Duitsland vra vergifnis 50 jaar ná slagting by Olimpiese Spele

Foto’s van die slagoffers tydens die 50ste herdenking van die slagting by die München Olimpiese Spele in 1972 by Fuerstenfeldbruck-lugmagbasis (5 September 2022) (Foto: Thomas Kienzle/AFP)

Duitsland het Maandag vergifnis gevra van die families van die slagoffers van die aanval by die Olimpiese Spele in München in 1972. Die land het aanspreeklikheid aanvaar vir ʼn rits flaters wat tot die sterftes van 11 Israeli’s gelei het.

Die verskoning deur pres. Frank-Walter Steinmeier, namens Duitsland 50 jaar later, kom ná ʼn lang stryd deur die familielede vir behoorlike vergoeding en ʼn erkenning deur die land vir die foute wat begaan is wat tot die slagting aanleiding gegee het.

“Ons kan nie die verlede verander nie, en ons kan julle nie vergoed vir dit wat julle ervaar of gely het nie. Ek is skaam daaroor,” het Steinmeier tydens ʼn seremonie by die Fuerstenfeldbruck-lugmagbasis gesê waar die aanval tot ʼn einde gekom het.

“As die hoof van die land en in die naam van die Federale Republiek van Duitsland vra ek julle om vergifnis vir die gebrek aan beskerming van die Israelse atlete tydens die Olimpiese Spele in München; vir die gebrek aan duidelikheid daarna; en vir die feit dat wat gebeur het, gebeur het.”

Agt skieters van die Palestynse militante groep Black September het op 5 September 1972 by die Israelse atlete se woonplek ingestorm. Twee is doodgeskiet en nege is gyselaar geneem.

Die polisie in Wes-Duitsland het met ʼn onsuksesvolle reddingsoperasie gereageer en al nege gyselaars is dood, tesame met vyf van die agt aanvallers en ʼn polisiebeampte.

Ondanks die slagting het die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) die oggend van 6 September aangekondig dat die Spele voortgaan.

Steinmeier sê daar was drie foute: “die voorbereiding van die Spele en die veiligheid daar rondom; die gebeure van 5 en 6 September; en die dag ná die sterftes – die stilte, die onderdrukking en dat daar van die gebeure vergeet is”.

Vir dekades was daar ʼn minagting vir die slagoffers se lyding, sê hy. Hy noem dit “jare van harde harte”.

Die Spele sou ʼn vertoonstuk gewees het van ʼn nuwe Duitsland – 27 jaar ná die Joodse Volksmoord, en om ʼn merkbare verskil te wees van Hitler se 1936 propaganda-vertoonstuk. En toe maak dit weer die letsels met Israel oop.

Israel het in 2012 altesaam 45 amptelike dokumente oor die moorde vrygestel, insluitend materiaal wat spesiaal gedeklassifiseer is. Die optrede van die Duitse veiligheidsdienste is in dié dokumente veroordeel.

Zvi Zamir, voormalige intelligensiehoof van Israel, het gesê die Duitse polisie “het nie eers ʼn minimale poging aangewend om menselewens te red nie”.

Families het oor die jare heen gespook om ʼn amptelike verskoning, toegang tot amptelike dokumente en vergoeding meer as die aanvanklike €4,5 miljoen van Duitsland te kry. Familielede het so onlangs as twee weke gelede gesê hulle is €10 miljoen aangebied – insluitend die bedrag wat reeds betaal is.

Isaac Herzog, president van Israel, het Sondag gesê hulle het “teen ʼn muur te staan gekom” wanneer hulle die kwessie met Duitsland of selfs die IOK wou aanroer. “Ek dink daar was onderdrukking hier,” het hy bygevoeg en gesê die rits flaters was “onmenslik en onverstaanbaar” soos “die feit dat die gyselaars na hul slagting gelei is en tog het die Spele voortgegaan”.

Ná families gedreig het om Maandag se seremonie te boikot, is ʼn ooreenkoms verlede Woensdag bereik dat Berlyn vergoeding van €28 miljoen sal aanbied.

Steinmeier het Sondag erken dit is “skandelik” dat dit só lank geduur het om die ooreenkoms met die families te bereik.

“Dit is my plig en my behoefte om Duitsland se aanspreeklikheid te erken – hier en nou en vir die toekoms.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

annie ·

Vyftig jaar later? Sjoe, dis vinnig. Palestyne kom sommer maklik met wapens in by die Olimpiese Spele se woonkompleks. Hulle moes hulp gekry het. Is iemand ooit vervolg? Europa is steeds vol van neo-nazi’s en Zelenskyy troetel en gebruik hulle. Israel moet wakker loop… en slaap. Volgens die Bybel sal Israel tot die einde der dae baie vyande hê.

Hoekom ·

Neo-nazi is ‘n term wat gebruik word om mense bang te maak soos die term boogeyman gebruik word om kinders bang te maak. Beide bestaan nie en sal ook nooit bestaan nie. Die se enigste funksie is om patriotisme en nasionalisme in mense te vertroebel sodat hulle meer vat baar is vir korrupsie en die aanvaarding van korrupsie, onderandere soortgelyke aktiwiteite…

T ·

Wonder wanneer gaan die Britse Monargie ons om vergifnis vra oor die konsentrasiekampe waar duisende vrouens en kinders gesterf het…….

piet ·

Dit was ‘n oorlogsituasie. Dinge gebeur gedurende ‘n oorlog (aan al albei kante).

Snowball ·

Duitsland moes oorlogskuld betaal na die 2de Wêreldoorlog. Hulle was die aggressors. Sover ek weet het die Engelse soldate hier kom oorlog maak en was die goud (gierigheid) in die Witwatersrand hulle motivering.

MakersMark ·

Regtig ? En die Nuremberg verhore ? Was dit ook maar agv goed wat aan albei kante gebeur het ? Volksmoord kan nie afgemaak word as kollaterale skade agv oorlog nie.

Andries ·

Moenie daarop hoop nie – nou die ander dag het die een of ander Brit verduidelik hoedat die konsentrasie kampe vir hulle beskerming was . . .

Danie ·

Dit is nou 120 jaar later. Ek skat die oordeel word gevel wanneer daar 144 verby is en daar nog nie om vergifnis gevra is nie. Vergifnis is nooit goedkoop nie. Die eerste vereiste is dat daar om vergifnis gevra word. En die vergifnis vra is tweeledig. Eers vir God. Dan vir die Boer en sy nageslag

Andries ·

Nie agt skieters nie, maar AGT TERRORISTE – met ‘n kluis vol vuurwapens is ek ‘n sportskut oftewel ‘n skieter, maar BESLIS NIE ‘n terroris nie.

Nico ·

As die Duitse regering dit kan doen, is die Britse regering te bang om verskoning te vra vir die duisende vrouens en kinders se dood in die Britse moordkampe wat op ‘n wreedardige manier gesterf het, die Britse regering is te lafhartig om dit te doen.

Lourens ·

Omtrent so betekenisvol soos die oudminister w at begin voete was het. Hierdie verskoningvraery is ‘n selfverheeerliking truuk.
Dis nie asof Duitsland ooit trots was hierop of deel was van die beplanning of uitvoering nie.

Hennie ·

Gaan die hoof meisie van England die BOERE ook om verskoning vra vir die gruweldade teen ons mense in die Anglo-boere oorlog?

Chris ·

Intussen wag ons in SA nog steeds vir Britte se verskoning vir hul slagting van ons vroue en kinders tydens Anglo – Boereoorlog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.