Duisende keer terug huis toe ná risiko vir vulkaan in Filippyne verlaag is

Taal-vulkaan (21 Januarie 2020) (Foto: Philippines Office of Civil Defense via AP)

Owerhede in die Filippyne het Sondag die waarskuwingsvlak vir Taal-vulkaan verlaag, twee weke nadat dit as, stoom en klippe begin spoeg het. Meeste van die 376 000 inwoners sal terugkeer huis toe.

Taal, ʼn gewilde toeristebestemming net suid van Manila, het op 12 Januarie uitgebars. Dit is een van die wêreld se kleinste aktiewe vulkane. Geen sterftes is aangemeld nie.

“Die toestand het die afgelope twee weke geleidelik gedaal tot ongereelde aktiwiteit,” het die Filippynse Instituut vir Vulkanologie en Seismologie gesê.

Die staatsagentskap het die waarskuwingsvlak van 4 na 3 gewysig, wat beteken daar is ʼn “afname in die moontlikheid tot ʼn gevaarlike uitbarsting”. Die hoogste waarskuwingsvlak is 5.

Die agentskap het ook die gevaarsone waar inwoners ontruim moet word, halveer. Taal het 43 jaar gelede uitgebars.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Brenda ·

Die opskrif is ook nie feitlik korrek nie. Mense keer nie terug na die Filipyne nue , want hulle het nooit die Filipyne verlaat nie. Hulle is in Evacuation Centres . Buite die 14 km gevaarsone.

Sune van Heerden ·

Dagsê Brenda

Jy is heeltemal reg. Ons vra om verskoning as ons opskrif verwarring veroorsaak het.
Ons wysig die opskrif.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.