande met Sri-Lanke verbreek.Tyd dat Christene hul rug styf maak en hul militere dominansie gebruik om hierdie radikale van planeet AARDE te vee!!!

JJ ·

Sri Lanka is nie oorwegend Moslem nie. Minder as 10% van die bevolking is Moslem. Die land is so 70% Boeddhisties.

James ·

Wat ek wou byvoeg: Beide die NZ terreur en die Sri Lanka terreur bewys weereens dat multikulturalisme ‘n drogredenasie is – en ‘n dodelike een daarby.

Vra maar die oorledene Moslems en Christene….

James ·

As ek mag – nog iets:

Die idee van “Menseregte”, daardie nuwe godin, is die wortel van al hierdie gebeure. Haar uitgangspunt is dat almal vry is om te glo wat hulle wil, te maak nes hulle wil, waarookal hulle wil – of hulle aansstoot gee of nie vir die breeer gemeenskap waarin hulle hulself mag bevind. Sy haat kultuur, taal en tradisie, want dit gee aanleiding tot gemeenskappe met gedeelde waardes – wat “ander uitsluit.” Sodoende verseker sy dat die wat “uitgesluit” voel, kan kom teer – eerder as om self te bou.

Die oudste godsdienste in die wereld is Judaisme, Islam, en Christen. Elk hiervan – reg of verkeerd – wil hul eie werklikhede behou, en uitbou.

Die godin “Menseregte”, het egter met haar multikulturele dissipels die geleentheid kom skep vir groot botsings tussen hierdie ou godsdienste / kulture.

Haar tyd is op: Duisende jare se kollektiewe bewussyn, tussen al drie oortuiginge, gaan hulle nie meer laat voorskryf dat hulle hul waardes, reg of verkeerd, moet laat vaar nie.

Haar vrugte, is geweld, en dood.

Die oplossing: Laat multikulturalisme sterf, en gee elke ou sy stukkie aardbol: MET GOEIE GRENSE.

Terreur, sal verdwyn.

Cherokee ·

Wanneer sal jy tog leer dat die antichris wil nie soos jy voorstel ‘sy eie stukkie aarbol’ hê nie. Die moslem wil die hele aardbol hê. Europa is ingesypel. Die VSA veg daarteen dmv Donald Trump.

Pieter ·

En ek kan jou ‘n briefie gee, dit gaan nie soveel simpatie ontlok soos Christchurch se Moslem-moskees aanvalle nie.
Selfmoord bomdraers…dis mos terrorisme (dit klink tiperend soos ISIS-werkswyse).

Jan ·

Die moskee aanvalle is n fake en n klug wys my die skade aan die moskee dan glo ek jou

kolla ·

jan, jy praat twak. Die eerste ding wat ISIS terroriste in Sirie gedoen het, was om die moskees uitmekaar te skiet.

James ·

Laasstens, terwyl ek sekere kommentaar antisipeer:

1. Daar is ouer godsdienste, en ander godsdienste, soos Hindu en Buddhaisme. Judaisme, Islam, en die Christendom – is egter al drie gebasseer op dieselfde basiese “Ou Testament.” En hierdie “ou” boeke, vorm al drie se grondslag. Judaisme hou daarby, Islam voeg die Koran by, en Christene voeg die Nuwe Testament by. Dus – multikulture .

2. Judaisme het die staat, Israel. Islam het verskeie state. In hierdie state respekteer jy as besoeker, die godsdiens en kultuur. As jy dit nie doen nie, word jy ‘n “vyand”, en kan selfs tronk toe (Israel), of onthoof word(Islam state)

3. In die Christendom – as Islamitiese besoeker – word jy verwelkom. As jy aanjaag, of jy jou kultuur probeer afdwing – word die ander wang in Liefde gedraai…

Hoekom?

Verwronge ·

Destyds toe mense die Evangelie versprei het, het dit soos met Telefoontjie ontaard in die verwronge boodskap wat by ‘n sekere profeet uitegkom het. Hy’t soos enige regdenkende psigopaat dit tot sy voordeel gebruik en intussen tyd die wereld op horings geneem.

James ·

Dit mag so wees. Of nie.

Judaisme glo in Een God – die God van Abraham, hulle wag nog vir die Messias, en sien Jesus as ‘n politieke aktivis van sy tyd.

