Een uit vyf gevangenes in Zimbabwe vrygelaat voor verkiesing

(Argieffoto: SA Polisie)

Ongeveer ʼn vyfde van alle gevangenes in Zimbabwe is Donderdag onder ʼn presidensiële amnestie vrygelaat enkele maande voor die land se algemene verkiesings.

Altesaam 4 270 gevangenes, meestal mans, is vrygelaat in wat Emmerson Mnangagwa, die Zimbabwiese president, as ʼn “edele gebaar” beskryf het.

“Ons wil ʼn beroep doen op die gemeenskap in die algemeen om die gevangenes wat vrygelaat is te omhels en te aanvaar,” het Zimbabwe se gevangenis- en korrektiewe dienste (ZPCS) in ʼn verklaring gesê.

“Die beswaardes word aangemoedig om hulle te vergewe.”

Die stap verlig die situasie by die 50 gevangenisse in die land wat reeds oorvol is. Die gevangenisse het kapasiteit vir ongeveer 17 000 mense, hoewel meer as 22 000 gevangenes voor die amnestie in die tronke was.

Tog het Meya Khanyezi, ZPCS-woordvoerder, gesê “dit gaan nie oor die tronke wat oorvol is nie”.

“Dit was net ʼn edele gebaar deur die president,” het Khanyezi gesê.

Die amnestie is aan gevangenes in verskeie kategorieë toegestaan, insluitend diegene wat minstens driekwart van hul vonnis uitgedien het, of een tiende indien hulle 60 jaar en ouer is.

Gewelddadige misdadigers sowel as diegene wat tyd uitdien vir roof, hoogverraad en versteuring van openbare orde sowel as dié wat hulle skuldig gemaak het aan sekuriteitsmisdrywe is uitgesluit.

Diegene wat vrygelaat word, sal kan stem in die presidents- en wetgewende verkiesings wat in Augustus gehou word, hoewel geen presiese datum nog aangekondig is nie.

Mnangagwa sukkel om gevestigde armoede in die land te verlig, chroniese kragonderbrekings te beëindig en inflasie in toom te hou.

Hy het ʼn soortgelyke amnestie toegestaan tydens die piektyd in die Covid-19-pandemie in 2020 in ʼn poging om die verspreiding van die virus in gevangenisse te beperk.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jack ·

Ok so is dit hoe dit werk ? So ons sien hulle binnekort hier by ons.Kannie glo ons moet nog Zim se problem e ook nog absorbeer nie.

Loun ·

Pragtige gebaar hoor, Suid Afrika, hier is n paar kriminele op pad……
Red n volk….

Sean ·

En hier kom dit!!! Kyk wat gaan nou gebeur in suid afrika voor ons verkiesing Julle het die anc nou n vrot plan gegee om stemme te kry Baie dankie

Anel ·

En hulle is seker al klaar hier en staan bakhand vir die R350.00 en vir SASSA!!!!! Wat ‘n gemors! Dieselfde gaan nou seker weer hier ook gebeur, volgende jaar. Net jammer hulle gaan hier bly en weer stem!!!! Ai,ai,ai!!!

JohanR ·

En halfte is binne twee weke weer terug met nog moorde, aanrandings, verkragtings ens gepleeg! Wonder hoeveel gaan die ANC uitlaat hier soe twee weke voor die verkiesing in 2024?

Jacobus ·

En so het siener Van Rensburg voorspel die misdadigers sal uit tronke vrygelaat word. Dit gaan nog hier by ons in SA ook gebeur. Mark my words.

Amelia ·

stem saam siener ook gese sal nie meer krag wees nie en kyk waar is ons die persoon wat nie kan sien dat hy waarheid gepraat het nie wil dit nie sien nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.