Die Christendom sien Jesus as die Seun van die God van Abraham: gebore uit ‘n maagd, tereggestel vir almal se sonde, opgestaan uit die dood en opgevaar na die hemel – waarna die Gees uitgestort is op die aarde. Dus – die Drie Enigheid.

Islam glo in die God van Abraham, beskou Jesus as ‘n mindere profeet, en glo dat Mohammed opgevaar het na die Hemel, daar van die klip binne in die “Dome of the Rock” in Jerusalem.

Hindu’s glo in Rama, Buddhiste glo in reinkarnasie gedryf deur karma.

Al hierdie oortuigings is per gemeenskap ingeneem deur duisende jare se kinders, saam met hul moedersmelk, en NIEMAND gaan enige een van daardie gemeenskappe oortuig dat hulle verkeerd is nie.

Die Godin, soos ek vroeer beskryf het, wil he dat elk van hierdie gemeenskappe alles afsweer waarop hul lewens gebou is, sodat daar een uniforme “Mens” kan bestaan, wereldwyd. Globalisties, met slegs die wetenskappe as rigtinggewer.

EK se: Jy sal nooit duisende jare se kulture laat assimileer nie. IEMAND is reg , en al die ander is verkeerd – dis net logies. Maar hoekom wil jy mense oortuig dat alles waarin hulle glo, leuens is? En hoe dink jy dat jy dit gaan regkry?

GOEIE GRENSE. Elkeen na sy eie oortuigings, in sy eie plek. Jy ook.

kolla ·

Iets wat vir my interessant is, is dat slegs 2% van die huidige Israeliese bevolking Christene is. Die meeste (omtrent 75%) is natuurlik Jode wat Judaisme aanhang en nie glo in Jesus as die messiah nie. Heg ook nie waarde aan die Nuwe Testament nie. En Israel is God se uitverkore volk, laat mens dink né?

Anoniem ·

Kolla, wat probeer jy nou eintlik se? As jy jou Bybel lees en ken, sal jy lees dat Israel ‘n “partial hardening” ervaar “until the full number of gentiles has come in”. Dis nou om te glo dat Jesus die Christus en God se Seun is.

Ons moet als weggee ·

Die moslems en globale elite wil he ons moet opgee en als van ons net weggee. Gaan ons dit toelaat?

James ·

Nee, “ons moet als weggee”, ons MOES nie.

Ongelukkig, as mense wat aanmekaar altyd die “ander wang” moet draai, want dis mos die Christelike ding om te doen – het ons dit KLAAR toegelaat.

Dis nou wat kom van die opdragte om geweld met liefde te beantwoord, en ‘n visser van mense te wees.

Passifisme, het ‘n prys. Ons, en ons geslagte na ons – betaal hom.

Sirkus ·

The religion of peace and woman rights strikes again. Die hele wereld was geskok oor die moord op 50 muslims maar as hulle 129 christene vermoor gaan die lewe maar net aan en jy hoor nie n piep uit MSM of westerse leiers nie. Ons eie leiers het oorlog verklaar teen ons kultuur en geloof.

Cherokee ·

Soos Johannes 2000 jaar gelede op die eiland Patmos geskryf het, so gebeur dit.

dejager ·

Die koninkryk van Jesus is nie ń aardse koninkryk nie maar ń geestelike koninkryk.In hierdie koninkryk het jy nie ‘gewen’ as jy al die moslems en al die plaasaanvallers uitgewis het nie.
Judaisme en christene aanbid beide die God van Abraham.Moslems aanbid ń ander God-hy het ń ander naam.

bolla ·

Hulle aanbid dieselfde God, die God van Abraham. Hulle geskrifte is in Arabies dis hoekom daar ander name is.

Anoniem ·

Nee Bolla, jy is verkeerd. Enige een wat die Seun van God ontken, aanbid nie vir God, die Skepper van die wereld nie, maar hul eie gemaakte god.

bolla ·

So die meeste gelowige Jode (omtrent almal) wat glad nie Jesus as Seun van God erken nie, is almal verkeerd? Vertel jy maar vir jouself dit, ek dink jy dwaal. Wie is jy in elk geval om jou aan te matig welke godsdienstige praktyke is reg en verkeerd, jy’s verwaand man.

Fred Smook ·

Dis nie toevallig , dis vergelding na aanval op Mosque in New Zealand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.